Page 1 of 3
Who's Patrol was this?
Posted: 22 Nov 2011 16:34
by Kagiso II
Miskien net miskien kyk ek weer na 'n Patrol ... Ken enigeen hierdie Patrol [of sy eienaar?]
Dis 'n 1993 model - Wat is is billike prys vir so ene? [4.2 Petrol]

- witros3.jpeg (51.52 KiB) Viewed 2560 times

- Witros1.jpeg (50.96 KiB) Viewed 2560 times

- Witros.jpeg (170.85 KiB) Viewed 2560 times
Re: Who's Patrol was this?
Posted: 23 Nov 2011 06:45
by Abri Hoffman
Ek ken nie die Patrol nie Oom Mac.
Prysgewys het ek R35 000 vir my '94 met 250 000km betaal. Su is vir R70 000 verseker.
Ek sal dis huiwerig wees om meer as R70 000 te betaal.
Re: Who's Patrol was this?
Posted: 23 Nov 2011 07:06
by Tinus lotz
Netjies!!!!hoeveel km en is dit n 4.2 petrol carb model??????
Re: Who's Patrol was this?
Posted: 23 Nov 2011 07:19
by Peter Connan
Oom Mac daai kar lyk nog mooi van buite af, ne?
Dit lyk ook vir my asof hy klaar 'n lift kit in het, of dalk net nuwe vere. Ek sien iemand het 'n towbar voor opgesit, so hy is dalk gebruik om bote mee te lanseer, kyk maar vir roes onder. Kyk ook vyn of iemand tubes in daai wiele gesit het, as hulle het moet oom weet dat daai rims besig is om te kraak, so sit die prys van 'n stel wiele by die stickerprys. Check natuurlik dat alles werk, veral die diff lock, en idle die langste moontlike opdraande in 1ste rat Low Range uit om te check dat die viscous fan reg werk.
Verder moet die prys seker afhang van wat nog daar in is, die toestand en die diensrekord, maar indien hy reeds oredntlike lift kit in het, en saam met die dakrak, kan mens dalk selfs bietjie meer betaal as Abrie se R70k? Ek dink Abri het 'n hengse winskoop gekry.
Ek het R100k betaal en dit het langafstandtenks (200l totaal), OME vere en dubbelle battery ingesluit.
Re: Who's Patrol was this?
Posted: 23 Nov 2011 08:42
by Jules
Ai Ai die GQ is darem maar n sexy lorrie

, Oom Mac alles sal seker maar afhang wat die kilo's is maar ek dink Peter C het mooi opgesom, ek het so ruk terug n Oz Patrol website gekry waar die manne uitwys waarna mens moet kyk sal dit soek en vir jou epos. Peter C lyk nie vir my of hy veel gelig is nie, dalk net aftermarket skokbrekers.
Oom Mac vat maar n magneet en inspect die panele daar waar hy nie vassit nie is body patty of erge goeie stainless steel panele.
Die wit is darem mooi. Ek het destyds R90K vir myne betaal 1995 met 143500km op die klok en al die diens slippies saamgekry. Myne het dieselfde chrome nissan bullbar opgehad, was n bietjie geroes toe galvanize en maak hom matt black.
Ja die voorste hak defnitief ski boot so hy het verseker Sodwana of Moz se see en sand geproe, vind ook net uit of die head nie n fyn krakie dalk in het nie, ek weet toe ek begin soek het na n Patrol het ek so 2 of 3 raakgeloop waar ouens skibote gesleep het teen Jozini uit oppad na Sodwana en dan het hul heads n bietjie seergekry.
Shalom
Re: Who's Patrol was this?
Posted: 23 Nov 2011 08:48
by Sias
Hier is die kar
http://johannesburg.gumtree.co.za/c-Car ... Z332620859
0715205332
221000km vir R69995
Ek sien hulle adverteer hom as 'n Isuzu?
Re: Who's Patrol was this?
Posted: 23 Nov 2011 10:48
by Kagiso II
dis die 'specs' wat hulle byskryf:
1993 Nissan Patrol 4.2 4.2L White 221 000 km Petrol, 4x4, 5 Doors, Manual, FSH, Mags, ABS, Adjustable steering column/wheel, Air bags, Air conditioning, Alarm, Bumper and mirror in color, CD, Central doorlocks with remote control, Electric mirrors, Electric windows, Foglights. R69 995
maar dan skryf hulle die bumper en spieƫls is "in kleur" menende dieselfde as die bakwerk .. en dis ge-chroom
Wat my laat dink, hulle het so 'n standaard rympie vir alle karre - en die feite is tersyde ..
MAAR ek sal vandag daar verbyry en bekyk [ek si mos nie hard-up nie, immers ek het vir Boezman

]
Re: Who's Patrol was this?
Posted: 23 Nov 2011 12:17
by Peter Connan
Oom MAc, as daai kar airbags in het, is ek 'n dronk tor...
En hy't ook nie mags nie, hy't standaard gekroomde ysterwiele, en ek sien spots maar nie misligte nie.
Ek hoop net hulle praat nie ook stront oor die FSH nie ne?
Maar as alles reg werk en nog in goeie kondisie is, dan is die prys omtrent reg, en die myle klink reg vir die ouderdom en die tipe kar?
Re: Who's Patrol was this?
Posted: 23 Nov 2011 14:40
by Tinus lotz
is daai nie een van die 4.2 met inspuiting engine nie want hulle het baie bells ens gehad !!!!
Re: Who's Patrol was this?
Posted: 23 Nov 2011 15:07
by Peter Connan
Tinus as far as I know fuel injection only became available later (I think '95).