Page 1 of 1
Los draad onder die Diesel filter
Posted: 04 Dec 2010 07:02
by Izak
Goeie more aan u almal.
Gister brand my Patrol se enjin liggie 'n helder mooi oranje. O nee, nie 'n handgranaat wat nou gaan afgaan nie. Met bewende hande, sweet wat my aftap haal ek die boekie uit. Dankie tog, dis net water in die Diesel filter.
Die probleem is, langs die water pypie wat uit die filter kom is daar 'n elektriese draad wat afhang en wat aan niks vas is nie. Ek het die flits gekyk maar sien nêrens waar hy (dis die "male" kant) moet in plug nie.
Kan iemand dalk in hulle 2003 + diesels gaan loer waar daai pluggie indruk.
Thanx
Izak
Re: Los draad onder die Diesel filter
Posted: 05 Dec 2010 13:00
by KOOS BEST
Izak, as jy kyk reg onder die filter se dreinerings skroef kom die draad uit. Myne het daar "flush" afgebreek. Daardie draad raak so styf en hard van diesel en hitte dat dit makilik afbreek, maar reg onder die filter is die "male coupling" waarin die ding prop. Mens moet altyd eers die koppelings los maak, en dan kan mens eers die filter losdraai en vervang.Ek het lank sonder die draad gery , en maar gereeld die water dreineer.
Nog n algemene oorsaak van die liggie , is swak "earthstrap" na die enjin of n los battery pool.
Re: Los draad onder die Diesel filter
Posted: 06 Dec 2010 20:29
by ChristoSlang
Izak, as ek jou reg verstaan weet jy die een ent van daai draad hoort onder aan die filter... maar jy soek die plek waar sy ander kant moet inprop?
Wetie of dit sal help as ek gaan loer op my 4.2 diesel enjin nie, maar as niemand met 'n 3.0 diesel jou wil help nie sal ek met graagte gaan kyk

Re: Los draad onder die Diesel filter
Posted: 06 Dec 2010 22:10
by Stefan
grapgat!

Bietjie dol vandag Izak, sal môre loer en jou laat weet
Re: Los draad onder die Diesel filter
Posted: 06 Dec 2010 22:17
by Kagiso II
eisjjjjjjj - sorri Izak, Agarob staan by SAC ... met 'n enjin liggie wat nie wil vrek nie en wat hulle kompjoetr nie kan i/d nie. Toe vat ik pasere week Donnerdag vi Agarob na di eDatsun mense toe - hier in Menlyn - toe plaak lle lle se kompjoetr in en toe se lle se kompjoetr dis "Fault p-9" [Fuel communication link] en hulle vertaal dit as die "fuel pump"
Nou moet SAC dit sort - maar vamirrag foun hulle my en se die turbo is totaal kisboude...
ek dink daar is + - ± plus-or-minus, ongeveer sowat 256,000 goeters wat daai liggie kan laat brand

maar die Datsun mense vra nie sjelt ommi kompjoetr te plaak nie ... en ten minste kan hy sien wat fout is ???
