Page 1 of 1
Solar Panels
Posted: 23 Aug 2011 13:06
by Gerrie
Weer ek met 'n vraag - wat is die goed waarna julle kyk as dit kom by solar panels? Wat is die vrae wat jy moet vra en wat is die name om voor uit te kyk?
Thanks julle
van 'n AMPERSE Patrol (Safari) eienaar..
Re: Solar Panels
Posted: 23 Aug 2011 15:30
by Peter Connan
Gerrie solar panels is een van die areas waar daar op die oomblik baie geld gespaar kan word deur bietjie rond te kyk en nie net die eerste een te koop nie. Omdat dit basies "solid state" is, sonder bewgende dele, is dit een van die dinge wat goedkoper nie noodwendig beteken dat hy vinniger gaan breek nie. Maak egter net seker dat die kraguitset darem iewers naby aan die vervaardiger se beloftes kom, of ten minste hoog genoeg is om aan jou vereistes te voldoen.
Uit 'n praktiese oogpunt kry 'n mens baie lekker panele wat opvou en in drasakke kom, maar daar is een vervaardiger wat 'n paneel maak wat kan oprol soos 'n seiltjie. Dit is waarskynlik ook die ligste paneel vir sy grote, maar ongelukkig ook die duurste. Ek kan ongelukkig nie hulle name onthou nie.
Re: Solar Panels
Posted: 23 Aug 2011 19:01
by Abri Hoffman
Try Current Automation in Kya Sands. There prices are generally very good.
http://www.rectifier.co.za/Solar/Solarworld.html