Page 1 of 2

Brandvlei boere dag & 4x4 5 September

Posted: 19 Aug 2009 10:52
by duckitt
Die boere hou weer n kuier dag by Brandvlei kelder die 5 September ,daar is nie n beperking op inskrywing nie, hulle begin gewoonlik al 8:00 inskryf by die die kelder en dan vat hulle n man deur die roete altyd groot pret

Re: Brandvlei boere dag & 4x4 5 September

Posted: 19 Aug 2009 19:29
by G-MAN
Is die n 4x4 roete of n obstacle coarse! What does it consist of?

Re: Brandvlei boere dag & 4x4 5 September

Posted: 19 Aug 2009 20:54
by Abri Hoffman
Dis gewoonlik 'n roete wat deur 'n paar plase loop en net vir hierdie geleentheid oop is. Dit eindig op 'n plaas met 'n klompie obstacles wat met 'n bulldozer gemaak word.
Kan lekker wees daar is egter meer karre as waarvan ek hou.

Re: Brandvlei boere dag & 4x4 5 September

Posted: 19 Aug 2009 20:57
by G-MAN
Klink vir my soos n' plan, ek sal n' paar maaitjies by mekaar skraap en n' bietjie gaan speel. :thumbup:

Re: Brandvlei boere dag & 4x4 5 September

Posted: 19 Aug 2009 21:08
by Abri Hoffman
Dis lekker as jy maatjies het, pas maar net op vir die brandewyn brigade. Hulle raak maar half rof soos die middag aangaan.

Re: Brandvlei boere dag & 4x4 5 September

Posted: 20 Aug 2009 11:05
by duckitt
Is soos jy se daar is soms n paar manne wat uit haak maar gelukkig is daar baie plek om net te sit en kyk ook as jy wil sonder om in n gemors te wees, lekker plek vir speel en genoeg hande om te help as dit nodig raak, in die laaste 4 jaar wat ek al gaan was daar nog nooit "gemors" wat n mens nie wou deel wees van nie

Re: Brandvlei boere dag & 4x4 5 September

Posted: 21 Aug 2009 08:01
by Rittelin
Dankie Charlie! :thumbup:

Ons mis die ding elke jaar.

Gaan mens te veel mis as jy eers na 12:00 die middag daar aankom??
(Ek het daai oggend 'n ding by die Carel du Toit skool aan!) :doh:

Re: Brandvlei boere dag & 4x4 5 September

Posted: 21 Aug 2009 08:06
by Abri Hoffman
Jacques, jy sal die 4x4 roete mis maar daar is gewoonlik 'n obstacle course aan die einde. Daar is ook 'n biertuin ens in Rawsonville. Genoeg om steeds 'n lekker dag te he.

Re: Brandvlei boere dag & 4x4 5 September

Posted: 21 Aug 2009 08:11
by Rittelin
Thx!! :thumbup: Sal my bes traai.... :wink:

Re: Brandvlei boere dag & 4x4 5 September

Posted: 22 Aug 2009 12:44
by G-MAN
Duckitt, jy moet bietjie vir ons laat weet waar ons moet gaan en miskien n' nommer asb. :thumbup: