Page 1 of 1
Goerapan
Posted: 11 Jul 2012 14:40
by Tommie
Maats.
Ek en paar vriende was die afgelope naweek by Goerapan. Ons het gekamp, en sommer lekker duine gery. Die Saterdag het ons duine klim kompetiesie gehad, kwart myl ook gejaag. Ek sal graag vir ons so naweek aanmekaar wil slaan. Ek dink aan datum in April volgende jaar(2013). Daar is paar "extreme" duine om te ry, en dit is baie lekker. Kamp is regtig goedkoop, daar is ook challets, maar ons PATROL mense hou mos van kamp? Die plek is kwaai gewild, 100km noord van Upington. Indien iemand belangstel om te gaan, kan ons lys begin. Ons sal moet nommers vas maak voor einde September. Dit is Patrol wereld en ons almal sal dit erg baie geniet.
Groete
Tommie
Re: Goerapan
Posted: 12 Jul 2012 21:45
by Grootseun
So Tommie send me some pics of Goerapan - looks awesome Tommie i know i would love to be part of this trip , here i two of the pics for now guys more to come
Re: Goerapan
Posted: 29 Aug 2012 21:37
by gifgat
is daar al verder nuus oor die goerapan trip volgende jaar, as julle gaan sal ek baie graag wil saam gaan!
Re: Goerapan
Posted: 04 Dec 2012 00:01
by ricster
This sounds good Tommie. Can you tell me more about this.... Are you still thinking about doing this trip April next year. Maybe the Nissan 4x4 Club can add this lekker overlanding trip to the 2013 year plan. I did a trip to Witsand this year and had a ball!!
Can you give us some ideas on costs etc please!!
Re: Goerapan
Posted: 04 Dec 2012 09:24
by Tommie
Dag Maats.
Die beoogde datum vir Goerapan, is vanaf die 27ste April tot en met die 30ste April. Die 1ste Mei is vakansie dag wat ons dan sal terug ry. Goerapan is 110 km Noord van Upington. Di plan is om mekaar by Upington te ontmoet die ogend van die 27ste April. Petrol te gooi, genoeg water en ander nodige verversings aan te skaf. Die verblyf is hoofsaaklik kamp, daar is genoegsame ablusies, donkie wat warmwater verskaf, maar dan is daar ook chalets. Ek sal nog in die week kostes vasmaak kontak details deurgee, en bank besonderhede, sodat ons kan bespreek. Die roetes is alles net sand, en glo my daar paar duine wat maak dat Mamma paar snaakse geluide maak. Daar is 2 roetes, sal eers die makliker 1 doen vir die dag, met n kwart myl ressies in die middag. Dit is nogal baie lekker, en vind dat die ressies die hoogte punt is van die naweek. Die van julle wat Qaud's of 2 wheelers het, bring saam, daar is baie plek om te speel. Dan sal ons dag 2 die moeiliker roete aan pak. Ons het mos dan al goeie ondervinding op gedoen op dag 1.
Gaan beslis paar foto's opsit.
Groete.
Re: Goerapan
Posted: 04 Dec 2012 09:29
by ricster
Dankie Tommie,
Please keep us posted as we are all used to the rocky stuff... but sand.... nou dis a bietjie van n challenge.... especially with us diesels !!!

Re: Goerapan
Posted: 07 Dec 2012 10:02
by Grootseun
Dagse manne
Hier is n link na n video wat Tommie aangestuur het van hulle spelery op Goerapan
http://s1167.beta.photobucket.com/user/ ... 2.mp4.html