Page 1 of 1
GQ Alternator replacement
Posted: 18 Mar 2014 08:27
by Jules
Ek het nou so vinnig gesoek ,maar dit lyk hoofsaaklik soos 4.5 Patrollies wie se alternators vervang is het iemand al n GQ se alternator vervang en wat was die kostes? is dit slegs beskikbaar by Nissan ?
Shalom
Re: GQ Alternator replacement
Posted: 18 Mar 2014 10:03
by Stefaansie
Subscribed!
Re: GQ Alternator replacement
Posted: 18 Mar 2014 10:14
by firessafari
Hallo Jules
Hoekom wil jy jou alternator vervang. Dit is baie goedkoper om hom reg te maak as om te vervang. die meeste onderdele is beskikbaar by plekke soos midas
maar indien jy meer uitset krag wil he soos bv. vir 'n dubbel battery sisteem dan kan jy opgradeer . wat ek gedoen het was om na 'n scrapyard te gaan hulle het rakke vol alternators en 'n goeie uit te soek. Bosch is die beste , ek het vir my 'n 120 amp een opgesit maar as jy erenstig wil wees ek weet van die audi alternators kan tot meer sa 200 ampere uitsit. Jy sal so 'n bietjie moet speel met die monterings punte , die beste is om eers die" nuwe" alternator te diens , vervang maar die bearings en borsel/regulator eenheid. dit kos nie duur nie
Johan
Re: GQ Alternator replacement
Posted: 18 Mar 2014 10:26
by Jules
Thanks Johan, dit sou wel my plan wees om die huidige een eers te laat refurbish indien moontlik voordat ek n nuwe een aanskaf wou egter net weet of iemand al een vervang het en wat was die kostes want soos ek verstaan sukkel die 4.5 manne om alternators te kry vir hul lorries wat onder R15K kos?
Ek begin maar altyd by "worst case scenario " , het nou battery by 2 plekke laat toets, smaak my die battery is die culprit, dooie sel. Alternator alternate nog mooi sĂȘ hulle, so sal vanmiddag nuwe battery insit sodra hul voorraad inkom, het n Enertec gehad hy het 3jr en 7maande gehou.
Het ook sommer n petrol filtertjie gekoop by Nissan R219 btw ingesluit, kon seker n goedkper een by n spares shop koop maar Freakazoid het my jare terug aanbeveel om eerder by die original petrol filter te bly van Nissan.
Shalom
Re: GQ Alternator replacement
Posted: 18 Mar 2014 18:21
by Peter Connan
Jules, die 4.2 en 4.5 se alternators is dieselfde, so jy kan die part nommer gebruik wat hulle gebruik het.
Re: GQ Alternator replacement
Posted: 18 Mar 2014 19:10
by Tinus lotz
Jules ek het n hatatchi alternator wat net bearings kort vir n 4.5 laat weet my as jy nie reg kom nie
Re: GQ Alternator replacement
Posted: 18 Mar 2014 22:50
by Kagiso II
vra vir christo slang... hy het n ander maak alternator opgesit teen baie billik wat BAIE meer amp uitsit as die ander teen fraksie van die prys..
Re: GQ Alternator replacement
Posted: 19 Mar 2014 07:49
by Jules
Thanks vir al die info manne, nou weet ek dat wanneer my alternate nie meer alternate nie wat ek sal moet doen en na kyk
geniet jul langnaweek, dink ek gaan vrydag bietjie die willetuin by Hluhluwe besoek en n paar leeus klap met my 600
shalom