Page 1 of 1

Hoekom ek my patrol LOVE

Posted: 27 Dec 2011 16:31
by Grootseun
Dit is effens van die Forum se mikpunnt af maar ek moet tog se hoekom ek my Patrol LOVE en dit sommer bewys

Vriende het n 2004 Grand Cherokee 4.7 V8 ( WJ series )

Dit het bleddie 2 dae gevat om sy engine liggie af te kry

Eers het die ding gekla omdat hulle die Cats verwyder het , die post cat O2 sensors was ongelukkig - oplossing bou gou n simulator en bedraad dit in - bitter maklik in praktyk maar net tydsaam

2 - Nou kla die ding oor die Batery se temperatuur - ja jy lees reg die bat temp - die rubbish het n sensor onder die batery wat die temperatuur meet en die ECU gebruik dit deels om die alternator te help beheer en raai wat een of ander poe...ol het die battery vervang en die sensor is weg , wel tot die drade is weg uit harnas uit - oplossing INTERNET - kry n ECU pin out en weerstand waarde vir die sensor en bypass dit in ecu bedrading - weereens maklik maar tydsaam

3 - Gaan ry kar om als te toets en nou sit dam dakliggies nie af nie en ook werk die verdomde vensters nou nie - gaan alle fuses na en spoor drade na , haal deurcover af en toets switch , gee later moed op en besluit switch is m...toe - sit later op internet en soek na soortgelyke probleme op jeeps en kry 16 000 plus hits - BCM moet gereset word , doen dit en nou is die verdomde ding reg en kan maar van my werf af

Ergste - ek doen dit as n guns teen geen koste

So ja ek LOVE my Patrol want hyt nie sulke st...nt nie :mytwocents: :mytwocents: :mytwocents: :mytwocents:

Re: Hoekom ek my patrol LOVE

Posted: 27 Dec 2011 16:55
by Kagiso II
Blameer die "computer wizz kids" wat die **** fabrieke aanstel om alles in computerwaardes te veranner [en die klien snotti ry wwarskynlik treain en taxi en bus en was nog net in 'n taxi -- die naaste wat hy al ooit aan 'n kar was ... Maar die Japanese raak net so erg [Daai einste Patrol van jou, die Australiese model : As die Tail light buite aksie is, styar die kar nie ?????????? [S'true .. google dit maar]
Ek gaan al my goed wegmaak en 1981 Safari's ry .. forewwer :clap: :oldtimer:

Re: Hoekom ek my patrol LOVE

Posted: 27 Dec 2011 19:40
by KOOS BEST
Oom Mac dit is al amper 2012, nie meer 1981 nie.

Voertuie is beter as daai tye, by verre.

Re: Hoekom ek my patrol LOVE

Posted: 27 Dec 2011 20:06
by Kagiso II
beslis Koos - beslis - maar my tegnie het by 74 vasgesteek .. 81 tegnologie is al wat my koppitjie kan inhaal .. kyk nou daai les oor die Jeep wat 'n temperatuurmeter oinner sy battery het ??? in my leeeeewe sou ek nie daar 'n gremlin gaan soek het daar inni Moremi / Masai Mare / Serngeti / Richtrsveld nie ... nooit ooit nie
Wil ek ook weet WAT op deeske aarde het dit met mouterkar ry te make? vir 100 jaar loop die hele wereld se mouters met 'n battery sonder om te weet wat sy temp is .. nou WAT nou met daai inligting maak [en hoeka NET Jeep en M/Benz wat dit in het ?]
Assik kon wassik trug inni ossewa en perrekar :surprised: :surprised: :oldtimer:

[het jy al Kampvuur gaan loor Bas Koos? ]

Re: Hoekom ek my patrol LOVE

Posted: 28 Dec 2011 12:41
by Peter Connan
Oom Mac, ek stem tot 'n groot mate saam. Dit hang alles af van waarvoor jy die kar wil gebruik.

:mytwocents: :Die probleem is dat moderne karre baie meer krag in 'n "enjinkamer" van dieselfde grote maak, en daar is nog 'n hengse klomp ander goed ook daar binne, soos lugversorging, ABS, kragstuur en wie weet wat nog alles, wat ook hitte maak. Al die elemente werk ook DMV elektonika baie beter saam, wat maak dat alles beter en meer ekonomies werk.

Maar vir elke kW krag wat ontwikkel word, is daar 'n ooreenstemmende hoeveelheid hitte wat opgewek word, en dit het nog bitter min verander. Al hierdie hitte moet verwyder word, maar die verkoeler sit desnieteenstaande aan die voorkant binne-in die enjinkamer. Nou sit daar ook saam met hom nog 'n magdom ander verkoelers (lugversorging, tussenkoelers, olieverkoelers ens.) Die resultaat is dat die temperature in hierdie omgewing al hoe hoer raak, en dit ys sy tol op (onder andere) die battery...

Wat ek bedoel is dit: al hierdie elektronika en ekstra toerusting maak die kar op een of ander manier beter, maar daar is altyd 'n prys.

Die grootste prys is dat dit al hoe moeiliker raak om foute te vind, want daar is soveel meer plekke waar daardie probleem kan wees, en jy kan nie sommer net die fout met die blote oog raaksian nie. Verder weeg dit ekstra, wat jou kar makliker laat vassit en meer brandstof laat gebruik, dit voeg by by die koopprys ens.

En alhoewel ek nie sal stry dat die nuwe 5.7l V8 Patrol in baie opsigte waarskynlik beter, meer gemaklik en vinniger is as my 1996 Patrol nie het my 1996 model tog alles wat ek nodig het. en sal ek beslis eerder my 1996 model kies as ek ooit die geleentheid kry om Serengeti toe te ry.

Wat my egter regtig hartseer maak, is dat alle motorvervaardigers hierdie nuwe tegnologie nastreef, en daar word dus al hoe minder eenvoudige karre gebou. Is daar byvoorbeeld nog nuwe karre beskikbaar met vergassers? ek weet nie van een nie. En dit raak al moeiliker om die ou karre aan die gang te hou, want soos hulle minder word, word die onderdele ook minder...

Re: Hoekom ek my patrol LOVE

Posted: 28 Dec 2011 23:38
by Jorrie
Peter
Ek stem saam met jou. Jy het 'n punt daar beet. Dit is nice om tegnologie beskikbaar te he, maar as dit verkeerd gaan in die boendoes, wat dan?....... :think:

Re: Hoekom ek my patrol LOVE

Posted: 29 Dec 2011 00:15
by Grootseun
Jorrie om die as dit verkeerd gaan in die boendoes te antwoord - dis waarvoor julle ouens ouens soos ek ken - :rolling: :rolling: :rolling:
Nee werklik jys reg die goed is lekker om te ry maar eish hulle kan soms net te ver gaan met die elektronika

Re: Hoekom ek my patrol LOVE

Posted: 29 Dec 2011 11:10
by Kagiso II
aldus my uitreop - Ek blaai terug na 1981 Datsun Safari en 'n boks vol spenners :oldtimer:

Re: Hoekom ek my patrol LOVE

Posted: 29 Dec 2011 12:00
by Herrie
Ek dink die Y60/GQ is baie dieselfde maar ry net gemakliker as die MQ :oldtimer: