Page 1 of 1

Kry Trol reg vir Vakansie

Posted: 29 Nov 2012 09:37
by Piet Barnard
Manne waar koop ek die volgende vir my 4.5 1998 trol:
1) Petrol pomp sis agter by die tenk wanneer ek die krag aansluit - Moet ek bekommerd wees of nie? Waar kry ek die beste prys
2) Waar kry ek n stel Plug drade teen goeie prys
3) Ek kry n speed wobble so teen 40 km/h wat dan weggaan as ek vinniger ry. Ek voel daar is ook n redelike speling op my stuurwiel. Kan die steering case gestel word? Of is dit dalk n ander probleem?
Gaan rondgrawe hierdie vakansie in Baviaanskloof en ander plekke en wil nie sukkel nie.
Ons hou nie op speel omdat ons oud word nie, Ons word oud omdat ons ophou speel
Ons hou nie op speel omdat ons oud word nie, Ons word oud omdat ons ophou speel
Picture 049.jpg (144.6 KiB) Viewed 2232 times

Re: Kry Trol reg vir Vakansie

Posted: 29 Nov 2012 12:22
by Marino4x4
Hi Piet

Ek het agtergekom as die siffie van die pomp aan die tenk raak, gebruik dit die tenk as n amplifier. Werk soos n guitar se boks. Klink erger as wat dit is. Jy kan dalk kyk of as jy die pomp n bietjie draai, dat die siffie nie aan die tenk raak nie, of dit nie beter is nie. As jy nognie die pomp verander het nie, dink ek is dit n goeie tyd om dit ook te doen. Ek het myne onlangs vervang en dit het n groot verskil gemaak. Lyk my die 4.5 se petrol pomp het probleme gegee. Hier is my storie:

http://patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f= ... omp#p26272

Baie van die 4.5 eienaars het hulle pompe vervang en goeie resultate gekry.

Ek weet nie waar jy plug drade kan kry nie.

Kyk of jou steering damper nie dalk klaar is nie, anders kan die ball joints in jou steering assembly dalk al klaar wees.
Steering.jpg
Steering.jpg (115.17 KiB) Viewed 2214 times
Weet daar was onlang n draar oor iemand wat sukkel met sy MT bande wat probleme op die steering gee.

Sterkte

Re: Kry Trol reg vir Vakansie

Posted: 30 Nov 2012 06:54
by Peter Connan
Piet, ek weet nie veel van petrol pompe nie.

Die steering wobble: daar is 'n groot verskeidenheid goed wat kan bydra. Begin check by die ball joints op die track rod (die arm agter die vooras wat die linker en regter wiel konnekteer) en drag link (die arm voor die as wat die wiel met die steering box verbind, en waaraan die steering damper ook vas is) en die steering damper self. Die damper kan jy toets, as jy een punt losmaak moet hy glad en met redelikke konstante weerstand al die pad in en uit beweeg. Hoe vinniger jy probeer beweeg, hoe moeiliker moet dit wees. Enige speling op die ball joints kan ook jou probleem veroorsaak.

Kyk daarna na die panhard rod bushes (dis die arm voor die as wat van die onderstel na 'n bracket op die as se pyp loop). Probeer die punte te beweeg met 'n groot skroewedraaier. Kyk daarna na die steering box. Daar is 'n verstelskroef bo-op, maar wees baie versigtig, jy kan hom maklik te ver draai en dan wil hy nie weer losdraai nie. Laat iemand jou eerder help en kyk net of daar merkbare speling tussen die stuurkolom en die pitman arm is. Dit kan ook maklik 'n effens ongebalanseerde wiel wees, of selfs speling op die kingpin bearings.

Maar al hierdie soliede-vooras karre kry maar 'n effense wobble, mens moet maar net daarmee saamleef tensy dit gevaarlik raak.

Jy behoort by enige onderdelewinkel bougicords te kan kry.

