Page 1 of 2

GQ spitting some white smoke startup

Posted: 19 Feb 2014 21:41
by Jules
Hello all die slim manne

Wat kan die oorsaak wees en wat is die gevolge!!!

Shalom

Re: GQ spitting some white smoke startup

Posted: 20 Feb 2014 06:42
by Peter Connan
Jules, ek wil nie slapende honde wakker maak nie, maar die eerste simptoom van my gekraakte head was 'n klein bietjie wit rook as ek ratte wissel...

Laat jou verkoelingsstelsel check?

Re: GQ spitting some white smoke startup

Posted: 20 Feb 2014 07:24
by firessafari
Nee man , moet nie so negatief wees nie, kom ons begin met valve stem oil seals, Hoeveel kilos het jou voertuig op ?
Johan

Re: GQ spitting some white smoke startup

Posted: 20 Feb 2014 07:31
by Jules
Tans staan my lorrie op 275 225km

Shalom

Re: GQ spitting some white smoke startup

Posted: 20 Feb 2014 07:54
by firessafari
Jules,
Dit kan algemene sluitasie wees,As hy nie water of uitermatig olie gebruik nie sal ek nie regtig bekommerd wees nie maar op daardie kilos sal 'n valve job en nuwe stem oil seals defnetief 'n voordeel wees. sal ook weer verlore perde terug bring.
Johan

Re: GQ spitting some white smoke startup

Posted: 20 Feb 2014 13:17
by raka
Ek wil ook nie die lui honde opjaag nie, maar wit rook en stooter klink nan paar druppels water op die piston....laat kyk so gou moontlik anders sny die stoom jou head etc. bietjie vir bietjie pitmerke.

Re: GQ spitting some white smoke startup

Posted: 20 Feb 2014 15:08
by David
Ek dink hy is net kwaad omdat jy 'n 4.8 wil koop.... :rolleyes:

Re: GQ spitting some white smoke startup

Posted: 20 Feb 2014 15:14
by Jules
David ek het n vermoede jy is op die regte spoor, ek sien juis daar is so mooi witte daar innie Kaap

Shalom

Re: GQ spitting some white smoke startup

Posted: 20 Feb 2014 18:37
by Aries66
Jules hier in Pretoria staan 'n mooi 06 model 4.8 vir net onder 200k. Ongelukig nie wit nie maar sexy silver.

Re: GQ spitting some white smoke startup

Posted: 20 Feb 2014 19:37
by bogeyman
Jules,
Daar is n paar ander moontlike redes ook vir die dampies.

Geblokte "breather" of foutiewe kleppies in die "breather" pyp sisteem sal olie in die inlaat spruitstuk laat opdam en dan brand as die enjin aansit.
Kyk vir tekens van baie olie in die lug inlaat pyp waar die blok ventileer pype inkom. Kyk ook vir "blow by" druk in die enjin deur die olie prop af te haal as hy luier. Daar behoort min lug daar uit te blaas.

As daar fout is met die "needle and seat" sal daar ook oortollige petrol in die spruitstuk le wat dan n rookie sal veroorsaak. (Vra vir Piet)

Daar kan ook remvloeistof deur die vacuum servo lek en deur die inlaat gesuig word. As remvloeistof verdwyn is dit die fout.

N kompressie toets sal bevestig of die fout by die ringe le.

As jy die enjin gebruik om te rem op n lang afdraende en dan rook sien wanneer jy weer versnel , is dit heel moontlik klepskag seels.

Sterkte.