Page 1 of 2

GQ gear changes

Posted: 07 Jun 2013 11:25
by Jules
More Allemal

Wil net weet of die ander GQ eienaars dieselfde ondervind tydens rat verwisseling

My lorrie het n baie "smoother" rat verwisseling van 1ste na 2de as my refs bo 2000rpm is, van 2de na 3de as my refs tussen 2400 - 2600rpm is, en van 3de na 4de as my refs tussen 2200 - 2400 rpm is, 4de na 5de so teen 2000 rpm.

Wat sal die rede wees ?

Shalom

Re: GQ gear changes

Posted: 07 Jun 2013 18:30
by Tinus lotz
Ek dink die ratte lyn seker beter op?

Re: GQ gear changes

Posted: 07 Jun 2013 18:32
by Abri Hoffman
Jules, my ou lady sit gemaklik oor teen enige toere. Of laat ek se ek het nog nooit agtergekom dat dit iewers beter oorsit nie. Moet egter se ek het nog nooit spesifiek daarna gekyk nie.

Re: GQ gear changes

Posted: 07 Jun 2013 23:58
by marakasmalan
Gaan ry met 'n ongesinchroniseerde ratkas vir 'n week, dan sal dit sin maak. Ek sal so bietjie gaan dink hoe om die ene te verwoord en my teorie toests, dan kom bespreek.

Re: GQ gear changes

Posted: 08 Jun 2013 07:34
by Peter Connan
Jules, ek dink dit het te doen met hoe vinnig jy rat verander, en hoe vinnig die enjin toere verloor...

Re: GQ gear changes

Posted: 08 Jun 2013 10:49
by Stefaansie
Hi,

As my Lorrie koud is sukkel hy nogal om oor te skakel van 1ste na 2de. Maar die res is redelik maklik. As hy warm is is als maklik.

Re: GQ gear changes

Posted: 08 Jun 2013 20:12
by Kagiso II
STEFAANSIE -- Jou ratkas [altans die 'Trol s'n] kort NUWE olie

JULES -- Jou sinchro's is OF nie reg inlyn nie OF hulle bikki murtu

en P/C se verduideliking maak ook sin...

ander ding -- hoe oud is daai koppelaar nou al [i t v Km .. nie tyd nie :-)

Re: GQ gear changes

Posted: 09 Jun 2013 12:56
by Alex Roux
Stefaansie wrote:Hi,

As my Lorrie koud is sukkel hy nogal om oor te skakel van 1ste na 2de. Maar die res is redelik maklik. As hy warm is is als maklik.
Myne het ook destyds so gemaak.
Stem saam met Oom Mac. Sit nuwe olie in. Maar maak ook seker jy sit die Fabrieks spesifikasie van gradering in.
Myne was nie reg gewees nie. Nou is hy seepglad van koud tot warm.

Re: GQ gear changes

Posted: 09 Jun 2013 13:05
by Jorrie
Dankie vir daardie raad Alex en Oompie. Ek het 'n soortgelyke probleem as Steefansie.

Re: GQ gear changes

Posted: 11 Jun 2013 08:59
by Jules
Huidige koppelaar het so 160 000 kilo's oppie klok. Gewoonlik as lorrie koud is is 1ste na 2de stram, die ander is maar net rustige oorskakeling het ek agtergekom as ek vinniger change dan drop die revs nie so baie nie en dan is oorskakeling vinniger en sleepglad soos Habana nadat Heineke Meyer hom onder hande gehad het .

Ek het my ratkas olie seker so 60 000km terug vervang

Shalom