Page 1 of 4

Best A/T tyre size for 4.8 GRX

Posted: 18 Mar 2013 15:30
by NISMOnator
Hi Almal,

Ek begin nou rond shop vir A/T om op ons Patrollie aka GRIZZLY te sit? Huidige bande se grootte is 275/65R17. Sover ek kan onthou moet ek 285 gaan maar moet die res van die syfers dieselfde bly. :helpsign:

Dankie

Re: Best A/T tyre size for 4.8 GRX

Posted: 18 Mar 2013 15:50
by David
285/70/17

285 is die breedte
70 is die profiel/hoogte en is 70% van die breedte
17 is jou rim

:thumbup:

Re: Best A/T tyre size for 4.8 GRX

Posted: 18 Mar 2013 16:11
by NISMOnator
Hahahaha, Ja dankie David, weet dit darem wil net seker maak wat die syfers moet wees.

Groete :thumbup:

Re: Best A/T tyre size for 4.8 GRX

Posted: 18 Mar 2013 18:25
by Peter Connan
285/70R17 is omtrent 33". Persoonlik dink ek dis die regte grote vir 'n 4.8, maar jy sal bietjie versnelling opdok.

Re: Best A/T tyre size for 4.8 GRX

Posted: 18 Mar 2013 18:56
by Tinus lotz
sit muds op ga groot !!!!vra vir jorrie !!ek het 33 km2 op myne baie happy sal nie weer at op sit nie :mytwocents:

Re: Best A/T tyre size for 4.8 GRX

Posted: 18 Mar 2013 23:09
by Jorrie
NISMOnator wrote:Hi Almal,

Ek begin nou rond shop vir A/T om op ons Patrollie aka GRIZZLY te sit? Huidige bande se grootte is 275/65R17. Sover ek kan onthou moet ek 285 gaan maar moet die res van die syfers dieselfde bly. :helpsign:

Dankie
Siende dat Tinus my naam genoem het, hier is my idees.

Ek dink dit hang heeltemal af van hoe jy jou Trollie wil gebruik.

Met kleiner 265/70/R16 AT bande gaan jy stiller bande, beter padhouvermoe, beter natpad hanteering, beter versnelling en beter brandstof verbuik kry, maar hulle is nie so goed in die rowwe terrein nie en jou speedo gaan omtrent 12% uit wees.

Ek het onlangs van 265/70/R16 ATs na 285/70/R16 MT bande verander. Nou het ek awesome rowwe terrein performance, swakker brandstof verbruik, raserige bande op teerpad, swakker natpad hantering, swakker rem vermoee, swakker versnelling, maar my speedo is binne 1% akkuraat. Natuurlik is daar ook die image wat saam met die MTs gaan, maar dit is nie werklik belangrik nie.

Afhangende van die be-oogde toepassing is dit nie noodwendig better om vir die wyer bande te gaan nie. In party aanwendigs is smaaler bande beter.

As jy my vra, ek gaan nie my MTs vir ATs verruil nie, maar dit bly 'n persoonlike keuse wat moet strook met jou eie toepassing en voorkeure.

As jy meer op teer as op rowwe terrein gaan ry, is die ATs tien teen een die beste. Vir die 4.8 Patrol is die 285s dalk 'n beter opsie. Onthou daai 4.8 trek soos 'n stoomtrein en het goeie bande nodig.

Ten opsigte van koste gaan jy tien teen een uitvind dat die ATs duurder as die MTs is afhangende van die maak van die bande. Dit is wat ek ondervind het.

Daar is 'n bekende op die gebied, en as ek reg onthou is sy naam Johan (Tyres) Viljoen, vra sy advies. Ek is nie seker van sy van nie, maar hy het 'n goeie reputasie. Kontak hom en vra vir hom sy opinie.

Bogenoemde is my persoonlike opinie en ek hoop my inset is van nut. Toets dit maar eerder teen ander slimmer manne se idees voordat julle 'n besluit maak.

Tinus Lotz kan jou na 'n goeie bande handelaar verwys.

Groete :salute:

Re: Best A/T tyre size for 4.8 GRX

Posted: 19 Mar 2013 06:48
by Tinus lotz
Jorrie
Ek stem met wat jy se. My km2 bande plak def beter as die at bf s wat ek op gehad het
Ek dink as mens die persentasie wat die speedo meer akuraat is bytel gaan dit ma bittermin verskil op brandstof maak.
Vir my is die 3 ply sidewall baie belangrik . SST of km2 goodyear se sidewalls is sterk
Die padgeraas pla my nie veral op patrol tot op 160km nie n probleem nie .ek sal nie groter as 33 gaan nie .
Dit gee jou meer flowtasion en vastap as jy ofroad gaan en daai 285 70 17 laat die patrol reg lyk :mytwocents:

Re: Best A/T tyre size for 4.8 GRX

Posted: 19 Mar 2013 06:59
by DawidT
285's op myne :blonde: Cooper STT, MT bande en ek is glad nie spyt nie. Die manier warop ek ry pla hierdie bande gladnie, kan ook nie kla oor te veel padgeraas en nat pad performance nie. :mytwocents:

Re: Best A/T tyre size for 4.8 GRX

Posted: 19 Mar 2013 07:32
by NISMOnator
Dankie vir al die raad.

Dit is vir my belangrik dat die voertuig goed kan kleef op die pad veral nat omdat my vrou elke dag omtrent met die Patrollie ry. Maar wanneer ons van die teer afbeweeg wil ek tog he die tyres moet goed vertoon op enige oppervlakte of dit nou klippe is en of sand? EK het al my mense gehoor dat die M/T nie goed op a nat pad is nie?

Baie belangrik is dat die wand en tyre nie maklik stukkend gesteek kan word nie.

Weet jul dalk van iemand wat my huidige tyres sal in belangstel? Vyf van hulle en het nog baie loop vlak op. Dit is H/T Duelers van Bridgestone en grootte is 265/65R17 :think:

Re: Best A/T tyre size for 4.8 GRX

Posted: 19 Mar 2013 07:53
by Tinus lotz
Sterk side walls gaan bf of coopers wees ...maar kyk mooi nie alle modelle het 3 ply staal nie ....
Ek het n week terug vir savuti n prys gekry op km2 en sst max bande in 285 altwee was net kort van 3k n band...dit was 16 duims bande is duur en n mens wil die regte besluit maak jy is welkom om my patrol te kom ry as jy wil en dit te toets voordat jy die geld uit haal. Gerrit het by 3 provinsies n waar ding gese...die beste all terrain band is n mud terrain band ....dit bly n persoonlike ding so die beste is maar om te toets en te kyk wat werk vir jou. My muddies plak baie goed op n nat pad. Chris skinner het dieselde patrol as jy met 33 op praat met hom miskien kan jy met sy kar ry en dit toets voor jy besuit?
Sterkte