Page 1 of 4

CAMPING BED

Posted: 11 Jun 2009 12:05
by KOOS BEST
I have posted this on the 4x4 community site before. What do you Patrol guys sleep on when we out there in your tent.
I am gatvol of the air matresses. They always have a slow leak and dont sleep so lekker .
I have found this on the web, quite popular in the USA.Seems to be nice.
Pse post your ideas
Its called Egg grate foam, or Conviluted Foam.
Image
Sleep tight
Koos

Re: CAMPING BED

Posted: 11 Jun 2009 12:21
by Herrie
My vrou met haar rug probleem sukkel om van die grond af op te staan. Ek het altyd 'n opvou dubbelbed gebruik wat ek van hout gemaak het - maar hy vat teveel plek as ek nie die sleepwa saam vat nie.

Dink daar aan om een uit square tubbing te maak.

Re: CAMPING BED

Posted: 11 Jun 2009 12:51
by KOOS BEST
Herrie, ek het al gedink om n roofrack te maak wat n dubbel bed word ook . MAW veeldoelig , dakrak en dan n bed op pote en rol dan die matras bo-op uit.Die manier hoe mens dit op en afhaal moet vinnig en maklik wees.
Grondslaap is ook nou uit, soek bietjie meer comfort.
Wat se matras was bo op die hout bed?
Koos
ns! Was daai bed nie n bietjie krakerig nie!

Re: CAMPING BED

Posted: 11 Jun 2009 14:07
by Stefan
Het eers een van daai dubbelbeddens met die spinnekop pote gekoop. Na os vorige kamp by Bontebok park waar ek 5 keer in die nag moes opstaan om die lekkende matras te pomp (swambo het rugprobleme) het ons terug gegaan na die oorspronklike - Howling Moon stretchers met opblaas matrasse - werk soos 'n bom.

Re: CAMPING BED

Posted: 11 Jun 2009 14:39
by KOOS BEST
Jy sien Stefan, mens mors energie om n matras te pomp deur die nag, ek kan aan baie beter en lekker dinge dink om mens se energie beter te gebruik!!!!!.
Is die howling moon stertchers dubbel of enkel?
My probleem ek weeg 105kg en vroulief slegs 50kg, so met n opblaas le sy baie hoer as ek , veral as hy lug verloor, ek op die grond sy lekker 6 duim in die lug.
Koos

Re: CAMPING BED

Posted: 11 Jun 2009 15:11
by Herrie
Koos, ek het 'n opblaas matras gebruik. Ons het tans een van daai Intex dubbel matrasse wat so 40cm hoog is met ingeboude pomp (220V maar ek het 'n 1000w inverter). Hy het goed gewerk maar die vrou wou hom nog stywer gehad het. In Sawuti het hy begin afblaas - het iewers 'n doring opgetel en soek nog steeds die gat!

Re: CAMPING BED

Posted: 11 Jun 2009 16:05
by Stefan
Koos, ek stem saam! Ons laaitie is nou 3.5j en slaap saam met ons in die tent so mens moet maar stilletjies te werk gaan as hy eers slaap.

Die stretchers is enkel en die matrasse ook, so elkeen kan lekker gemaklik lê. Die matras is eintlik net vir Swambo, die stretcher is fine vir my. Dit is ook baie makliker om 2 enkel stretchers in die tent in te manuever as 'n dubbelbed.

@ Herrie: LOL - weet presies wat jy bedoel.

Re: CAMPING BED

Posted: 12 Jun 2009 07:29
by Aussieboertjie
:biggrin:

Ha ha , nou lekker gelag vir julle ervaringe met die opblaas matrasse...! Kêrels maar as julle dan nie kan slaap dan moet daar mos maar ietse anders wees om mee besig te bly....

Re: CAMPING BED

Posted: 12 Jun 2009 09:25
by KOOS BEST
Aussieboerjie, n man moet darem rus ook en weer krag opbou.
Ek maak die bed my vlge projek, hou hierdie topic dop , sal een maak en julle wys. Groot storie hier is spasie, mens moet SLIM te werk gaan en iets baie goed "engineer" sodat dit maklik werk .
Opblaas is ek nou meer klaar.
Image
Is die foto nou groter , hoop so
Koos

Re: CAMPING BED

Posted: 12 Jun 2009 09:41
by Herrie
Koos jou roofrack bed sal werk - dit sou my volgende projek op my sleepwa gewees het maar ek gebruik nie meer die sleepwa nie.