Page 1 of 1

Daktent Posisie

Posted: 10 Oct 2011 07:28
by Dolf
Ek wil bietjie uitvind wat is die foute wat mens nie moet maak wanneer jy 'n daktent op 'n vollengte dakrak installeer. Watter posisie is die beste, voor of agter? Watter kant moet hy oopslaan, links, regs, voor of agter? Dis nou vir 'n daktent wat geen kamers of skerms het. Ondervinding asb manne (en dames verseker ook!)

Re: Daktent Posisie

Posted: 10 Oct 2011 07:36
by Peter Connan
Dolf persnnonlik voel ek hy moet voor op wees, want dan kan jy die res van die dakrak nog lekker maklik bykom, en veral omdat die ander goed wat ons op dakrakke wil dra (soos jerry kanne en gasbottels ens.) geneig is om heelwat swaarder per area te wees, en dus liewer agter moet wees oor die sterkste dakpilare.

Daar is egter een voordeel van 'n daktent wat agtertoe oopmaak: hy maak skaduwee en droogte oor die agterdeur waar jy werskaf met kosmaak. Maar ek voel dis beter om 'n uitswaai-afdak daarvoor te gebruik.

Het jy dus nou 'n dakrak gekry?

Re: Daktent Posisie

Posted: 10 Oct 2011 08:02
by Dolf
Dankie Peter, my eerste keuse posisie is definitief ook voor, nog net nie seker of ek hom vorentoe of regs wil oopslaan. Wil net bietjie hoor wat almal te sĂȘ het oor die voor en nadele. Vir die skadu en droogte agter het ek reeds 'n lekker afdak wat daar sal werk.

Ek het nog nie 'n dakrak maar sal heel waarskynlik die naweek een kry. Hou maar duim vas dat dit sal deurgaan.

Re: Daktent Posisie

Posted: 10 Oct 2011 10:38
by Wilfred Moore
Hi Dolf, ek het myne na agter laat oopmaak. Dit is sommer terselfdertyd 'n afdak oor die kombuis area (Agterkant van die voertuig) Met die "Add -a - Room" werk dit dan heerlik as die weer sleg is en jy wil kos maak.

Some people are cocerned if you put it at the back, the Lions can jump on the bonnit of the car and therefore reach the tent. Well, just open the bonnit and they can't jump up.

Ek het nou 'n afdak agter gemonteer met my tent na die kant. Dit gee nou weer opsies om binne die voertuig te kom by die agterdeur. Die afdak het nou kant seile om toe te maak indien die weer sleg is. Sien fotos.

Re: Daktent Posisie

Posted: 10 Oct 2011 10:55
by Dolf
Dankie Wilfred, dis hoekom ek besluit het om bietjie te vra, hier kom altyd baie goeie planne uit. Dankie vir die foto's dit verduidelik baie mooi. Ek het 'n soortgelyke afdak wat jy enige kant kan opsit afhangend van toestande. Dis net die tent, ek sien op die een foto het jy hom dwars na links oop en die ander een na agter. Kan jy hom sonder baie moeite se opsit of hoe hanteer jy die verskillende posisies?

Re: Daktent Posisie

Posted: 10 Oct 2011 14:14
by Wilfred Moore
Hi Dolf, Ek het monterings gemaak dat ek die tent net kan swaai en dan vasbout op die dakrak. Soos jy weet het Frontrunner (Dis die dakrak wat ek het) gleuwe waarin jy die boute kan sit. So ek maak 4 boute los en die tent is af.

Wilfred

Re: Daktent Posisie

Posted: 10 Oct 2011 14:43
by David
Ek verkies my daktent agter want daar is meer opsies vir staanplek as jy die tent moet opslaan en toerits in sy oortreksel wanneer jy oppak :thumbup: .
DT.JPG
DT.JPG (95 KiB) Viewed 5851 times

Re: Daktent Posisie

Posted: 12 Jan 2012 18:20
by Grant
Dolf,


I have fitted my at the front and it opens to the drivers side. The reason for this is I have a 270 deg awning that opens from the passenger side around to the rear of the car. The main reason I will not fit it towards the rear (my opinion) is because once you fit the "add a room" you struggle to open the wheel carrying door, esp[especially if you have bigger tires. Also when over-landing the rear tyre collects a enormous amount of dust and this then gets deposited on your tent every time you open the door.


Having the tent on the front also give me easy access to my gerry can and wolf pack on the rear.

:mytwocents: :mytwocents: :mytwocents: :mytwocents: :mytwocents:

Re: Daktent Posisie

Posted: 13 Jan 2012 21:06
by Dolf
Hi Grant, That was also the position that I decided to go for and worked 100% perfect for me as well. The roofrack that I got was 2,1 meter fitted with the rail at the back. This makes the tent for fit perfect in front.

But thanks for your feedback, confirmation!