NGAMILAND - Uitreik Botswana
Posted: 13 Aug 2013 12:02
Vrinne -- ek weet hierdie is KORT Kennisgeweing - maar Willie se Aisistog Isuzu sit sonder parte -- aldus moet ons die Ngamiland" Uitreik aanpak -- Om die klere en Boumatreriaal daar tye kry - MAAR hoofsaak om BenHur daar te kry om te help met daai Aisiestog Isuzu se enjin opfix .. Daai mense sit nou al maande sonder vervoer 120 Km van naaste winkel af - Swart koffie en brood sonder smeer dingetjie .. dis netnie "fair" nie -- en onbeskaamd vra ek JOU hulp en bydrae [en jy kan saamkom - daar is nog "seats" oop ..
Die uitreik info:
Liewe Uitreikvriende en Gebedsmaats [is eintlik mos maar dieselle mense .. Of hoe?
Alweer kom 'k bakhand staan.... Ons het 'n Uitreik na Botswana wat MOET gebeur en al datum wat ek het is 23 Augustus tot 1 September 2013.
Ons sit met ‘n vrag klere wat na Ngamiland se Boesmans moet gaan -- maar belangriker, ‘n vrag sinkplate en kragkabel wat na die sendelinge van Seronga moet gaan.
By dit het ons ‘n belofte gemaak om dorpies rondom Seronga en in Ngamiland te bedien met Jesus Film-uitreike -- en daarvoor het ons regtig nog manne nodig.
Willie het ook nood T.O.V. hulle biblioteek vir Christelike leesstof wat bedraad moet word - ons vat kabel, maar ‘n kenner van elektrisiteit sal ‘n groot seën wees :-) [Ek?? my kennis van elektrisiteit is "shocking" of te wel sommer plein SKOKKEND [pun?? watter pun?]
Ek is bereid om die pad alleen aan te vat - MAAR dit sal nie lekker wees nie. So, ek vra vir ‘n paar manne wat - op sulke kort kennisgewing - kan saamgaan.
Ek bereken so om en by R10,000 brandstof vir die nagenoeg 4,000 Km heen-en-weer ... en eerlik, ons het dit nie.
Kan jy dalk ‘n las maak? Of weet van iemand wat kan uithelp? Elkeen wat saamgaan - as ons 4 manne is wat elk R2,500 bydra -- dan is ons geholpe.
Willie uit Seronga het ook ‘n noodroep gestuur vir Bybels -- so as daar ekstra fondse is sal ek graag soveel moontlik Tswana Bybels wil saamvat vir hulle. Tswana Bybel kos R59 per Bybel -- Ons bid daaroor.
Baie dankie vir jou ondersteuning en saambid. Ook vir hierdie Uitreik, al is dit so kort kennisgewing.
By voorbaat DANKIE
Blessings daar in jou huis ook
Mac
Admin@Outreach2Africa.co.za
082 699 3055