Page 10 of 10
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 25 Oct 2010 11:53
by Peter Connan
Thanks Pieter
Peter
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 27 Oct 2010 22:04
by Pieter du Toit
Peter,

- Only a pleasure!!
Nou se my boertjie (ek het jou profieletjie beloer) - waar kry jy jou ingelse naam van daan - dis mos g'n manier om n afrikaner se naam te spel nie - of het jy ook soos n pel van my oorgekom deur binnelandse sake wat sy naam op sy id verkeerd gespel het - toe los hy dit maar so
Groete
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 28 Oct 2010 07:03
by JG Shields
Pieter, nou hoe moet ek nou voel oor daai vragie aan Peter?
Een ding is seker...Ons geskiedenis is ryk aan mooi stories wat hierdie verskynsels verklaar.
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 28 Oct 2010 07:40
by Peter Connan
Hello Pieter
My storie is waarskynlik nie so interesant soos baie ander nie. Ek is van Skotse herkoms, my oupa grootjie (selfde naam) het hiernatie geimmegreer en in 'n sinkkaya daar in die Noordweste het hy 'n winkeltjie oopgemaak. Ten tyd wat hy dood is het hy goed genoeg gedoen om vir elkeen van sy agt seuns 'n plaas te kan gee. Ongelukkig het die geldmaak-geen nie my kant toe gekom nie, maar die befaamde skotse suinigheid verduidelik waarskynlik hoekom ek alles wat ek nodig het self probeer maak?
My boertjie-geit kom seker meestal van my Ma se kant af. Daar was iemand in haar familie wat toe die Ingelse die eerste keer die kaap ingeval het daar op blouberg met sy roer loop sit het. Blykbaar het iemand hom 'n paar dae na die engelse weg is gaan vra om asseblief nou maar op te hou skiet, want die oorlog is verby.
Groete
Peter
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 28 Oct 2010 09:04
by JG Shields
Pieter & Peter,
Net soos ek gese het...'n pragtige storie van Peter. Ek is seker as daai storie mooi ingekleur word met al die ander dingetjies wat nog daarmee saam gebeur het, kan 'n fliek se draaiboek daaruit geskryf word.
My stamvader het in 1843 uit Ierland hier aangekom. Hy het dadelik met 'n Van Rooyen getrou en saam met skoonpa geboer naby Plet. Hy is slegs 5 jaar later in 'n ongeluk op die plaas dood. Sy enigste seun was toe maar 5 jaar oud. Sy vrou het weer getrou, met 'n afrikaanse (hollands) man wat die seun, Rynier, grootgemaak het. Net daar het die ingelse taal in sy geheel uit die familie verdwyn. Hy het in 1883 Oos-Vrystaat toe getrek (sonder 'n Patrol) en daar gaan boer. Sy seuns (oa my oupa grootjie) kon nie eers 'n woord ingels praat nie. Hulle was bitter-einders in Genl de Wet se kommando in die boereoorlog. Die britte kon hulle nie eers vang nie. Ons gee egter vandag nog die stam name aan ons seuns. Ironies...ek het ingels leer praat toe ek in die "army" was en 'n klomp troepe gehad het wat van Durban af gekom het.
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 28 Oct 2010 09:31
by Peter Connan
JG daar is inderdaad mooi stories in ons land. Ek dink hulle gaan my wegjaag hier want ek foeter heeltyd van topic af?
My pa het destyds in Bloemfontein 'n man met die naam Yster Donaldson geken.
Die storie is dat sy pa ook 'n Skot was wat met 'n boervrou getrou het. Hulle het hulle eersgebore seun Ian gedoop. Sy ma kon egter nie die eersgeborene se naam ordentlik uitspreek nie, en het hom "Iron" geroep. Eendag het die tuisteskepper haar angsbevange kom roep met die woorde: "Miesies miesies die Yster het van die windpomp afgeval", en van daardie dag af het hy bekend gestaan as Yster Donaldson.
Peter
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 28 Oct 2010 12:35
by JG Shields
Peter, jy's reg. Ons steel nou Pieter so mooi thread hierso. Maar dis ook nie so erg nie...Hoe sal die Kapenaars nou in elk geval iets van hierdie mooi stories verstaan wat noord van die Hexrivier gebeur het?
Re: Project TD42T Conversion
Posted: 28 Oct 2010 15:36
by Pieter du Toit

Inderaad pragtige stories menere inderdaad!!!
Sien net soos JG daar se - alles het noord van die Hexrivier gebeur - die werklike boere het in die Kaap agter gebly!!
En seker gemaak die mensdom kan al hierdie dinge na die tyd verstaan......en begryp!!
Groete menere - voorwaar merkwaardige familie stories om op trots te wees daardie!!
