Page 1 of 1

Wat is "end-play" en "run-out"?

Posted: 05 Aug 2010 07:04
by Sias
Ek soek hulp van die tegniese ouens asb! Ek het vir my 'n stel power brakes skywe en pads gekoop en gedink dit sal redelik maklik wees om dit in te sit. Nou praat hulle allerhande goed soos "run-out" op die hubs en "end-play" wat moet gemeet word met 'n "dial gauge".
As dit kom by sulke goed het ek 5 duime! As iemand dit vir my kan verduidelik en hoe om dit te doen, sal ek regkom. Selfs die herstel handleiding is maar bietjie vaag...
Enige hulp sal waardeer word!

Re: Wat is "end-play" en "run-out"?

Posted: 05 Aug 2010 07:21
by AndriesS
Soos ek dit het is end play die hoeveelheid beweging as jy jou disk op 6 en 12 uur sou vat en aan hom trek of druk - dus aksiale beweging of te wel beweging in die rigting van die as . die end play is die verskil in posisie van druk na trek. Jy sal dit tipies meet deur die dail gauge base op die hub te sit en dan die gauge teen n upright te laat druk(minder goed). Jy moet slytasie van die kingpins en tie rods eintlik uitsluit en is dus beter om dit teen die shaft van die as of wheel bearing nut te meet.

Run out beskryf weer die verskil tussen die hoogste en laagste punt op die disk as hy draai . As jy 3 washers op drie van jou wiel studs langs mekaar sit en jou wiel dan vasmaak dan gaan hy mos wobble omdat hy skeef op die hub is. die hoeveelheid van die wobble is dan run-out. Dit kan jy meet deur die dailguage op die die upright vas te mak en dan teen die disk te meet deur te draai en te kyk wat die verskil is tussen hoogste en laagste punt op die dsik oppervlakte is

Re: Wat is "end-play" en "run-out"?

Posted: 05 Aug 2010 07:33
by AndriesS
Ten laaste - jy behoort nie end play te kan voel nie, as jy dit voel dan moet jou wheel bearing dalk stywer getrek word - beste manier los die wiel op ruk aan 12 en 6 - as jy beweging voel moet jy jou bearings check. as jy beweging voel tussen 3-9 is dit tie rods.

As jy nie n dial guage het nie, kan jy altyd n skroedraaier of iets op 'n trestle vas g-clamp en teen die disk druk. as hy dan die heeltyd net net touch terwyl die disk draai is jy okay maar meer is probleme en baie keer is dit stof/crud op die mounting met die hub of te veel grease/coppeslip wat die moelikheid maak

Re: Wat is "end-play" en "run-out"?

Posted: 06 Aug 2010 09:01
by KOOS BEST
Dit is die wonderlikke ding van die site, mens leer so baie. Dankie John :clap: :clap: :clap: :clap: :clap: en Johnboy jy ook :clap: :clap: :clap: