Page 1 of 1

Richtersveld

Posted: 01 Jun 2009 10:30
by Aries66
Hallo Julle.

Ek gaan einde van die maand op my eerste "overland trip" Richtersveld en omgewing besoek. Ons is sover (5)vyf gesinne wat die trip gaan aandirf, ons vertrek die 27 ste Junie tot 12de Julie. Die groep sal bestaan uit 4 Patrols en een Hardbody, so ons verwag darem nie veel probleme nie.

Enige raad van julle wat al daar was. Wat my nog so biekie laat wonder, die nagte in die omgewing kan maar koud raak, ons Pretoria mense ken mos nou nie regtig van koue wintersnagte nie.

Meeste voorbereidings aan die Patrol is afgehandel, drawer system, Duel Battery, Radio 29 MHz, 10 extra power plugs(6 lighter sockets, 4 heila plugs), 50l Vrieskas en 55l water tenk. Enige ander voorstelle??

Die Trailer word nou deur OFFTRAX (www.offtrax.co.za) gebou. Enige voorstelle oor toerusting wat in die trailer gebou moet word??

4x4 Groete

Louis

Re: Richtersveld

Posted: 01 Jun 2009 12:55
by Herrie
Dit klink vreeeeeeslik lekker - onthou die verslag :clap:

Re: Richtersveld

Posted: 01 Jun 2009 12:58
by Herrie
Ons het een van Chris se trailers saam op die Botswana uitreik. Die klomp behoord vanaand in Seronga te wees nadat hulle die naweek by New Xanagas was.

Re: Richtersveld

Posted: 04 Jun 2009 09:36
by Jacques Dowd
Louis, dis n mooi wereld daai...

Waar presies in die Richtersveld gaan julle wees? Gaan julle net kamp of ook in Chalets bly? (Tatasberg chalets is n wenner vir n aand of twee)

Re: Richtersveld

Posted: 04 Jun 2009 14:33
by Aries66
Hi Jacques.
Ons gaan kamp die enigste keer wat ons nie kamp nie is op Vryburg.
'N voorlopige beplanning van hoe die tyd gaan verloop is as gevolg.
Slaap by
26-Jun Vryburg
Satuday 27-Jun Upington
Sunday 28-Jun Springbok (Duine)
Monday 29-Jun Kleinzee
Tuesday 30-Jun Lekkersing
Wednesday01-Jul Richtersveld
Thursday 02-Jul Richtersveld
Friday 03-Jul Kuboes omgewing
Saturday 04-Jul Vioolsdrif
Sunday 05-Jul Kamgab
Monday 06-Jul Kamgab
Tuesday 07-Jul Pella
Wednesday08-Jul Riemvasmaak
Thursday 09-Jul Loch Maree
Friday 10-Jul Loch Maree
Saturday 11-Jul Red Sands
Sunday 12-Jul Keer huiswaarts

Die fotos en inligting wat ek sover op die net gekry het maak my ook net nog meer opgewonde.

Re: Richtersveld

Posted: 04 Jun 2009 23:04
by Saltman
Ai, klink lekker!

Die Richtersveld bly een van my gunsteling plekke! Ek het al van 1 jaar (April 2002) 53 grade Celsius gemeet en dan weer (April 2006) het ons vroeer opgepak en gery aangesien die reen so kwaai was dat die slote deur ons kamp gespoel het en ons maar versigtig was vir die terugryslag - die reenwater loop in die pad wat jy moet ry af rivier toe! So wat ek wil se is: wees voorbereid op 'n verskeidenheid van weerspatrone en/of omstandighede. As die mense by die kantoor se jy moenie te naby aan die rivier kamp nie of andersom - luister maar, hulle praat uit ondervinding!

Kyk of jy iewers inligting kan kry oor die huidige padtoestande in EN rondom die park - bel die Sendelingsdrif kantoor of een van die myne.
Ons was laas jaar April vakansie daar en die pad het toe so paar maande tevore erg verspoel en die terugtog van De Hoop deur Helskloof uit het 4,5 ure geneem in plaas van so 2 ure. Dit mag dalk nou daar reen of gereen het (ons weerspatrone is mos maar lekker deurmekaar op die oomblik), so dis belangrik om te weet wat se toestande om te wagte te wees. Die toegangsroetes kan lekker dik modder raak wanneer nat, wees versigtig vir gly, veral as jy swaar gelaai is!

Vat genoeg vars drinkwater saam. Ons het in 2006 een geval van Bilharzia gekry agv van die rivier water wat van bo af kom - deur Gauteng en die Vrystaat en dan natuurlik ook die Noord-Kaap - oral bly daar maar mense langs die riviere en die gepaardgaande gemorsery. Nou moet ek byvoeg dat ons heelwat stroomversnellings gery het en ek vermoed dis waar die parasiet opgetel is.

As jy van stof ry hou en lus is vir speel ry van De Hoop af Richtersberg toe. Maar maak maar daardie aand jou lugfilter skoon!
Sorg dat julle 'n ordentlike tyre repair kit saamneem en weet hoe om hom te gebruik. Ek het onlangs weer gesien hoe breek die naald wat die plug moet indruk af, ek sal nou nie so ver gaan om die operator te blameer nie, maar ek het my voorbehoude! Die rede vir die herstelkit is dat daar lekker klip en rots terrein is!

Die dae behoort lekker te wees, vat maar sonroom saam. Jy is reg, die nagte langs die rivier kan lekker koud raak (die nat Kaapse koue, nie daai droe Pretoria koue nie). Vat maar lekker warm klere saam vir die aande.

Onthou om buite die park jou brandstoftenks vol te maak. Afhangende van watter rigting julle kom, ek sien die program dui Kleinzee en Lekkersing aan. Ek sou aanraai om by Kleinzee en miskien Port Nolloth vol te gooi (as julle wil terugry PN toe) Slegs Sendelingsdrif het brandstof - maar wees versigtig, ons het al daar aangeland, dan is daar nie brandstof nie!

Vra maar as daar nog inligting is waarmee ons miskien kan help!

Re: Richtersveld

Posted: 05 Jun 2009 06:52
by JohnBoyZA
Remember there are 2 parts to the Richters.
A = National Park = where most people go
http://www.flickr.com/photos/jhemurray/ ... 711619932/

Image

B = Wild side = Nababiep - We did this one last year - you wont see too many people here and you can really get away from it here.
http://www.flickr.com/photos/jhemurray/ ... 029356291/

Image

Image