Page 10 of 12
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 04 Nov 2011 14:29
by Sias
Tinus, ek het die Nuts gebruik wat saam met die rims op die GRX was. Hoekom?
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 04 Nov 2011 14:33
by Tinus lotz
ek wil net seker maak of die safari nuts nie werk nie want ons is besig om n stel GQ mags op n safari te sit maar daai weelnuts het mos n skouer wat in die mag pas en ons soek n stel.....
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 04 Nov 2011 14:36
by Sias
Ek dink hulle is dieselfde... ek het gekyk toe ek die ander wiele afgehaal het en hulle skouers lyk dieselfde. Hulle is net langer as die GRX s'n.
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 04 Nov 2011 14:41
by Tinus lotz
Raka op die forum het amper moeilikheid gehad omdat sy wiel uitgewerk het 4.5mags op diesel 4.2 wat staal rims gehad het so ek dink die regte nuts soos wat jy opgsit het is dalk veiliger ?????die stealers is net nie skaam met die prys nie!!!!
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 09 Nov 2011 15:23
by KenWes
Hi Sias,
Nou eers op hierdie thread af gekom ....... sommer van voor af alles deur gelees.
Kan nie wag om die knaap te sien as hy klaar is. Laai nog photos!!
Het jy al voorheen dynamat gebruik? Wat is die voordeele daarvan en hoeveel kos dit?
Wil graag gebruik op my 1983 Safari.
Groete
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 23 Nov 2011 12:38
by Quack
Hi Sias, die wa van jou lyk sommer spoggerig! Se asseblief vir my waar jy daardie agterligte gekry het?
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 13 Feb 2012 07:31
by Sias
Die kar is nou 99% klaar! Ek het net een probleem - ek kry nie die rubber vir die agterste ruit nie. Ek het die matte in en al die sitplekke teruggesit.
Daar is egter iets snaaks: sodra ek my venster oopmaak, word die kar onmiddelik vol uitlaatgasse! Ek vermoed dis agv die gaping tussen die ruit en die klap agter - ek kry nie die foto gelaai nie! Kan dit wees dat die oop ruit 'n "vortex" of 'n "vacuum" veroorsaak wat dan die gasse van agter af in die kar intrek?
Quack - ek het die agterligte by
http://www.europarts4x4.com gekry as 'n volledige stel.
Kenwes - Ek het die Dynamat al voorheen gebruik op my VW Crewbus en dit het die geraas lesing met ± 5db verlaag. Die Patrol is nou baie stil binne wat padgeraas betref, ek moet nou nog net die tappets bietjie stel want hulle skop 'n helse geraas op.
Ek sal foto's laai sodra die blad my toelaat. Sorry, the board attachment quota has been reached.
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 13 Feb 2012 08:15
by Peter Connan
Geluk Sias
As daar 'n gat agter is, kan dit baie maklik uitlaatgasse daar insuig. Probeer hom tydelik toemaak (sommer met daai bruin pakkie-tape) en kyk of dit help?
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 13 Feb 2012 10:06
by Kagiso II
haijjjj daar skaars Sias -- probeer so maak" Kry van daai 50mm wyd [5mm dik] rubberstrook [dis net aan die aankant gegom]
Plak nou mooi vessistagtog weerskante van die ruit se soom vir jou daai rubberstrook - maar net so dat omtrent 20mm die venster beplak, en dan die twee oorsteek dele gom jy aanmekaar vas -- dit behoort die ergste uit te hou..
VOLGENDE BAIE BELANGRIKE DING (1) verleng jou uitlaatppyp agter (2) ek raai hy maak 'n draai en kom agter die wiel uit?? FOUT VERKEERD - die Safari se hele hek sluit nie so dig nie .. buig of verlê die "exzost"

dat hy reguit agter en ten minste 3 duim by die 'buffer' verbysteek' [buffer is die BUMPER Arries .. die BUMPER .. aitog, Arries man]
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 14 Feb 2012 12:49
by Alex Roux
Hi Oom
Verduidelik vir my hoekom moet die uitlaatpyp agtertoe uitgaan en nie kant toe nie?
Alex