Page 1 of 1

Eshowe Round Table 4x4 trip

Posted: 14 Sep 2012 15:44
by Jules
Dit reen katte en honde in Zoeloeland en more gaan Gerrit GU 4.5 GRX, Donald GU 4.8 GRX, Pieter GU 3.0i GL en Jules GQ 4.2 GSL en nog n klompie ander manne in die heuwels van Eshowe invaar en hul voertuie bietjie toets en die ander manne bietjie uitsleep. Gaan n erg modderige ekskursie wees , sal volgende week kiekies oplaai, hier is so een of twee van vorige jare
Jules sleep n Toyota uit
Jules sleep n Toyota uit
2009_09202009Eshowe4x40097.JPG (104.11 KiB) Viewed 1930 times
Baie mooi scenery
Baie mooi scenery
2009_09202009Eshowe4x40084.JPG (69.87 KiB) Viewed 1930 times
Donald se kragtige 4.8
Donald se kragtige 4.8
Eshowe RT24 4x4 Trip 2008 277.jpg (65.33 KiB) Viewed 1930 times
Going down and down into an Abyss, Fortunately I was there to recover the Fortuner
Going down and down into an Abyss, Fortunately I was there to recover the Fortuner
IMG_1520.JPG (101.85 KiB) Viewed 1930 times
Shalom

Re: Eshowe Round Table 4x4 trip

Posted: 14 Sep 2012 16:07
by davejones
Dit lyk mooi Jules :thumbup: :thumbup:

Re: Eshowe Round Table 4x4 trip

Posted: 14 Sep 2012 16:26
by Tinus lotz
Gaan groot!!!!!en moenie naam weg gooi nie!!!!!!

Re: Eshowe Round Table 4x4 trip

Posted: 14 Sep 2012 16:28
by Aries66
Jules
Dit lyk mooi daar!! Sterkte en geniet dit. Ons wag op jou verslag. :blonde:

Re: Eshowe Round Table 4x4 trip

Posted: 14 Sep 2012 21:30
by Jorrie
Jules
Dit lyk lekker en die omgewing is mooi.
Miskiens moet ons spul Gautengers reel om by julle oor 'n langnaweek te kom kuier.
Wat dink die manne van Gauteng? :feedback: :feedback: :feedback: :feedback: :feedback:

Re: Eshowe Round Table 4x4 trip

Posted: 15 Sep 2012 04:04
by Tinus lotz
Ek dink dit is n goeie plan dan kan ek sommer persoonlik kyk dat die manne fokus :rolling:dit is net ver maar my patrol se wiele is rond. Sal dit n lang naweek moet maak :thumbup:

Re: Eshowe Round Table 4x4 trip

Posted: 15 Sep 2012 10:58
by Jules
Teen 20h00 gisteraand ontvang ek n oproep van die Eshowe manne dat die trip af is weens erge erge reen en voorspelling vir nog meer reen , wat n teleurstelling maar veiligheid kom eerste. Blykbaar die area wat ons sou gery het was erg baie klei en modder en mens sou redelik diep in die valleie afgaan. Aangesien die manne met die iNkosi's van die area reel om in hul gebied te ry en dit redelike onderhandelings verg was daar nie tyd vir n alternatiewe roete reelings nie.

So nou wag ons maar vir n volgende naweek wat hul sal reel

Shalom

Re: Eshowe Round Table 4x4 trip

Posted: 15 Sep 2012 19:15
by Jules
Ons het toe maar innie duine gaan speel sien ander report :blonde: :woo: :blonde: :woo:

shalom

Re: Eshowe Round Table 4x4 trip

Posted: 15 Sep 2012 19:40
by Traveler
Jorrie wrote:Jules
Dit lyk lekker en die omgewing is mooi.
Miskiens moet ons spul Gautengers reel om by julle oor 'n langnaweek te kom kuier.
Wat dink die manne van Gauteng?
Jorrie, ek kan regtig gladnie fout vind met jou voorstel nie. :thumbup: :thumbup: :thumbup:
As die tyd dit toelaat sal ek graag wil inval.