Page 1 of 1

FUEL ENERGIZER

Posted: 28 Jun 2012 15:30
by Tinus lotz
Brandstof besparings deur bymiddels te gebruik, werk dit of nie? :think: :think: :think:
Ek het afgekom op n bymiddel met die naam Fuelenergizer. Die produk verminder die oppervlakspanning van brandstof en veroorsaak sodoende volle ontbranding van jou brandstof en nie 50% soos huidig die geval is nie.
Hoe veilig is dit? Die produk gemeng met brandstof is goedgekeur deur die SABS volgens SANS 342:2006 oplaag 4, dieselfde spesifikasies waarvolgens die brandstof wat jy huidiglik in jou voertuig gebruik goedgekeur is. So ja 100% veilig om te gebruik, toetse toon selfs minder slytasie as met skoon brandstof.
Voordele:
• Brandstof besparing van ongeveer 10%
• Beter werkverrigting van motor
• Minder slytasie
• Tot 8% minder CO2 in uitlaatgasse
Vermenging: Diesel 3.5ml/liter, Petrol 1.6-2 ml/liter
Prys: R 130/liter
My resultate:
EK werk mos bietjie in thaba en ry baie >>>>>my slow lux werks bakkie (wens iemand wil vir my n 4.2 patrol bakkie koop)hy is n 2.7liter petrol as ek met die feul energzer ry kry ek 1000km op my tenks sonder kry ek 850 tot 870km . dit is nou op grond ,sand en hi way gemeng partykeer leeg en partykeer te swaar :rolling:
ek het dit getoets oor 10000km en dit werk !!!! :salute:

Kom ons hou Suid Afrika groen en spaar geld om meer plekke te sien! :thumbup:
Vir meer inligting gaan na http://www.fuelenergizer.co.za of kontak Lourens Bierman by 083 629 7101
:mytwocents: :mytwocents:

Re: FEUL ENERGIZER

Posted: 28 Jun 2012 15:47
by XenoBlitz
• Tot 8% minder CO2 in uitlaatgasse.

Uhm ek is nou nie n chemiese expert nie maar dit maak nou glad nie vir my sin nie.
Petrol bestaan maar uitsluitlik uit organiese bindings waarvan koolstof die primere atoom is. Die hele doel van ontrbranding is om suurstof en koolstof met mekaar te verbind on CO2 te vorm is dit dan nie?
Beteken dit dan nie dat die goed minder ontbranding het nie?

Of moet ek dit saam lees met

• Brandstof besparing van ongeveer 10%

Dat jy 10% minder petrol verbruik en 2% beter ontbranding het en dus die 8% minder CO2?

:think: :think: :think:

Re: FEUL ENERGIZER

Posted: 28 Jun 2012 16:54
by Tinus lotz
ek weet net dat dit werk :eureka:
kyk op die website of gee vir lowrens n bel
wat ek verstaan is dit verbrand beter so daar is minder roet wat die carbin minder maak :think:
ek het dit gepost omdat dit vir my werk maw ek ry 150km verder op n tank van 130l en ek het dit 10 keer met en 2 keer sonder getoets met selfde resultate :thumbup:
al wat ek kan se is as ek eenkeer gemeng het maak dit klaar die koste van die produk op die volgende 5 tanks + is veniet

Re: FUEL ENERGIZER

Posted: 28 Jun 2012 17:10
by Herrie
Miskien moet Grootseun die 4 gasse 'n bietjie toets :oldtimer:

Re: FUEL ENERGIZER

Posted: 28 Jun 2012 17:16
by Tinus lotz
Ek sal bietjie met hom reel wanneer hy beskikaar is!!!!!!! :thumbup:

Re: FUEL ENERGIZER

Posted: 28 Jun 2012 20:27
by Jorrie
Ek sien hom Saterdag en sal hom laat weet.

Re: FUEL ENERGIZER

Posted: 28 Jun 2012 21:40
by Grootseun
*% minder Co2 - Co2 word net gevorm in die ontbrandingskamer waneer daar ontbranding voorkom en is n direkte verwysing na ontbrandingeffektiwiteit so as dit minder word raak ek bekoomerd

Co - gedeelktlike gebrande brandstof
Co2 - ontbradingseffektiwiteit
HC- rou onontbrande brandstof partikels
O2 - van di esowat 22% suurstof in ons lug kan di eenjin omtrent 20% ontbrand en kom daar so 2% uit by uitlaatpyp van n nie gekateliseerde voertuig

Tinus ek ken nie die spesifieke produk nie maar was al betrokke by verskeie soortgelyke toetse en moet nog een teekom waar ons nei probleme opgetel met voetuie hier na 30 000km nie , sla graag meer oor die een wil weet en kyk na toets resultate

Re: FUEL ENERGIZER

Posted: 29 Jun 2012 07:58
by Tinus lotz
Ek het die website opgesit kyk gerus daar
Gee ook vir lowrens n bel hy sal vir jou meer kan verduidelik
Die produk is deur sabs en universiteit van pta getoets spesifiek op komatsu diesels en die slytasie was minder
Ek glo ook nie maklik aan goed soos die nie maar dit werk regtig !!!!
Oor 10000 km het ek omtrent 1500 km verder gery as sonder dit
Ek sal graag wil he jy moet n 4 gas doen met en sonder die produk laat ons bietjie sien wat gebeur???????? :mytwocents:

Re: FUEL ENERGIZER

Posted: 29 Jun 2012 13:09
by Kagiso II
ughmmm uhm -- ek het pr'beer om die blaai hier in t eplak - maar dis PDF -- so, ek reken gaan lees daai toetse en verslae op die webblad [ http://www.fuelenergizer.co.za/ ] en besluit self..
Ek ken darem ook al vir Tinus 'n maand of ses en hy sal nie se die goed werk op sy bakkie met minder verbruik, as dit nie so is nie..
Wat wel interessant sal wees is om 'n voertuig op 'n Dyno te sit -- met die "Energiser' and dan weer sonder [onder soortgelykeomstandighede, temperatuur, bande, banddruk .. alles anner goeters dieselle - met die bymiddel en sonder die bymiddel [dis seker haalbaar ?]

ek sal dit op my petrol enjin probeer .. op die diesel ?? huh huh, die "nie werk nie enjin opblaas opsie" te duur vir my pensjin

Re: FUEL ENERGIZER

Posted: 13 Sep 2012 18:27
by Jorrie
Grootseun
Het julle al 'n toets of twee op die fuel enrgizer gedoen? Indien wel, wat was die resultate?