Page 1 of 1

Sendeling v Botswana se huis brand af

Posted: 12 Sep 2012 12:42
by Kagiso II
Hierdie is nou vir oompie omtrent 'n teer sakie.. Morutiie [Pastor / Reverent / Sendeling] Joseph van die statjie Ngarangi se huisie en kerkie het tot op die grond afgebrand ..

As ek kon het ek nou in 'n trokkie geklim, gaan plate en pale laai en vir hulle gevat. Maar dis nie haalbaar nie.

Ek vra raad - Is daar iemand wat 'n bouerey in Botswana ken?
OF ons kan insamel in vir Willie laat kry om tenminste 'dak oor kop' plan te maak vir Josepf hulle .. tot ons 'n kompleet oplossing kan bedink.
Kerk kan maar weer daar onder die ou Kremetart gehou word, dis die blyplek vir Joseph hulle wat nou eerste aandag verg.

Ek sal OutreachAfrica se rekenig beskikbaar stel hiervoor - as daar iemand is wat 'n bydrae kan/wil maak.
oompie sit hom op -- maak bydraes verwysing NGARANGI Pstr, asseblief.
BANK: Standard Bank
TAK: Castle Walk
Rekening: OutreachAfrica
Rek No: 415214742
Tak No: 014645
Reference / Verwysing: NGARANGI Pstr
[elke bikki kan help - al is dit net vervoer om die materiaal van een van die groter plakke daar te kry]
Praat met oompie?
So lyk daai huis en kerkie nou:
Morutti Joseph huisbrand.jpg
Morutti Joseph huisbrand.jpg (45.86 KiB) Viewed 765 times
Ngarangi is ± 500 km vanaf Maun of Ghanzi - elke bietjie sal help:

Re: Sendeling v Botswana se huis brand af

Posted: 12 Sep 2012 16:35
by Traveler
Dit is nou regtig hartseer.
As dit ok is sal ek teen volgende week so ietsie in daardie rekening kan vonkpos.

Kan ongelukkig nie help met naam van 'n bouer in Bots nie.

Re: Sendeling v Botswana se huis brand af

Posted: 12 Sep 2012 17:29
by Kagiso II
Dankie Heinrich .. net julle gebede vir Joseph hulle en oplossing word opreg waardeer..
ek sal die bydraes nog laat opbou tot end November. Maar soos dit inkom oordra na Delta Cross Ministries toe.