Page 1 of 1

zd 30 alternator

Posted: 12 Nov 2011 20:26
by cbadenho
My alternator het gekalf. Kon nerens onderdele kry nie. net by agente op ordrer (rectifier/regulator assembly) Teen R4500. Julle lees nie verkeerd nie. Vier en 'n half duisend Rand.
Kry toe 'n plek op Internet Sparxx, hulle is in Brackenfell (kan ook oor die net bestel) Hulle voer alerhande elektroniese onderdele in (ook die wat nie algemeen verkrygbaar is nie). Die uiteinde van die saak is rectifier,regulator en bearings R450.

Re: zd 30 alternator

Posted: 12 Nov 2011 22:13
by Grootseun
J a SParxx het daai pnderdele , het self maandag die plesier gehad dat my zd30 sin gegroet het , vir wat dit werd is het R900 betaal vir n nuwe Almera unit en net die clutch pulley oorgedra , direkte bolt in en alles werk

Re: zd 30 alternator

Posted: 13 Nov 2011 10:22
by ChristoSlang
Ek het soortgelyke pyne gehad - uiteindelik sommer 'n splinternuwe 140A Delco alternator vir net R2000 ingesit en nog nooit teruggekyk nie :thumbup:

My sage is op die forum gepos vir die wat belangstel...

Re: zd 30 alternator

Posted: 13 Nov 2011 11:48
by Grootseun
Daai Delco is awesome ja Christo maar op die zd30 is daar nei spasie vir dit nie , dit is erg beknop , jy kan dit waarskynlik in n ander plek as standaard monteer maar dan raak die multigroove clutch pulleys ens weer n kopseer , het wel self verskeie van daai delcos op die insleep voertuie gesit en daai manne love dit , die ou zd30 spasie probleem is enigste ding wat lol

Re: zd 30 alternator

Posted: 13 Nov 2011 19:56
by ChristoSlang
Multi-groove belts? My 4.2 diesel weet nie wat dit beteken nie!

Ons ouens leef nog in die era voor engine management, air flow meters, exhaust gas recirculation, particulate filters, ens. :rolling:

Re: zd 30 alternator

Posted: 14 Nov 2011 09:25
by Grootseun
Wees bly , multi groove belts en clutch pulleys maak dit n ander storie as jy wil iets anders opsit
So van die os op die jas as daar 3.0 manne is wat nie die tool het om daai clutch pulley af te haal nei ek het ene :thumbup:

Re: zd 30 alternator

Posted: 15 Nov 2011 10:29
by Stefan
Thanks, jy's net bietjie ver! :biggrin:

Re: zd 30 alternator

Posted: 15 Nov 2011 22:18
by Grootseun
Stefan ek kom des St Francis baai toe as dit help :rolling: