Page 1 of 1

Air lifter vraag

Posted: 07 May 2012 13:27
by Reinier Claasen
Ek het air lifters agter in my coils maar wil weet hoe hard moet mens die goed pomp? As jy vrag het en hoe sag jy dit moet afblaas sodat jy dit nie knyp nie? :think:

Re: Air lifter vraag

Posted: 07 May 2012 14:38
by Wheels
Ek neem aan dit is die produk wat jy na verwys
http://www.airliftcompany.com/#&panel1-1
Ek het dieselfdes in. As ek leeg ry gaan ek af na so 0,5 bar. As ek 'n vrag dra wat swaar is so 2,2 bar.

Re: Air lifter vraag

Posted: 07 May 2012 19:45
by Aries66
Dalk moet ons die link aan NISSAN SA Bemarking toe stuur dat hulle weet wat hulle jare lank gemis het.

Re: Air lifter vraag

Posted: 07 May 2012 20:45
by duckitt
ek ry myne sonder vrag op 0.4 bar anders knyp hulle stukkend en gelaai se die papier werk niks harder as 2.4 bar nie ek ry nooit harder as 2bar nie anders bars die goed. sit eerder meer spysers in as jy ekstra hoogte wil he . ons karre vat dieselfde sakke as die landy 110 defender agter die manne gaan vir jou se daar is nie sakke nie want dit word nie gelys vir die trolle nie maar dit is verseker die moeite werd.