Page 1 of 2
Ratkas probleme
Posted: 09 Sep 2014 21:11
by Tommie
Dag Maats.
Soek hulp en antwoorde asb. Het gister met die baja slim manne op ons Forum gesels, Dawid, Peter, Tinus en Graham. Yster se ratkas gee probleme. Moet asb nie julle ratkaste ooit na Auto Box toe vat nie, julle gaan beslis teleurgestel word. Ek wil weet hoeveel nm torque n ratkas van n 1989 4.5, kan hanteer. Huidiglik op kusvlak kry ons naby die 800nm. Is die ratkas wanneer gesond sterk genoeg vir daai vrag? Indien nie, wat is ons volgende stap?
Het lang gesprek met Dawid Volschenk gehad. Hy is ook op die Forum, en hy reken dat die box sterk genoeg sal wees. Indien dit so is waar kan ek n 2de handse box kry wat n waarborg dra, of waar kan ek iemand kry om my te help met die ratkas?
Asb help.
Groete
Re: Ratkas probleme
Posted: 09 Sep 2014 23:30
by Kagiso II
Hallo Tommie
Ekke betwyfel of n "luierige" enjin se ratkas or n periode n 800 NM krag kan hanteer sonder om kwale uit te bring .. As jy heeltyd katvoet ry miskien .. dalk straks ..
Ek DINK jou ratkas is handrat ?
As ek nou laaaaaaaaaank trug se oplees onthou .. dan het Jaguar byvoorbeeld hoeveel ratkaste moes uitgooi toe hulle die V 12 uitgebring het .. en niks kan daai 600 nm krag uithou nie .. en daai was outomaties .. Hulle moes toe 'settle' vir die GM 400 ratkas [uit Amrika van alle lande] .. die het darem gehou .. langer as die "Djagg" en sy V12 enjin.
Al neukery is .. daai GM 400 het nie transfer case nie ?? Jy sal in 2x4 moet kruie .. wat ook nie 'kosher' is vir ou Yster nie
Bel vir Ox by 'Old Skool Customs" op 071 343 9394 en bespreek met hom .. DALK n Chevy C20 V8 4x4 se outo ratkas?
Maar Ox kan beter se as ek .. hy weet en ek raai
Sterkte met daai probleem .. jammer om te hoor AutoBox het jou gedrop .. [vir my het hulle nogal goed behandel ..]
AMPER AMPER AMPER se ek jy moet kyk na die "Kroezer V8" se djeerbox

Re: Ratkas probleme
Posted: 10 Sep 2014 00:13
by Tinus lotz
Tommie sover ek weet is die bokse almal dieselfde binne die eerste aluminium een was die een wat jy by dawid gekoop het.....sterker box krisis ek weet nie

Re: Ratkas probleme
Posted: 10 Sep 2014 08:03
by Tommie
Oompie.
Jong daai "KROEZER" se ratkas gaan ook nie hou nie. Nie eens amper nie, en dit het die Toyota manne myself gese. Ek dink en dit ks maar my beskeie opinnie. As ek net n box kan kry wat in goeie kondisie is sal ons reg wees. En ek wil my opinnie so motiveer..... Waarme ry die lapkoppe op daai duine? Hulle kry dan tot 1500 hp uit hulle motors?
Hoop om goeie 2de handse box iewers te kan kry.
Groete
Re: Ratkas probleme
Posted: 10 Sep 2014 08:58
by Stefaansie
Tommie,
Ek het n vriend wat Cummins enjins en Allison ratkaste in kroozers inbou vir n lewe, Laat weet as jy sou belang stel.
Re: Ratkas probleme
Posted: 10 Sep 2014 11:42
by Tommie
Stefaansie.
Ja ek stel beslis belang, solank ek net weet dat dit gaan werk. Asb stuur vir my die nodige details.
Groete
Re: Ratkas probleme
Posted: 26 Nov 2014 21:56
by psteyn
Goeie naand
Ek sal wat wil gee om 800nm uit my 4.8 te kry….
Ongelukkig kry ek nerens iets wat se wat die 4.8 auto box kan handteer nie, weet iemand dalk?
Die eiland bewoners daar onder se dat die box ma swak is en mens moet ma klomp werk laat doen as jy 'n haardroeer opsit
Re: Ratkas probleme
Posted: 27 Nov 2014 14:21
by Stefaansie
Wat???
Gat jy n haardroeer op jou 4,8 sit??
Please keep us posted.

Re: Ratkas probleme
Posted: 27 Nov 2014 17:01
by Alex Roux
psteyn wrote:Goeie naand
Ek sal wat wil gee om 800nm uit my 4.8 te kry….
Ongelukkig kry ek nerens iets wat se wat die 4.8 auto box kan handteer nie, weet iemand dalk?
Die eiland bewoners daar onder se dat die box ma swak is en mens moet ma klomp werk laat doen as jy 'n haardroeer opsit
Eenduisend perre is haalbaar op die 4.8 se boks:
http://www.autoblog.com/2008/12/18/vide ... an-patrol/
http://www.nissanpatrol.com.au/forums/s ... 0hp-Patrol
As jy egter die erste link hierbo se video kyk, sal jy sien daar was wel modifickasies gedoen elder op die drivetrain.
Ek vermoed dit is slegs die driveshaft wat sterker is, maar die ratkas bly die selfde.
Wat Tommie se ratkas betref, moet ek erken dit is die eerste wat ek daarvan hoor, en so sterk soos wat Tommie se kar trek, is dit nog steeds maar min invergelyking met wat van die lapkoppe uitrig.
And now check this out. Naughty Arab with too much lust for power!
http://www.drivearabia.com/news/2012/08 ... -jet-fuel/
Re: Ratkas probleme
Posted: 27 Nov 2014 20:07
by Tinus lotz
Tommie sal seker self hier in loer maar dis hoe ek dit verstaan ....
Sy ratkas het n hum gehad voordat die ombouing gebeur het
Auto box het probeer en dit soos hulle alies oorgedoen
Nou het hy problems
Hy het sy box deur n ander man laat oordoen