4.2 Turbo Diesel - varsmaak
Posted: 02 Aug 2010 16:34
Na Pieter se 4.2 ombouing, het ek besluit om my 4.2 vars te maak en n bietjie te develop.
Ek het 25000km terug die ringe en bearings gedoen saam met die turbo se opsit.My kar was n non turbo model.So ek het die keer nie nie aan die ringe en bearings gevat nie.Net al die goed om dit.Nuwe gasgets en seels,nuwe "precoms",glowplugs en net die valves weer nuwe seels opgesit saammet die valve en valve seat grind.Die head is geskim om die precoms se hoogte in die top presies reg te kry.
Die camshaft is ook gesny,sommer n ander profiel en durasie(duration),met die gevolg kry die cam ook meer lift.Als gaan om die enjin beter te laat asem haal.Die loab centres is 4grade oop gesny,dit sal help om die turbo vroer te laat spoel.
Dit was ook goed om die enjine oop te sien na die turbo convertion 25000km terug.Ek het hom laat hard werk in daai tyd en alles het goed gelyk.
Net iets weer oor die head se skim.Die top is nie net geskim om die precoms se hoogtes reg te kry nie,maar ook raak die top dunner.(baie min).Omdat die cam se bysirkel gesny word raak die loab kleiner.MAW die camfollower sit laer in die blok,so die rokker bo gaan teen n ander hoek werk.(Rocker ratio) Dit geld nou net vir n "inblock cam" enjine soos die 4.2.Met die dunner top sit die rocker shaft weer nader aan die cam en gaan die rocker ratio nie uit nie.
My enjine se varsmaak was natuurlik baie vinniger as n ombouing,ek het dit in n week gedoen.
Ek sal later post die krag verskil,moet nog dyno toe gaan.Wat ek wel weet is die gevoel wat die kar gee,ek ken hom baie goed,is anders as voor die enjin se uithaal.Hy voel lewendiger onder die boost,en sodra hy boost voel die trek dieselfde behalwe dat hy maklikker uit rev.So die dyno sal nie lieg nie en dan sal ons sien of my developing gehelp het.
My volgende post sal ek die fotos wys.
Ek sukkel al langer om die post te doen as wat my enjin geneem het.Ek het weer gehaak met die foto ding.Dankie Pieter weer vir jou hulp.
Groete
Frans