Page 1 of 2
Ons eerste Trol
Posted: 04 Oct 2011 07:10
by Grootseun
So lyk ons eerste Trol - met n ZD30 handgrenaat ( ek hou van uitdagings )
Mods - sover niks - maar die boost gauge en EGT sal seker al saterdag in wees en waarskynlik n dumpvalve vir overboost protection
Gaan vandag kyk na n Nissan approved replacement bumper - die warn le al maande opi rak so hy kan dalk opkom en het ook reeds n fris kompressor aangeskaf vir bande pomp
Re: Ons eerste Trol
Posted: 04 Oct 2011 07:13
by Peter Vee
Very nice!
Am sure you are going to enjoy it too much.
Cheers
Re: Ons eerste Trol
Posted: 04 Oct 2011 07:21
by Herrie
Baie mooi - ons wag in spanning om te sien wat jy alles gaan doen!
Ek het vir jou 'n manual op cd met die 3.0D Reference dokument ook op wat jy nodig het vir jou handgrenaat.
Re: Ons eerste Trol
Posted: 04 Oct 2011 07:34
by Theuhan
Baie lekker
Die bou is altyd die lekker deel, en gelukkig hou dit nooit op nie.
Re: Ons eerste Trol
Posted: 04 Oct 2011 08:11
by Grootseun
Herrie , verwys jy na daai 129 bladsy dokument oor wat alles aangaan sover die EGT en EGR en Overboost probleme en oil catch tank en sulke dinge ?Het hom reeds op die net opgespoor maar ek sal enige ekstra info geniet , ek het jare lank my eie werkswinkel gehad en spesialiseer tans in Diagnostic equipment sales en training so ek speel graag maar weet wel dat jy nooit te veel info kan he nie , PM my die detail dan kan ons reel
Sover die res se welkom ens heet - dankie - gaan die trol sondag saam met n paar pelle De Wildt toe vat en kyk of alles werk soos dit moet en of ek nog kan onthou hoe om n ding in low range te handle was darem 2002 laas agter die stokke van iets met n transfer case
Re: Ons eerste Trol
Posted: 04 Oct 2011 14:01
by Mrowka
Congratulations! May it give you many years of service and pleasure!
Re: Ons eerste Trol
Posted: 04 Oct 2011 22:08
by Tinus lotz
baie netjies !!!!ek is seker ek het jou trol al hier in centorion sien ry!!!!ek wag vir bumbers voor en agter van g man af miskien hou jy van hulle ???ek is in rooihuiskraal dan kan ons sommer kyk!!
Re: Ons eerste Trol
Posted: 04 Oct 2011 22:14
by Grootseun
Hi Tinus , laat weet as jy daai Bumpers gekry het ek sal dit graag wil sien , ek is ook in Rooihuiskraal
Ek sit self tussen twee vure mt die bumoer kwessie , Grobbies het vir my die foto gestuur van die bumper wat hy het daar by Nissan vir R2000 , dit lyk netjies maar ek sien geen voorsiening vir n winch nie ( moet nog bumoer gaan beloer in persoon ) nou is die kwessie koop ek hom vir 2k en verander hom - maw bou n winch mount , jackpoints en foglights in of koop ek n Plasma cutter vir 4k en bou hom van scratch af soos ek hom wil he en het dan nog die tool oor om my agter bumper ens te bou
Decisions decisions
Re: Ons eerste Trol
Posted: 04 Oct 2011 22:20
by Tinus lotz
ja nee kyk n plasma is altyd handig!!!!ek behoort hulle volgende week te he sal laat weet ek ry more oggend 3uur moz toe vir werk en kom eers sondag terug

Re: Ons eerste Trol
Posted: 10 Oct 2011 22:48
by Grootseun
Goed so ek het daai bumpers wat Grobbies het gaan beloer en moet se baie baie netjies net een probleem , geen voorsiening vir winch nie en die mounts lyk effens lig vir n winch inbou so ek het ONCA gekontak wat hulle gebou het en stuur toe vir hulle die foto aan , hulle het bevestig dit is n light duty unit en nie geskik vir n winch nie - so vir die ouens wat net n kosmetiese bumoer soek met meer approach angle - Grobbies het rerig n goeie deal vir julle