Re: Kry Trol reg vir Vakansie

Posted: 30 Nov 2012 07:06
by Tinus lotz
Piet
Mr connan het dit mooi opgesom maar gaan kuier maar vir barend by auto wiel hy kan al die wielskud goed vir jou check :thumbup:

Re: Kry Trol reg vir Vakansie

Posted: 30 Nov 2012 07:09
by Alex Roux
Peter

Kan dit nie dalk ook gebeur weens modder bande wat verkeerd afgeloop het of 'n paar van die blokkies wat uit die rubber is nie?

Re: Kry Trol reg vir Vakansie

Posted: 30 Nov 2012 07:26
by Tinus lotz
Alex Roux wrote:Peter

Kan dit nie dalk ook gebeur weens modder bande wat verkeerd afgeloop het of 'n paar van die blokkies wat uit die rubber is nie?
Alex Piet het 36 duim wiele wat nog nie geroteer of balanseer is nie hy praat van so 12000km so ek dink jy is reg

Re: Kry Trol reg vir Vakansie

Posted: 30 Nov 2012 08:55
by AndriesS
As ek reg onthou doen die 2de tank se pomp doen gewoonlik n self check as die ignition aangesit word en pomp n klein hoeveelheid oor, net ingeval hy nooit gebuik word nie en dis die sis wat jy hoor, hou vir n paar sekondes en is gewoonlik dan af. Nog nooit actually opgelet of dit ook gebeur as die 2de tank leeg is nie.

Op die steering, hoe los is los, kan jy hom n duim , 2 duim meer beweeg. Onthou die patrol het nie n rack and pinion nie en kan dikwels losser voel as tipiese platkarre.

Kan ook ongebalanseerde wiele wees en nie almal balanseer wiele ewegoed nie, ek verkies die vinger spigot aangesien ek geen porbleme kry as hulle dit so balanseer nie, goeie shops sal ook jou nad op jou rim draai om seker te maak hy hardloop rond en bounce nie. As die motor baie staan, sal seker bande n flat spot ontwikkel.

Re: Kry Trol reg vir Vakansie

Posted: 30 Nov 2012 17:10
by Peter Connan
Alex Roux wrote:Peter

Kan dit nie dalk ook gebeur weens modder bande wat verkeerd afgeloop het of 'n paar van die blokkies wat uit die rubber is nie?
Verseker Alex, maar as hulle mooi rond is en pas gebalanseer behoort hulle OK te wees.

Maar baie modderbande is nie rond nie, en is eintlik onbalanseerbaar, maak nie saak wat die balanseer-masjien se nie. En hoe groter die bande, hoe groter die probleem.

Re: Kry Trol reg vir Vakansie

Posted: 30 Nov 2012 18:30
by Stefaansie
Semi of topic,

Piet, ek wil nie negatief voorkom nie, maar maak ook net seker van jou speelplek die vakansie. Ek ken gladnie die Baviaanskloof nie, maar het gehoor datvan die paaie is toegemaak weens vloedskade. Die mense wat weet twyfel of dit gan reg wees voor die 15 Des.

Re: Kry Trol reg vir Vakansie

Posted: 01 Dec 2012 09:53
by Peter Connan
Ek gaan ook nou OT, maar die Baviaanskloof ding is vir my baie interesant.

Sien my ma is daar gebore. Haar pa was die bosbouer daar toe my ma gebore is, en hulle het vir 'n heel paar jaar daar gebly. Dit was in die laat 40's en vroe 50's, en my oupa het 'n gewone karretjie gery, geen 4x4 nie. En ek kan regtig nie sien dat die pad intussen sodanig verswak het dat jy nie met 'n Patrol daar sal kan inkom nie, want daar is nou baie meer karre wat soontoe gaan as destyds, toe daar omtrent 12 vamilies in die hele kloof gebly het en daar eintlik geen sprake van toerisme was nie...

I stand to be corrected though.