Page 1 of 3

LAZY 4.8 hunting for gears...

Posted: 09 Oct 2014 23:35
by brosdoring
Hi julle..... Ek is nuut hier en het myself al voorgestel ...
Ek het n baie mooi 2005 4.8 GRX gekoop, hy het net 98000km op en hope extras... was n dokter se kar en hy het net getoer met hom in Afrika, 1 x n jaar... Meganies uitstekend en ek is happy....tot op n punt gewees....
Ek het die kar deeglik getoets en deur gegaan, ek ken glad nie n 4.8 patrol nie, maar alles het vir my goed gelyk en gevoel, totdat ek die lang pad gevat het huis toe.
Die voertuig is baie pap tot op 3500rpm spesifiek en dan trek hy laat hy bars, asof hy n 2de asem kry.... Hy kan nie 120 handhaaf sonder om vir die gerignste roer onder my voet terug te skakel na 4de of selfs 3de toe nie....
Dit is nou nie met cruise control aan nie... Hy is amper meer in 4de as in 5de, hy loop en hunt heeltyd tussen 4de en 5de... Hy het standard band sizes op.... As ek hom floor en daar hou kan hy skaars by 160km/h kom, geen manier hy hou by 140 nie, hy sal spoed verloor op n gelyk pad en as ek my voet net n cm roer terug skakel 4de toe... Soos ek se jy moet sy boude lek om oor 140 te kom..... Dit voel amper vir my soos fuel starvation onder 3500rpm... Hy versnel dat hy bars tot in 3de vanaf 3500rpm, maar sodra hy 4de toe sit hier by 140, is hy net onder 3500rpm en in daai flat spot, dat hy nie verder kan versnel in 4de nie, wat nog te se van 5de.... 5de is n waste...
Eks mal oor die voertuig, maar dis nie normaal vir n 4.8 auto nie...
Enige iemand n idee wat dit kan wees? Petrol pomp miskien? Ek sal filters doen more, die voertuig was 2 jaar laas gediens (loop nooit en staan net)....
Enige raad sal waardeer word...

Re: LAZY 4.8 hunting for gears...

Posted: 10 Oct 2014 06:22
by Tinus lotz
Doen filters veral die een naby die tenk ...
Is jou petrol nie dalk af nie ? Twee jaar is n lang tyd
As die kar n chip het brug hom dit kan ook die probleem wees :redface:

Re: LAZY 4.8 hunting for gears...

Posted: 10 Oct 2014 07:06
by David
Hello Brosdoring
Ek dink nie dis filters of pomp nie want hy trek dan beter teen hoër revolusies wanneer hy meer petrol nodig het.

As ek jy was sou ek heel eerste seker maak dat my petrol kabel nie te pap is nie. Jy stel hom in die engine-bay.

Dan sal ek die volgende prosedures doen: Kyk my post hier!

Dit behoort jou pyne uit te sort :thumbup:

Re: LAZY 4.8 hunting for gears...

Posted: 10 Oct 2014 07:41
by brosdoring
Eks n meganiese ou, doen alles self en het regtig n kop vir motors en fuel injection... So wil darem net vir julle dit se dat julle weet ek is nie n man met 10 duime nie... van die manne hier mag my ken van 4x4 com af....
Dit wat julle se is alles opsies... ek sal dit verseker deurgaan... baie baie dankie... Die brandstof inndie main tenk is nuut... Nie lank gevat im hom lweg te kry nie... Hy was vrek swaar op sous en ek het net 110 gery. 4.8 gekry.... Ek weet hulle is maar swaar, maar die pap motor het definitief iets met dit uit te waai....
Hy is gechip en het n stainless freeflow. CRD het n stamp in sy diens boek, so ek dink dis moontlik dwur hulle gedoen. Gaan die chip uit wire....

Re: LAZY 4.8 hunting for gears...

Posted: 19 Oct 2014 14:54
by brosdoring
Dog ek hou maar almal op hoogte... Ek het gesukkel met swaaaaaar op brandstof, soos in 3km/l en n patrol wat baie swak is, veral onder 3500rpm.
Ek het vermoed dis die fuel pressure of MAF. Ek het toe met Graham ook gepraat en hy bevestig toe ook die pompe gee moeilikheid. Het n walbro 255L gefit en laat ek julle vertel die druk is op en die patrol loop soos stroop....

Re: LAZY 4.8 hunting for gears...

Posted: 19 Oct 2014 16:05
by Kagiso II
Wat op deeske aarde is n WALBRO 255 ????????????????? :think: :think: :think: :surprised: :surprised: :rolleyes: :rolleyes: :doh: :doh:

Re: LAZY 4.8 hunting for gears...

Posted: 19 Oct 2014 16:09
by Peter Connan
Bly dit was so eenvoudig.

Re: LAZY 4.8 hunting for gears...

Posted: 19 Oct 2014 16:26
by Tinus lotz
Kagiso II wrote:Wat op deeske aarde is n WALBRO 255 ????????????????? :think: :think: :think: :surprised: :surprised: :rolleyes: :rolleyes: :doh: :doh:
Dis n after maket pomp my oom

Re: LAZY 4.8 hunting for gears...

Posted: 19 Oct 2014 18:54
by brosdoring
Dis n aftermarket pomp. Baie goeie pomp. Gebruik dit veral op amerikaanse v8s en turbo/supercharged motors wat fuel soek...
Standaard pomp lewer maar 70 tot 90L per uur.... Die walbro 255 lewer 255L per uur...
Ek het pics. Sal later opsit.

Re: LAZY 4.8 hunting for gears...

Posted: 20 Oct 2014 05:29
by Clem
En waar kry mens die Walbro 225?