Page 1 of 5

Who's Trol is this???

Posted: 01 Jun 2013 23:52
by Kagiso II
Guys -- anybody know who this Trol belongs to ?? It's for sale on Gumtree.


http://www.gumtree.co.za/cp-bakkies-car ... -485329102
45Trol 4 salei.JPG
45Trol 4 salei.JPG (91.74 KiB) Viewed 4100 times
45Trol 4 saleii.JPG
45Trol 4 saleii.JPG (84.07 KiB) Viewed 4100 times
45Trol 4 saleiii.JPG
45Trol 4 saleiii.JPG (91.76 KiB) Viewed 4100 times

Re: Who's Trol is this???

Posted: 02 Jun 2013 08:08
by Peter Connan
Ken hom nie, maar dis wragtag 'n mooi bullbar daai!

Re: Who's Trol is this???

Posted: 02 Jun 2013 09:09
by Tinus lotz
Koop hom oom hy is mooi!

Re: Who's Trol is this???

Posted: 02 Jun 2013 10:17
by Jorrie
Ooompie
As dit nie vir daardie silver bullbar was, sou ek gedink het dis my Trollie wat daar adverteer word.

Re: Who's Trol is this???

Posted: 02 Jun 2013 12:24
by NISMOnator
Laat die Prado gaan! Kry die een! :rolling:

Re: Who's Trol is this???

Posted: 02 Jun 2013 17:35
by Zantus
As hy in PE is soos die advensie sĂȘ en julle soek iemand om na hom te gaan kyk, laat weet maar, ek sal een aand na werk 'n plan kan maak om te gaan kyk.

Net van die foto's en die prys, as ek nie reeds 'n 4.5 GRX gehad het nie, sou ek hom seker gekoop het....tensy daar rerig iets groot fout is :rolleyes:

Re: Who's Trol is this???

Posted: 02 Jun 2013 18:32
by Kagiso II
Dankie Zantus -- ek sal more weet HOE lank die versekering nog gaan dawdle om die kar se regmaak aan die gang te kry .. uit nood sdal ek hom dalk MOET koop .. so, as jy kan gaan kyk sal oompi BAIE bly wees.

Ek sal hom n kontyant aanbod moet maak [en styffff duim vashou die bank gaan op my karige pensjin nog n lening toestaan.

Wat ek graag wil : Wat behals "ARB System diff lock? - Is dit agter of voor of voor EN agter? [ek neem aan die steer satbiliser is ook ARB ?
Die bumpers LYK soos goed wat ENGEL of G-Man bemark het

Re: Who's Trol is this???

Posted: 02 Jun 2013 19:27
by Alex Roux
Goeie prys vir wat jy kry (op papier).
Zantus, kyk ook mooi vir roes. Dit is a kus kar (met 13/14 jaar agter die blad)....

Dit sal lekker wees as oom Mac kan ophou met al die kar probleme.
So ons moet oom weer in die saal van 'n regte 4x4 kry.

Re: Who's Trol is this???

Posted: 02 Jun 2013 20:51
by Kagiso II
Thanx Alex .. kyk bikki, op daai selle blad van Gomboom is n Trol met Lexus ook .. Wat is jou langpad brandstof met daai Lyk-soos hendjan van jou ??

Re: Who's Trol is this???

Posted: 02 Jun 2013 22:26
by Alex Roux
Met 33" bande, body lift, staal bumper, dakrak, daktent, volgelaai, en nie te suinig ry op die langpad nie (120-130), dan kry ek 5.3km per liter.
Meer matig ry, met 31" bande, het ek 6.2km per liter gekry.
Die spitronix is nou ook nie meer so suinig (lean) ingestel soos vrooer nie.

Maar myne is baie netjies gebou.
Daar is baie ouens wat die job aframmel dan lyk jou kar nie so netjes nie. Hulle is nie almal dieselfde nie.