Page 1 of 1

Namibia 2010

Posted: 13 Jan 2011 21:42
by Willie
Hi almal

Ons was die desember weg vir 19 dae en 6000 km verder het alles goed afeloop en ook baie lekker.

Die Patrol het homself goed gedra net die radiator het 'n lek gekry in sossusvlei waar daar niks is die het soos 'n oop kraan gedrip. Maar ons was die volgende oggend verder en 2000 km later ry die kar nog sonder 'n lek en die oplossing was 2 pakkies kerrie poeier in die radiator . Die radiator is darem vandag uitgehaal en vir die regmaak .

DAg 1
Ons is deur Botswana na gobabis waar ons geslaap het . die patrol was dors met die wind van voor so 4km per l
Dag 2-6
Swakopmund . Ons het alles daar gedoen van cape cross ,hennties baai ,dune 7 ,maanladskap , oudste welwitshia in die wereld asook sandwich habour . Onthou maar net om jou dag permit te kry dan is als reg op sandwich habour strand het hulle dit gevra nadat daar 3 polisie bakkies op ons afgestorm het wat die gebied patroleer besef 'n mens hoe belangrik die permit is . Het wasgeval in die duine en ook uitgekom
Dag 7
Sossusvlei . Dit is darem mooi daar moelik om te beskryf
Dag 8-11
Luderitz . Dit was 'n teleurstelling dat ons nie Elizabeth bay in die spergebied kon besoek nie .Ek was nie bewus daarvan dat 'n permit meer as 2 weke voor die tyd aangevra moet word nie .Ons was darem van Diaz punt tot Witmuur asook Kolmanskop se spookdorp en agate strand . Moet se dit is nou nie jou tipiese strande nie
Dag 12 -13
Die fish river canyon . Dit is die 2de grootste canon in die wereld mens voel nogals klein daar op die hoogtes .
Dag 14-15
Die augrabiese valle net buite Upington . Dit was 'n ongelooflike gesig in vloed en die dreuning daarvan voel jy in jou binneste.
Dag 16-17
Was ons by Witsand maar dit het baie gereen en ons het die brullende duine gemis .Die voordeel was die 70 km grondpad of moet ek eerder se die rivier met al die reen was 'n avontuur op sy eie.

En toe moet ons maar terugkom huistoe om weer te spaar en werk vir die volgende trip
hier is 'n paar fotos solank

Re: Namibia 2010

Posted: 14 Jan 2011 07:14
by David
Bly darem maar 'n mooi plek - dankie vir die foto's - dit maak my sommer weer lus vir ry :thumbup:

Re: Namibia 2010

Posted: 14 Jan 2011 07:21
by G-MAN
Awesome! :coolphotos:

Re: Namibia 2010

Posted: 14 Jan 2011 07:51
by Peter Connan
Dankie Willie, baie mooi!

Re: Namibia 2010

Posted: 14 Jan 2011 15:54
by Diekie
Baie dankie vir die roete verslag.Ek wens ek kan weer n bietjie daardie gedeelte van die wereld besoek, dit bly maar n mooi plek daai :thumbup: .

Re: Namibia 2010

Posted: 14 Jan 2011 18:06
by davejones
Beautiful, thanks for sharing! :coolphotos: :coolphotos:

Re: Namibia 2010

Posted: 14 Jan 2011 21:22
by Aries66
Baie mooi. Maak mens net lus vir pak en ook gaan kyk.

Re: Namibia 2010

Posted: 15 Jan 2011 10:03
by tour de frans
Mooi man,lekker laat my verlang na my trippie soontoe 2 yaar terug. :clap:

Re: Namibia 2010

Posted: 19 Jan 2011 21:32
by Ruben
Dankie vir die deel Willie. Dit klink asof julle n wonderlike tyd gehaat het.

Groete

Re: Namibia 2010

Posted: 22 Jan 2011 00:37
by Mammoth
Hi Willie

Dit lyk awesome..! Het gehoor dat die sand jou kar mooi kan "sandblast" as jy die verkeere wind in daai wereld raakloop!