Page 1 of 1

happy ending

Posted: 23 Jan 2013 08:23
by jonathan
More manne

Normaal weg bly ek so ver weg van dealerships as moontlik en vermy hulle ten alle koste. Maandag egter moes ek hulle besoek aangesien niemand anders in my omgewing kon help nie. Tot my verbasing het ek goeie diens gekry en ek hoef nie 'n tweede verband op die huis uit ten neem om te betaal nie! Die workshop manager het vinnig vasgestel dat die probleem die trol se throttle sensor was en in plaas van om onmiddelik hom net te vervang (soos wat gewoonlik die geval sou wees) het hulle rondgekrap vir 'n paar uur en toe besef dat een of ander mamparra die besigheid verkeerd om op-connect het! Hulle het hom ook toe deurgegaan en op ge-check en bevestig wat ek klaar geweet het - na 200 000km van grondpad ry is die lorrie nog so goed soos nuut!

So miskien soms, net soms kan mens wel 'n happy ending by die dealerships kry!

Re: happy ending

Posted: 23 Jan 2013 08:30
by Alex Roux
Hi Jonathan

Noem maar die handelaar se naam
Dat ons kan weettam en ook die service station manager se naam?

Dankie

Re: happy ending

Posted: 23 Jan 2013 08:51
by jonathan
Hi Alex

Die handelaar is Laubser Nissan op Vredenburg, en as ek reg verstaan is die werkswinkel bestuurder Fanie. Dit was my eerste besoek aan hulle behalwe vir parte hier en daar, en ek het myself vir die ergste voorberei maar was toe heel beindruk. Ek gaan egter nie my luck push en dit 'n gereelde uitstappie maak nie!

Groete

Re: happy ending

Posted: 23 Jan 2013 10:42
by Herrie
Mooi man - selfs die agente in Zeerust het my Patrol se pertrol pomp probleem opgelos toe ons van die Botswana Uitreik af terug gekom het en dit het my niks gekos nie! :blonde:

Re: happy ending

Posted: 23 Jan 2013 11:36
by Tinus lotz
goed om te hoor ek dink op die landelike plekke maak dienslewering nog saak :mytwocents:

Re: happy ending

Posted: 23 Jan 2013 17:42
by Kagiso II
As jy ooit in Beaufort Wes gestrand raak -- die DELTA handelaar [ja hy kan Nissan ook werk] sal jou help - al bars dit ook.
(Vra maar vir LOBO -- ]