Page 1 of 2

Hennie Groenewald

Posted: 29 Nov 2010 11:41
by HennieG
1. Name: Hennie Groenewald (geen familie van die renjaer nie)
2. Birthday and Age: 30 April (53)
3. Town and Country of residence: Pretoria
4. Home Language: Afrikaans
5. Occupation/Business: Openbare gesondheidsdiens
6. Family status: Getroud/ Married
7. Membership - Other 4X4 Clubs and Forums: Geen/ None
8. Current 4x4: 2001 Patrol 3.0 GRX Auto
9. Current Mods: Iron man suspension, Pro Comp shocks, Front Runner laaistelsel en bagasierak, Dastek Unichip, Dual battery
10. Mods on wish list: Replacement steel front bumper, better All Terrain rubber. Probably Pro Comp AT's from Willie at Wild Africa 4x4.
11. Vehicle on wish list: Patrol 4.8
12. Previous 4x4's: None
13. Last offroad or overland destinations: Malanga (Moz), Kaokoland.
14. Your favourite destination: Limpopo, Southern Cape
15. Other hobbies:
16. GPS and Map Data used: Garmin, Garmap Southern Africa, T4A

17. Rate your 4X4 and overlanding experience: Basic (very)

Ek is nuut in hierdie off-road besigheid, maar ons boslorrie het ons nog nie in die steek gelaat nie, veral in Mosambiek se warm sand en die klippe van Van Zyl's se roete in die Kaokoland. 'n Ervaring wat mens nie sal vergeet nie, danksy Alex Smit as knap toerleier (en Purros se olifante). Die boslorrie het ek net meer as 'n jaar gelede aangeskaf en is al aan die verkeerde kant van 250 000 km, maar ons geniet hom elke dag. By Van Zyl's af het die ander manne met hul lorries met verwondering gekyk hoe ons sonder om 'n klip te skuif, die berg af is. Hy staan so effens hoër in sy sokkies en dit gee hom so 'n ietsie van 'n voordeel oor ruwe terrein. Baie mense dink die auto ratkas is net vir die shopping malls, maar die ou het hom bewys in die sand en oor rowwe klippaaie. Ek geniet die forum baie en het al baie geleer van al die ander manne (en vroue).

Nou net tyd kry om weer so iets aan te pak. Ons beplan om volgende jaar (net om die draai) saam met die seuns aan die Desert Run deel te neem. Boslorrie sal hierdie keer as sleepvoetuig gebruik word, met al die onderdele en brandstof vir die fietse. En Ma se kos vir die baie leë mae aan die einde van die dag. Hoop ons planne werk uit. Hennie

Re: Hennie Groenewald

Posted: 29 Nov 2010 11:58
by Peter Connan
Welkom Hennie :salute: , maar waar is die foto's? :confused:

Re: Hennie Groenewald

Posted: 29 Nov 2010 12:59
by Mrowka
Welcome!

Re: Hennie Groenewald

Posted: 29 Nov 2010 13:37
by Rudolph
Welkom Hennie, ja stuur vir ons paar fototjies asb man.

Re: Hennie Groenewald

Posted: 29 Nov 2010 17:13
by Jules
:woo: welkom Hennie mag jy nog vele lekka ure se genot put uit jou lorrie en die magdom inligting op die forum

Shalom
Jules

Re: Hennie Groenewald

Posted: 29 Nov 2010 19:11
by G-MAN
:welcomewave: Hennie

Re: Hennie Groenewald

Posted: 29 Nov 2010 21:20
by Kagiso II
welkom welkom welkom - en lekker saamgesels :woo: :clap:
so, waar is die kiekies ??? :think:

Re: Hennie Groenewald

Posted: 29 Nov 2010 22:05
by Herrie
Baie welkom!!!!!

Re: Hennie Groenewald

Posted: 30 Nov 2010 08:11
by JG Shields
Welkom Hennie!

Re: Hennie Groenewald

Posted: 30 Nov 2010 11:55
by Kagiso II
:gotpics: :gotpics: :gotpics: :protest: