Page 1 of 10
Project TD42T Conversion
Posted: 20 Jun 2010 14:30
by Pieter du Toit
Hi All,
Ok - so at long last I am starting with the thread on my ZD30 that is being replaced with a TD42T engine. I will be posting a number of pics and going to make a little story from it - and will try and answer as much as possible on any questions. But as mentioned elsewhere - Tour de Frans is the DR in this operation - I am merely the theatre assistant passing the instruments (spanners) to the DR!! So yes feel free to put your questions directly to Frans as he will most of the time be in a better position to answer them.
En ek is n Afrikaner - so ja ek gaan my tale meng want soms klink n ding sommer net beter in Afr ook.
Hier is die arrival van die engine by Frans se huis:
Tot my vrou het gehelp - sy kan nie wag dat die Trol weer moet loop nie.
En uiteindelik staan die engin op die grond
Flexplate is af en die engin gaan na die operasie tafel toe (Frans se engine stand)
En Frans begin wonder waarvoor hy homself ingelaat het - wie kan ek bel om die ding van my hand af te vat!!
Ok - kom ons doen dit maar - en sny hom oop tot op die naakte been!!!
Aaa wag so bietjie - ek het n handlanger - kom ons laat hom ook bietjie werk!!!
Jond die DR beter maar bietjie kom hand bysit - netnou is dinge nie mooi skoon nie! Party goed moet die "qualified proffessionals" mos nou maar self doen!!
Kom appi kom - jy moet lekker was hou anders is die goed nie skoon nie!!
Mensig ons - maar dis n natspul die!!!
TO BE CONTINUED.....
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 20 Jun 2010 15:02
by Pieter du Toit
Next episode.....
Ai die binnegoed en derms is darem n lekker gemors - jy moet daai pistons se ring groewe mooi skoon krap appi!!
Tyd is maar min - so ons rook sommer so tussen die skoon maak en alles deur.
So ja - lyk darem of alles nou skoon is....
Laat ek eers die appi se werk inspect - netnou jaag hy aan!!!
Staan terug appi - die DR moet nou eers "organized" raak.
Skroefies en boudjies en goedjies en geitjies bymekaar....
Parte mooi bymekaar....
Daar's hy - die DR se operasie tafel is ge-organise - nou kan die toemaak werk begin!!!
Blok is aanmekaar - let wel alles is vars daar binne - ringe, bearings ens ens - pistons is oorspronklik.
Appi maak homself handig en spray bietjie parte - hy moet mos darem nou weer mooi lyk ook na die operasie!!!
Die sump is ook ook gespray - kan nie blink van bo maar stink van onder werk nie!!!
Kian - Frans se baie getroue waghond kyk toe en maak seker ons mis nie iets nie!!
En Frans is gatvol - dit was n baie lang dag!!
Dankie tog daar is net soveel uur in n dag - nou kan ek gaan rus!!!
To be continued.....
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 20 Jun 2010 17:46
by Patrol4.8
Pieter en Frans
Julle doen uitstekende werk, en Pieter na hierdie ombouing sal jy ook enjins kan oordoen.
Wat het julle toe gedoen om die 24V stelsel uit te sorteer?
Kan nie wag om die Patrol weer in aksie te sien nie, sterkte met die projek!
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 20 Jun 2010 19:45
by KOOS BEST
"keep it real , we are watching you!"
Voorspoed manne!!!!!!!!!!
Pieter hou ons updated, baie nice om so iets te sien .
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 21 Jun 2010 09:36
by Jules
Pieter & Frans, ek kry skoon die bewerasies as ek na al daardie parte kyk en dink jul moet alles nou weer aanmekaar sit, hoop jul kry weer plek vir al daardie boute en moere anders is jul in jul m%^r.
Moet nie Koos se raad volg nie hierdie is iets wat mens sonder drank aanpak, Pieter ek dink Koos is bang jy skop erg gat na hierdie projek met jou Patrol
Sterkte en ek volg die verhaal met afwagting
Shalom
Jules
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 21 Jun 2010 09:47
by davejones
All the best for the conversion!! Looks terrific

Re: Project TD42T Conversion
Posted: 21 Jun 2010 09:57
by Stefan
Awesome! Dankie vir al die fotos en die storie Pieter. Ek dink jy is baie bevoorreg om deel te kan hĂȘ aan so 'n ombouing!
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 21 Jun 2010 13:48
by tour de frans
Hello Pieter,Nou het jy baie manne nuuskierig.Post nou maar die res ook
Net n bietjie iets-dis n voorreg om saam met jou aan jou kar te werk.
Groete
Frans
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 21 Jun 2010 13:53
by Pieter du Toit
Patrol4.8 wrote:Wat het julle toe gedoen om die 24V stelsel uit te sorteer?
Cornelius,
Dit was darem nie te erg - ons moes die volgende doen:
Alternator vervang.
Starter vervang.
6 nuwe glow plugs.
n Solenoid op die diesel pomp.
Dan is dit weer n standaard 12V engin. Het bietjie kop gekrap met die starter

- gesukkel om een te source want die "stealers" vra net onder R10 000 vir die oorspronklike starter!!! Het nou een gekry - moet nog net 100% seker maak hy fit wel - anders sal ek maar daardie 24V starter laat re-wire. Maar sal eers verkies om te kyk of die nuwe een kan werk.
Maar ek gaan nog die manne aanpak by wie ek die engin gekoop het - hulle het "gerieflikheids halwe" niks gese dat dit n 24V engin is wat hul aan my verkoop het nie - en selfs net met daai paar goedjies daarbo staan die rekening al klaar op net short van R5000-00!!
Ja die projek is baie exsiting en dus nogal lekker - - vir my is dit mos nou iets heeltemal nuut en n eerste keer in my lewe. So ja - ek kan self nie wag vir die dag wat ons daai sleutel kan draai nie!!
Groete
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 21 Jun 2010 14:11
by Pieter du Toit
Jules wrote:Pieter & Frans, ek kry skoon die bewerasies as ek na al daardie parte kyk en dink jul moet alles nou weer aanmekaar sit, hoop jul kry weer plek vir al daardie boute en moere anders is jul in jul m%^r.
Moet nie Koos se raad volg nie hierdie is iets wat mens sonder drank aanpak, Pieter ek dink Koos is bang jy skop erg gat na hierdie projek met jou Patrol
Shalom
Jules
Hello Jules,
Glo my vry - daai boudjies en moertjies en goedjies en geitjies wat jy daar op daai tafel sien het
almal weer hul plek gevind!!! Nee kyk - een ding wat ek met
groot lof en eerlikheid kan se is dat
Frans Fourie weet wat hy doen - daar is geen twyfel in my gemoed daaroor nie. En ek koop nie net gesig hier nie - dis n feit!!! Dis n moerse groot voorreg om Frans as n vriend te he - onthou net vriende werk ook nie verniet nie!!! En ja ek stem saam met jou -

word nie gemeng met so n projek nie - en gelukkig is Frans n geheel onthouer en ek drink selgs af en toe n drankie as ek lus het of iets het om te vier!! Maar glo my vry - Frans se vrou se koffie, suiker, melk en koeldrank rekening is seker hemel hoog!! Ek is bang vir wanneer ek my rekening kry - sy vertel my al klaar van al die storage en ekstras wat moet bykom!!
Ek het haar nou die dag net so n bietjie omgekoop met so n paar stukkies biltong, droewors en n chocolate - net om darem so bietjie op te maak!!!
Sal julle manne mooi op hoogte hou!!! En ja - ek hoop ook om bietjie te kan gatskop na die projek - ek het nou die dag vir Frans se pa gese ek gaan my 3.0L badges op die kar los en die bonnet vir niemand oopmaak nie - ek gaan net se dis n "getowerde" 3.0L 4 silinder (met n mo^%se brul)!!

Wonder hoeveel my sal glo???
Groete