Page 1 of 1
Dagboek in WegRy
Posted: 25 Jan 2011 09:43
by Gerrie
Hello ouens
Kom ek val sommer met die deur in die huis...
Ons hier by WegRy is van plan om, noudat ons maandeliks op die rakke is, 'n gemeenskaps-dagboek in die tydskrif te publiseer.
So nou vra ons julle om julle klubs en groepe sy GTG's en vergadering se details vir my te e-pos dat ons dit in die boek kan sit.

So sal ons die ouens wat dalk die boodskap mis op die forums kan betrek en dalk kan julle ook nuwe lede werf.
Stuur alle inligting van sulke vergaderings en byeenkomste aan
gerrie@wegry.co.za
Belangrik! Onthou om datums en kontakbesonderhede by te sit.
Thanks
Gerrie
Re: Dagboek in WegRy
Posted: 25 Jan 2011 10:10
by Stefan
Hi Gerrie,
Dit is 'n great idee! Sal lekker wees om te sien wat aan die gang is met al die klubs ens. Ek geniet WegRy, klink net somtyds vir my asof die manne wat skryf nog nooit van 'n Patrol gehoor het - dus koop ek baie LeisureWheels.
Re: Dagboek in WegRy
Posted: 25 Jan 2011 11:16
by Peter Connan
Nice one Gerrie
Ek is nou net bekommerd ses van ons stuur vir jou briefies oor die selle geleentheid. Guys how can we co-ordinate this so the poor guy doesn't get his inbox flooded for one occasion?
Can we ask one of the moderators to take care of this, or does the guy (or girl) who initiates the event responsible for letting Gerrie know? or can somebody else come up with a better idea?
Cheers
Peter
Re: Dagboek in WegRy
Posted: 25 Jan 2011 20:54
by Saltman
Hi Everyone
Here is my 2 cents worth on how to manage the diary entries:
Normally an event is set in motion by someone raising the issue - requesting a gtg or suggesting a date for an event.
Everyone else then pitches in with their comments until the event and date is cast in concrete.
I am suggesting that the initiator contacts Gerrie or Wegry once the "casting" has been completed.
This way the "owner" of the event is responsible and accountable for the event and its communication.
This will prevent a horde of emails to Wegry or a Patrol4x4 diary (Hint Hint ... Johnboy) for the same event.
The danger is of course that by the time the event is published it may well be over subscribed.
The positive spin as was mentioned is that the forum will become known and attract more members / readers etc.
Re: Dagboek in WegRy
Posted: 25 Jan 2011 22:09
by Stefan
That's a great idea Herbie!
Still way too many Patrols driving around who don't have stickers / participate on the forum.
Wat is julle planne met die ander klubs / forums Gerrie?
Re: Dagboek in WegRy
Posted: 27 Jan 2011 09:50
by Gerrie
Jip, ons weet Patrols feature bietjie min. Dis iets waaraan ons nogal besig is om te werk en julle ouens moet vir ons julle stories ook stuur. En as ek self 'n Patrol kan kry sal ek nogal vrek gelukkig wees (weer my ou skimp van 'n Patrol wat op die werf staan en jy dalk van ontslae wil raak!

)
Oor die koördinasie van events vir my stuur, ek dink die idee van die persoon wat aan die hoof van die ding staan, die organiseerder, moet my asseblief laat weet. Ons doen dit regtig met die doel om die hele 4x4 gemeenskap bewus te kry van wat aangaan. En ons wil definitief bewustheid skep onder mekaar van wat gebeur by ander klubs ook. Sê nou maar die ouens van die Nissan-forum reël 'n GTG in die Vrystaat, maar jy is nie deel van die forum om daarvan uit te vind nie. Op die ou einde van die dag, as ons dit publiseer en hulle kort nog nommers om vol te maak, kan hulle dit dalk oorweeg om 'n verdwaalde Toyota of Isuzu wat nie by sy eie klub se goed kon uitkom nie saam te nooi. Op die ou einde van die dag maak die badge voor op die neus ook mos nie soveel saak nie. Dit gaan oor saamry in die veld en lekker kuier saam met ouens wat dieselfde voel oor 4x4... ('n Baie lang manier om dit te beskryf, maar ek hoop julle verstaan)
Die idee agter die hele ding is dus net om ouens bewus te maak van die ander klubs en geleenthede naby aan hulle... As dit byvoorbeeld 'n Patrol Only event is, kan ons dit so adverteer ook, maar meeste van die tyd is dinge mos maar oop, of hoe?
So stuur julle stories en ou Patrol's vir my... Hehehe!!
Groete en lekker ry!
Gerrie
Re: Dagboek in WegRy
Posted: 01 Mar 2011 15:00
by Gerrie
Raait, dis nou weer 'n nuwe maand en ons soek weer julle dagboek-inskrywings... so manne, slaan oop julle dagboeke en hou asseblief julle ore teen die grond. ENIGE 4x4-verwante byeenkoms is reg vir ons!
Dankie ouens!
Gerrie

Re: Dagboek in WegRy
Posted: 01 Mar 2011 20:59
by Herrie
Hi Gerrie, die Nissan 4x4 Klub se inligting is darem alreeds in Wegry.
Die Nissan 4x4 Klub is ook hierdie jaar verantwoordelik vir die beplaning van die AAWDC se "Charity Run" vir die 5de Junie waar ons alle 4x4 klubs en enige 4x4 eienaar wat wil help, om bydraes te maak - klere, komberse, blikkieskos, ens. - wat ons dan aan die SA Rooi Kruis sal oorhandig om dan uit te deel vir die wat dit nodig het. Daar is plekke waar hulle voertuie nie kan uitkom nie waar 4x4's benodig gaan word vir die aflewering - veral in die Oos-Kaap. Die Nissan 4x4 Klub het nie lede daar nie en hopelik sal van die ander klubs of selfs enige 4x4's in die omgewing ons help on die aflewering te doen.
Sal julle ons kan help om iets in die Wegry hieroor te publiseer?
Re: Dagboek in WegRy
Posted: 02 Mar 2011 08:38
by Gerrie
doodreg Herrie
Julle het darem al die flyer vir my gestuur, so ek het die inligting.
sal iets in die Mei-uitgawe oor dit doen, maar sal intussen iets op die website sit oor dit...
Gerrie
Re: Dagboek in WegRy
Posted: 02 Mar 2011 19:20
by Herrie
Baie dankie Gerrie, ek sal vir jou meer inligting gee oor wat ons alles beplan.