Page 1 of 4

2" lift vir GR patrol

Posted: 31 Aug 2009 16:42
by Theuhan
Ek wil n 2" lift doen op n GR patrol, wat moet ek in sit.

Re: 2" lift vir GR patrol

Posted: 31 Aug 2009 17:12
by BONTIE FS
Theuhan wrote:Ek wil n 2" lift doen op n GR patrol, wat moet ek in sit.
Ek het 'n TJM produk in my Patrols gesit wat dieselfde is as wat in die wit Patrol van voetspore was en het 90 mm exstra hoogte en gekry puik rygenot. LA Sport bemark hierdie Aus. produk. Dit is colesprings en skokbrekers.
Jy kan ook earlifters insit wat ook jou voertuig sal lig sodat die patrol gelyk loop en jy nie jou ligte hoef te verstel nie.
Ek het die TJM stelsel self ingesit en het my drie ure geneem.
Bontie

Re: 2" lift vir GR patrol

Posted: 01 Sep 2009 07:20
by Tjaart
Teuhan

Ek't OME my Patrol. Werk soos 'n BOM. Beste rit en hantering, op die pad of in die berge. Jy kan ook kyk na TJM se XGS reeks wat LA Sport verskaf.

Re: 2" lift vir GR patrol

Posted: 01 Sep 2009 08:31
by Theuhan
Myne is n SWB, sal dit die selfde wees as vir n LWB

Re: 2" lift vir GR patrol

Posted: 01 Sep 2009 13:08
by Tjaart
WOW

Ek is nie seker nie. Die SWB weeg seker aansienlik minder as die LWB?!?!? Beste is om op die Aussie Patrol site te kyk. Daai manne behoort te weet. Gooi fotos!!! :gotpics:

Re: 2" lift vir GR patrol

Posted: 01 Sep 2009 14:52
by Theuhan
nog baie wat ek wil doen maar hier is die begin, sal net eers van daai gay tyres moet ontslae raak

Re: 2" lift vir GR patrol

Posted: 01 Sep 2009 22:15
by Stefan
Wat doen daai tyres dat jy so oor hulle praat?!

Re: 2" lift vir GR patrol

Posted: 02 Sep 2009 07:28
by Theuhan
Kyk self

Daar moet n stel 33 mtr's op kom, ek ry nie n 4x4 met sulke glade tyres nie
Photo0152.jpg
Photo0152.jpg (63.33 KiB) Viewed 3710 times

Re: 2" lift vir GR patrol

Posted: 02 Sep 2009 17:40
by Fred79
Baie nice SWB, hulle loop orals. Ek het ook 'n SWB en hy maak die manne met die Defender 90's maar skaam! Ek het OME suspension laat insit en het die bande van 70's na 75's verander en hy het nou baie goeie ground clearance.

Re: 2" lift vir GR patrol

Posted: 03 Sep 2009 07:52
by Herrie
Flippen nice!!!!! :clap: :clap: