Page 1 of 1
Warm Ratkierie
Posted: 17 Nov 2011 22:35
by Les
Nou die dag agtergekom die Patrol '95 ratkierie word besonders warmer as normaal. KOOPS wat my groot diens gedoen het, het laat blyk dis 'n seël op die ratkas wat gedaan is. Enige aanbevelings van 'n goeie ratkas plek (wat nie my onkunde gaan uitbuit nie...)? Ek is aan die Wesrand en het die klits plaaslik laat vervang, maar is nie lus om hom terug te vat nie.
Les
Re: Warm Ratkierie
Posted: 18 Nov 2011 07:46
by Peter Connan
Les ek het nie vir jou goeie antwoorde nie, maar in Main Reef Road daar agter westgate is Roodepoort Diff and Gearbox. Vermy hulle. Ek het so 'n paar jaar gelede vir hulle 'n renault 16 ratkas gegee om reg te maak. Sommer vir hulle my manual ook geleen. Na 'n week bel ek om te hoor wat aangaan: "jammer meneer, ons kan nie bearings kry nie". Ek kry toe self bearings gekry en lewer hulle af.
Drie weke later wag ek nog steeds, toe ry ek soontoe en loop reguit in die werkswinkel in om te sien wat aangaan, toe kom ek agter hulle het geen idee hoe om hom weer aanmekaar te sit nie. Toe vat ek hom huis toe en doen dit self, en glo my as ek dit self kon regkry kon dit nie baie moeilik gewees het nie.
Re: Warm Ratkierie
Posted: 18 Nov 2011 10:26
by David
Les, op my ou Safari het ek 'n soortgelyke probleem gehad.
Die ratkas behoort 'n rubber seël te hê waar dit deur die vloer kom. As die seël stukkend is of nie reg in plek is nie kan daar baie hitte van die exhaust ens. daar inkom. Haal die boonste boot af en kyk of die seël in plek is

Re: Warm Ratkierie
Posted: 06 Dec 2011 20:51
by Les
Dankie vir die raad en waarskuwings.
Kry nou eers weer kans om internet te doen hier in die Moz se gammadoelas.
Het intussen gehoor v/d seël. Sal probeer.
Ook amper 'n bloutjie geloop met C&B. Hulle moes spesiaal 'n domkrag gaan koop om die Patrol se klisplaat te vervang! En toe brand hy amper uit. Hulle het darem hard probeer...
Waar is tog 'n goeie plek aan die Witwatersrand/Pta area waar 'n man met gemoedsrus jou Patrol kan invat vir sulke dinge?
KOOPS het waarlik woema terug in die Patrol gesit. Kan dit amper nie glo nie, maar weet nie of hul opgewasse is vir die ander goete nie.
Re: Warm Ratkierie
Posted: 06 Dec 2011 20:59
by Les
Ja-nee, Peter ekself het die warm word agtergekom toe ons 'n paar dae naby Rustenburg gaan uitspan. Ek vat die Patrol toe na 'n kennis in Rustenburg wat hom weer na 'n motorherstelplek kennis van hom vat en hulle spuit toe die verkoeler skoon! Daar het darem 'n klomp modder uitgekom...
Re: Warm Ratkierie
Posted: 06 Dec 2011 22:08
by Tinus lotz
Auto box in pta hulle verstaan patrols bogey man se patrols se ratkaste word deur hulle gedoen!!
Re: Warm Ratkierie
Posted: 07 Jan 2012 10:30
by Les
Dankie
Les