Page 1 of 3
Free flow exhaust discussion workshop
Posted: 07 Sep 2009 08:07
by Patrol4.8
Saltman wrote:Cornelius
Ek dink ons 4.8 manne (Vaatjie, jy, ek, Johnboy, G-man, ens) moet 'n "group buy negotiate by Roddy en Frans - dan doen ons die pype en die chip sommer alles in een go!
Ek moet nog net gaan kyk of ek 1. 'n cat in het en 2. een of twee sensors.
Frans, jy kan maar solank vir ons 'n lekker sisteem aanmekaar dink!
Ek soek bottom end torque, lekker ry-krag en natuurlik ekonomie. Gesels later met jou.
Lekker droom manne
Sal dit vir enige van julle manne moontlik wees om iewers bymekaar te kom sodat ons kan gesels. Dit sal verkieslik in die aand moet wees anders sal ek dit nie kan maak nie. Dan kan Frans self kyk na ons Patrols. Die 4.5 en diesel manne kan mos ook saamkom.
Re: Free flow exhaust.
Posted: 07 Sep 2009 08:48
by Saltman
Ja. ek is seker ons kan 'n plan maak!
Dag: Maandagaand, Dinsdagaand , Vrydagaand, Saterdag of Sondag
Datum: ?
Tyd: Deur die week: na 18:00
Plek: Vaatjie, hoe lyk dit met daai lekker motorhuis van jou?
Tensy iemand 'n beter plek het waar ons beligting het en kan sien wat onder die engine-kap aangaan!
As ons nie beligting nodig het nie, wat van 'n sentrale kuierplek soos Krige's (wat is hulle naam nou? - was lanklaas daar) daar bo teen Old Oak se bult bokant Tygervalley?
Frans, ons is in jou hande - wanneer is jy beskikbaar en gewillig, ons se sommer by voorbaat dankie vir vroulief dat sy jou sal afstaan ...

Re: Free flow exhaust.
Posted: 07 Sep 2009 11:50
by tour de frans
Enige tyd na 18:00,die plek maak ook nie saak nie.
Groete
Re: Free flow exhaust.
Posted: 07 Sep 2009 16:34
by Vaatjie
Ja Herbie. Ek sal inpas met julle tye. Nou Vrydagaand is net uit want die Tandemuis Freddie word 40.
Re: Free flow exhaust.
Posted: 07 Sep 2009 23:30
by Patrol4.8
Herbie, Vaatjie
Julle kan besluit watter aand ons bymekaarkom, ek is ok met enige aand van die week.
Frans dit sal nice wees as ons eendag 'n dyno dag kan hou sodat almal kan sien hoeveel Kw en Nm hulle Patrols maak.
Groete
Free flow exhaust discussion workshop
Posted: 09 Sep 2009 20:28
by Pieter du Toit
Hello Almal,
Ek wil ook graag deel wees van hierdie gesprek hoewel ek n diesel het en Frans my tot n mate reeds ingelig het hoe dit my raak.
Ek is n man wat hou van voeg die woord by die daad - so hier is my voorstel - kom ons kyk vir wie sal dit moontlik wees om die afspraak te maak en dan finaliseer ons.
Dag: Woensdag
Datum: 16 September
Tyd: 18h30 (Vir diegene wat darem ook ver het om te kom tyd te gee)
Plek: Krige's Pub op Old Oak Road, net bokant Tygervallei
Diegene wat nie weet waar dit is nie kan ek meer duidelike aanwysings gee - se net asb. Krige's Pub het n lekker buite kuier area en indien dit koud of sleg weer is kan ons dan binne ook sit.
Re: Free flow exhaust.
Posted: 09 Sep 2009 21:04
by Patrol4.8
Ja Pieter dit pas my, behalwe dat ek miskien 30 min laat sal wees.
Frans ek wil dan probeer reel dat ek dan donderdag 17 Sept eerste ding by Kosie Swanepoel kan wees vir 'n dyno run.
Dan doen ek die ff by Roddy en dan weer by KSD vir chip en tune.
Re: Free flow exhaust.
Posted: 10 Sep 2009 13:28
by Stefan
Kerkraads vergadering, sal dit ongelukkig nie kan maak nie! :(
Re: Free flow exhaust.
Posted: 12 Sep 2009 10:17
by Saltman
Pieter jou timing suig!
Is ongelukkig Woensdagaand op kursus.
Maar hou ons op hoogte asb.
Gerhard, ek het Vrydag my Patrol teruggekry van Nissan af - my waarborg verval aan die einde van die jaar, so ek het so 'n lysie van goed wat moes na gekyk word.
Een daarvan was die intermittent "steek kop tussen die bene as die throttle terugkom na idle toe", veral wanneer jy in low range is, dan pla dit.
Dit was toe die elektriese koppelinge bo-op die kop wat nie lekker ge-earth was nie en dus intermittent foute veroorsaak het.
Hulle het dit reggestel en al die rekenaar foute gekansselleer asook al die potentiometer lesings ens gecheck en reg ingestel.
Nou loop die lorrie mooi glad!!!
Exhaust, chip en tune HIER KOM ONS!
Frans, sal kom kuier en al die detail vir die 4.8 kom bespreek.
Pieter, jy en jou oilburner is natuurlik welkom om te kom luister oor wat alles aan 'n ware engine gedoen kan word ...
Herbie
Re: Free flow exhaust.
Posted: 12 Sep 2009 10:34
by Abri Hoffman
Ongelooflik hoeveel pyne 'n man kan het met 'n simple earth. Toyota het my R5000 laat spandeer agv van oorverhitting op die Cruiser en al die tyd was die ding verkeerd gegrond.
Kan 'n man net M03rig maak.