Page 1 of 1
Trip in die Noorde
Posted: 29 Aug 2011 15:03
by Gerrie
Afgesien van die gewone goed om te doen daar in Gauteng en omgewing, watse ander lekker plekke daar rond is daar waar jy vir 'n naweek heen kan wegbreek??

Re: Trip in die Noorde
Posted: 29 Aug 2011 15:15
by Herrie
Mabalingwe (naby Warmbad) is baie lekker - hulle het die Groot 5 {leeus in 'n kamp} en 4x4 baan waar jy kan oefen asook 'n 4x4 roete in the berg.
Daar is 'n lekker resturant en warm water swembad, muurbalbaan en tennisbaan.
Re: Trip in die Noorde
Posted: 29 Aug 2011 21:41
by Kagiso II
CFAROUSEL is ook net entjie met die pad op as jy gestamp wil wees en 500rant inni water wil gooi ?
"Lekker" is ook relatief - Watter soort lekker het jy ingedagte? 4x4 'tracks' met kampeer g(e)riewe is nogal volop. Mabula het ook alles en nog wat maar geen 4x4 ens.
O-ja, en HOE ver is "noord" ? verder as ons is in jou boekie
Rondom Loskopdam is daar ook fantastiese rusplekke en Bufalo Gorge 4x4 roete is slegs vir tawwe ouens met tawwe karre

Re: Trip in die Noorde
Posted: 29 Aug 2011 21:48
by Tinus lotz
Haai gerrie
Rus de winter is nie te bad nie!!!!
Nee regtig, marakele, ens wat het jy in gedagte ? Kamp met iets om te sien
Of wil jy in n huis bly????
Re: Trip in die Noorde
Posted: 30 Aug 2011 07:46
by Peter Connan
Rondom die Marakele wildtuin/Waterberg omgewing is daar ook 'n hele gros 4x4 roetes en ander sulke goed.
daar is ook 'n paar 4x4 roetes in die omgewing van Heidelberg (ja ek weet dis nie noord van hier af nie, maar dit is noord van jou af).
En as jy bietjie verder wil ry is daar 'n hele
Laeveld?

Re: Trip in die Noorde
Posted: 30 Aug 2011 09:04
by Gerrie
Dis iets om vir 'n naweek te doen met 'n paar grondpaaie en miskien 'n 4x4 roete of twee. Lekker kamp/blyplek en iets vir die hele gesin.
Rust de Winter se klas van ding sal perfek wees.
Dalk iemand wat my vir so paar dae wil join as ek daai kant toe kom??
Die groot plan is om te explore...
Re: Trip in die Noorde
Posted: 01 Sep 2011 10:04
by Peter Vee
Hi Gerrie,
Am looking to do something similar - have a wanderlust problem and always keen to explore - let me know what your intended timings are - might match my diary.
Cheers,
Peter