Page 1 of 2

Aircon pomp

Posted: 08 Jan 2014 16:42
by gertrossouw@live.com
Middag ek wil jou raad vra as jy kan help. Ek het 1999 patrol 4.5 , ons was in Botswana en moes deur baie modder water ry en my v- belde het gegly 'n paar keer maar net so paar sekondes of so maar op een stadium het ek 'n bearing geluid gehoor. Een wat begin gaan en toe is dit weg maar toe ons weer op droe grond ry het ek 'n skuur geluid gehoor maar nie hard nie. Ek het aircon aan en af gesit terwyl hy staan en idle en dan klink die geluid sagterr. Ek het 1400 km huistoe so gery want ek het geweet dit was of die ten.pully of aircon pomp self so sou beld sny as hy my langs pad begin pla het maar geluid het so gebly (nie te hard) Ek het belde als afgehaal en gevind dat dit die aircon is wat skuur geluid maak maar nie los is nie.. my vraag is kan mens die pully afkry en bearing vervang of is dit iets anders in die pomp? Die aircon werk 100% :think:

Re: Aircon pomp

Posted: 08 Jan 2014 16:55
by Bruin Beer
Gert,
As jy se jy het die belde af gehaal sou ek aan neem jy het die pully waarop die beld loop aleen gedraai terwyl die pomp self stil staan.
Dit kan dus die pully bearing wees of 'n klippie wat himself tussen die clutch gedeelte van die pully in gewerk het.
In die middle van die pully is gewoonlik 'n moertjie wat die binne ste deel van die pulley op die pomp as vas hou.
As jy die uit draai kan jy die middelste deel uit trek (die het dewoonlik 'n key) en dan kan jy weer die pulley alleen draai en bepaal of dit die pulley bearing is of iets wat himself in die clutch area in gewerk het tydens die modder ry.
As die bearing stil is kan jy beide kante mooi skoon maak en die inner weer terug sit.
As die bearing raas dan is daar 'n circlip voor die pulley wat gryp op die nek van die pomp wat jy moet af haal om die bearing en pully van die pomp af te gly.

Ek sal kyk of ek sketse in die manual kan kry van 'n tiepiese pomp assembly.
Sterkte. :thumbup:
Bruin Beer

Re: Aircon pomp

Posted: 08 Jan 2014 17:01
by Chris Skinner
Gert, Sounds like the aircon bearing has got some dirt in and is grinding away. I had same issue recently on my 4.8. I had some really muddy water damage both aircon bearing and alternator bearing.
Some guys in Pta North did the job on the aircon motor for me in the short time that I went off and had a breakfast at a nearby restuarant. Will try to find the name of teh place and send it to you. The cost was minimal.

Re: Aircon pomp

Posted: 09 Jan 2014 15:00
by gertrossouw@live.com
Dankie het boud voor op pully los gemaak maar kry nie voorste cluch gedeelte af nie het gesien jy het een of ander " 3 pin tool" nodig om hom af te haal. Is dit nodig of kan ek maar iets tussen pully en voorste cluch indruk en hom bietjie fotseer wil nie iets o.....f nie. Ek het die pomp nie uit gehaal nie net so met n gekwets en n paar kragwoorde gewerk maar die voorste cluch pully sit redelik die een wat v-beld op loop hy ggggg as ek hom spin die res is stewig. Klippie dink ek nie kan daar in kom 1mm of so opening.Het Q20 gepuit in opening maar bly selfde so ek glo dis die bearing.

Re: Aircon pomp

Posted: 09 Jan 2014 15:45
by Chris Skinner
PLace who fixed my aircon pump bearing was
AUTO AIRGUARDPhone: 012 546 6550
Fax: 012 546 2412
Cell: 083 778 6365

Re: Aircon pomp

Posted: 10 Jan 2014 07:14
by gertrossouw@live.com
dankie gaan hulle kontak

Re: Aircon pomp

Posted: 10 Jan 2014 16:33
by Bruin Beer
Gert,
Ek sien die manual skryf die volgende puller voor:
Puller.jpg
Puller.jpg (31.59 KiB) Viewed 6017 times
Ek is seker mens kan iets soortgelyk prakseer van 'n stukkie plaat en paar boutjies.
Ek het die res van die pomp pully en clutch remove and install ook uit getrek.
Stuur my 'n PM of jou mail address as jy dit wil he.

As jy nader was moes jy kom in loer dan kon ons hom sekerlik gou af kry.
Hoop jy kom reg.
Bruin Beer

Re: Aircon pomp

Posted: 12 Jan 2014 07:43
by gertrossouw@live.com
Ja het hom af gekry 6mm plaat gevat en 'n gat in die middel "getap" en 3 gate buite om vir M5 boutjies en hom uitgetrek bearing Maandag in Jhb gaan soek hier by ons in Heidelberg is daar niks. Dankie

Re: Aircon pomp

Posted: 12 Jan 2014 10:09
by Tinus lotz
Bly jy het reggekom plak n prentjie van jou plan??? :thumbup:

Re: Aircon pomp

Posted: 15 Jan 2014 08:03
by gertrossouw@live.com
Die bearing het ek in Jhb gaan koop het my R180 gekos, dit meet 55mm-35mm-20mmdik.
IMG-20140114-00021.jpg
IMG-20140114-00021.jpg (145.36 KiB) Viewed 5983 times
Ek het middelste boutjie uigedraai omtrent 5mm op n slag en so met 6mm bout in die middel die "pully" afgetrek. Elke keer hom so 5mm uitgedraai en dan weer getrek,
IMG-20140114-00025.jpg
IMG-20140114-00025.jpg (72.68 KiB) Viewed 5986 times
Die 3 boute is M5 wat in pully se bestaande gate indraai.
IMG-20140114-00024.jpg
IMG-20140114-00024.jpg (125.82 KiB) Viewed 5986 times
Ek het die onderste "pully" wat beld op loop met 'n "puller" afgetrek na ek die "circlip" verwyder het,
IMG-20140114-00023.jpg
IMG-20140114-00023.jpg (156.03 KiB) Viewed 5983 times
dit het my darm R1200 gespaar om self te doen ! :thumbup: Ek het gas eers laat uit tap dan betaal 'n mens darm nie vir 'n volle "optop" nie. :mytwocents: