Page 1 of 1

4.8 Wat snaakse dinge doen

Posted: 12 Dec 2011 08:02
by Langman
Hi Manne

Lyk my ek sit met so effense klein probleem, ten minste ek hoop dis klein. Vrydag toe ek met die 4.8 ry toe sny die Patrol uit by verkeers ligte en wil glad nie revs op tel nie. Ek het nie veel gekarring aan die ding nie en dit het my nogals baie aan my 3.0DT laat dink toe sy MAF Sensor gekalf het en in limp mode gegaan het. Ek het die Patrol oornag laat staan en die volgende oggend toe swaai ek hom en hy was normaal? :think: :think: Ek het toe sommer die sensor maar uitgehaal en met carb cleaner gespuit en tot nou toe niks weer van die probleem nie. Wat my net pla is dat hy self reg geraak het nog voor ek die sensor skoon gespuit het...lyk my die ding het net n' nagsrus nodig gehad :mytwocents: Enige iemand al so iets oorkom en wat was/is fout hier?

Dankie

Re: 4.8 Wat snaakse dinge doen

Posted: 12 Dec 2011 10:24
by Tinus lotz
Vuil brandstof filter? Hoekom vat jy nie na iemand wat die foutkode kan kyk nie?

Re: 4.8 Wat snaakse dinge doen

Posted: 12 Dec 2011 11:26
by Langman
Hy gaan more in na Nissan Eatern Cape maar selfs daai manne sukkel met die Patrollie. Sal maar sien wat se hulle. Dit was net baie vreemde gedrag vand ie kar.

Re: 4.8 Wat snaakse dinge doen

Posted: 12 Dec 2011 15:59
by Grootseun
Hoekom sukkel hulle Langman , die Patrol se management system lees soos n boek met die korrekte diagnostic masjiene , vra hulle om ook n 4gas op te gou sou daar nog geite wees , het self al bae karre gekry wat jy nie n foutkode op diagnostic kry nie maar dan kyk jy na die 4 gas en sien dadelik n probleem raak