Page 1 of 2
Waterford Noordkaap
Posted: 03 Feb 2014 19:32
by Tommie
Dag Maats.
Ek het vanmidag n gesprek gehad met Thinus, en hy wou by my weet wanneer gaan ons weer duine ry. Ek het na aanleiding van ons gesprek besluit om n datum te probeer vasmaak van die 21ste Maart 2014. Indien julle sou belangstel kan ons 2roetes ry. Ons kan oorslaap by Boegoeberg dam. Ons kamp daar, teen baie billike tariewe. Daar is ook visvang ens. Ma en die kinders is baie welkom. En ek belowe julle, nie in die Noordkaap gaan julle nie lekkerder duine kan ry as wat ons gaan ry nie. Ek weet nie hoe om n lys te begin nie, so iemand moet help asb. Ek sal op later stadium meer info gee ivm die bly plek, en kostes. Ja dit is entjie om te ry, maar ek belowe julle, dit sal n naweek wees wat julle besonders sal geniet. Oom Mac jy kan weer die Prado bring ons sal hom nie weer breek nie!
Groete
Tommie Watkins
Re: Waterford Noordkaap
Posted: 03 Feb 2014 19:47
by Alex Roux
Tommie
Ek wil bitter graag saamgaan.
Maar die datums in Maart is 'n probleem.
Wat wel vir baie ouens gaan kaan werk is van af 26 April tot 4 Mei.
Daar is 'n hordes vakansie dae in die middel van die tweede kwartaal wat maak dat die skole effektief gesluit is vanaf 26 April.
Ons is egter reeds by die Battlefield Trophy vanaf 1 tot 4 Mei, maar kan saamgaan as dit vanaf 26 April is.
Re: Waterford Noordkaap
Posted: 03 Feb 2014 20:03
by Tommie
Alex.
Dit is nie n probleem nie. Ons kan dit die 26ste April doen ja. Ons gaan 2 dae nodig he om te ry. As ons die Vrydag al kan kamp opslaan en die 26ste Saterdag en Sondag kan ry sal dit reg wees.
Groete
Re: Waterford Noordkaap
Posted: 03 Feb 2014 20:12
by Alex Roux
Werk dit beter as dit die Saterdag en Sondag is, want dan moet mens vroeg die Vrydag kan wegkom?
Byvoorbeeld, die Maandag 28 April gaan 'n vakansiedag wees.
Re: Waterford Noordkaap
Posted: 03 Feb 2014 20:29
by Tinus lotz
Klink vir my soos n plan.....wat van die slaap stad se manne????
My 4.8 wil mos hoeka bietjie keel skoon maak teen n regte sand duin of twee ???
Sover is ek in ....wil net met swambo bevestig wat is die reelings met die kinders se program ek is weer woensdag by die huis
Re: Waterford Noordkaap
Posted: 03 Feb 2014 21:13
by Tommie
Alex.
Ons kan die Saterdag middag ook die een roete gaan ry. Daar sal genoeg tyd wees indien ons die middag 1uur kan begin ry, sal ons kan klaar maak. As ons die Saterdag 26ste April die een kan doen, en dan die Sondag die ander een dan gee dit ons die Maandag (28ste April ), darem kans om terug te ry huis toe. Dit is omtrent 9ure se ry vanaf JHB.
Re: Waterford Noordkaap
Posted: 03 Feb 2014 22:15
by Kagiso II
Hirri n Patrol reeling of n Nissan "Off Road" reeling?
Die Kampvuur lotte het ook 'n reeling daai naweek wat 4 Mei eindig [hulle trek in Upington op ]
Ek moet nog ons MANNE UITREIK se datums vasmaak -- wat waarskynlik oor daai datums gaan wees [dit sal n PA SEUN Uitreik wees - Jesus Film na die afgelee veeposte in Ngamiland - Botswana]
MAAR as ons datums anders val - dan is ek enni Toy weer daar om saam met YSTER daai duine te draf [en te kyk hoe sukkel die anner :-)
Re: Waterford Noordkaap
Posted: 03 Feb 2014 22:24
by Alex Roux
Tommie
Ek het 'n poll opgestel dat mense kan stem vir 'n datum.
Die poll gaan loop vir twee dae.
http://www.patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f=57&t=4376
Is daar 'n beperking op die getalle?
Dan begin ons 'n lysie op hierdie draad.
O ja, as dit 9 uur se ry is van Gauteng af, hoe ver se ry is dit van die Kaap af?
Ons kan dalk van die Kapenaars ook kry om te kom? Ons vergeet altyd te maklik van hulle….
Re: Waterford Noordkaap
Posted: 03 Feb 2014 22:33
by Alex Roux
Kagiso II wrote:Hirri n Patrol reeling of n Nissan "Off Road" reeling?
Oom Mac, hier het die entoesiasme die betere van my gekry.
Ons moet nog praat oor 4x4 4 kids se uitstappies, sowel as die Nissan Offroad klub se planne. Laasgenoemde is belowe gaan hierdie week uitkom.
http://www.nissan-offroad.co.za/viewtop ... 7&start=25
Maar NoorKaap duine ry moet in elk geval erens in die jaar ingewerk word.
Re: Waterford Noordkaap
Posted: 04 Feb 2014 19:32
by Tommie
Alex.
Daar geen beperking op aantal voertuie nie. Dit goeie idee. Oms kan kyk wat se die maats, watter datum kan werk. Ek dink van die Kaap af is dit omtrent dieselfde afstand.