Page 1 of 2

Torn vinyl repairs

Posted: 21 Aug 2012 13:34
by ChristoSlang
Gents, a vicious gazebo attacked my Patrol's left rear door panel and ripped the vinyl apart. :helpsign:

The vinyl was initially quite stretched, but seems to be returning to its original shape. There's nothing missing either - the edges line up OK:
Torn door panel
Torn door panel
Torn door panel.jpg (164.39 KiB) Viewed 2410 times
So - what's the best way to tackle this? I'm thinking of removing the door trim, removing the damaged panel from the door trim, removing the vinyl from the panel, removing the layer of foam (that's glued to the vinyl from behind) and then fixing it from the back. I'm sure that a nice big patch (bicycle tube stuff) will work a treat from the inside. After that I'll replace the missing foam and assemble everything nicely again.

Has anybody done something like this before - I'm eagerly awaiting any tips & tricks!

Re: Torn vinyl repairs

Posted: 21 Aug 2012 13:49
by Jorrie
Christo
Ouch!!! Jammer om dit sien. Het dit gebeur na Saterdag se verrigtinge?
Hier in Zambezilaan is daar 'n plek wat bekleedsel doen.
Sal vir jou uitvind.

Re: Torn vinyl repairs

Posted: 21 Aug 2012 14:29
by Tinus lotz
EK sal n bullet hole oor dit plak baie minder moeite :rolling:

Re: Torn vinyl repairs

Posted: 21 Aug 2012 14:59
by firessafari
Ja dit is die regte manier om hom te patch van binne kant af, Gebruik gewone kontak gom soos Genkem. moet nie bicycle goed gebruik nie, versterk hom van binne af met 'n ander stukkie viniel. Jy sal nooit die regte kleur viniel in ons land kry nie.Maar onthou met die patch sal jy die merk vir altyd kan sien. Die regte manier is om die paneel te vervang, hallo Stealers.
Johan

Re: Torn vinyl repairs

Posted: 21 Aug 2012 15:36
by ChristoSlang
Jorrie, dit was daai groot "ooptrek" Nissan gazebo se skurwe voete wat dit op pad huistoe gedoen het :cry:

Ek sal met Johan se plan gaan en 'n ander stuk viniel aan die binnekant plak met kontak-gom. As ek mooi werk behoort dit nie te vrot uit te kom nie?

Anders moet ek maar daai paneeltjies afhaal (die een aan die regterkant ook) en hulle albei laat oordoen in die naaste moontlike kleur, dan lyk hulle darem dieselfde!

Re: Torn vinyl repairs

Posted: 21 Aug 2012 15:46
by Peter Connan
Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar as dit myne was, het ek 'n repair probeer, en as dit nie perfek uitkom nie, sou ek wag tot ek die kar wil verkoop voor ek verder gaan.

Re: Torn vinyl repairs

Posted: 21 Aug 2012 16:36
by Tinus lotz
Daai bullet holes wat mens vir die karre gekry hhet kilnk nou weer na n beter plan !!!!!!

Re: Torn vinyl repairs

Posted: 21 Aug 2012 19:08
by Jorrie
Christo
Gee kans. Ek stuur more vir Henriƫtte met my Patrol na die plek toe om 'n idee te kry wat hulle kan doen en wat die koste sal wees. Sal laat weet.
Persoonlik sou ek verkies om sulke skade behoorlik reg te maak
Groete

Re: Torn vinyl repairs

Posted: 21 Aug 2012 19:19
by Kagiso II
verkoop die hele kar man .. jy het mos 'n Z .. om van A tot Z te kom ??/


:oldtimer: bad bad bad joke oompie

ernstig - daar is plek in Cullinana wat stoffering doen [Jakes] oorkant die poskantoor .. laagste pryse inni land en net hy en sy vrou werk aan jou bekleedsel -- lat alles met leer vervang .. bogger di evinyl op 'n Champ soos CHUCKIE :biggrin: :biggrin: :biggrin:

Re: Torn vinyl repairs

Posted: 21 Aug 2012 21:53
by ChristoSlang
Ek dink ek moet eers die viniel self probeer gom & plak voordat ek oorgaan (oorgee?) na 'n "upholsterer"...

Maar watse ge-"verkoop" is dit nou met julle, Peter en oompie Mac? :think: Daai Z is net mooi vir plat paaie, jy verstik sommer gou aan hobbels!