Page 9 of 13
Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018
Posted: 10 Sep 2018 14:40
by Faan
Ken julle die woord: "droefgeestig"?
Dit is hoe n mens voel nadat jy al die 'posts' oor die duine-trip gelees het en jy nie kan saamgaan nie!
Ek was verlede jaar daar en kan, vir die wat nog nie daar was nie, verseker dat dit n absolute hoogtepunt is. As jy nie geld het nie verkoop n ietsie en as jy nie by die werk kan afkry nie bedank, maar moet dit nie mis nie!
Cathy Rindel van Nissan SA (Janus sal haar seker ken) trou volgende naweek in Mosambiek (Xai Xai) en my Y62 is die troukar.
Geniet ... and keep us posted !
Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018
Posted: 10 Sep 2018 15:06
by Tinus lotz
Gaan jou mis man .....
Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018
Posted: 10 Sep 2018 23:53
by Kagiso II
Dagsê almal
Oompie wil n versoek rig. Direk na die Duine trip gaan ons Richtersveld toe vir die Uitreik daar. Deel van ons Uitreik behels dat ons die ouer mense van Leesbrille voorsien. Die brille maak ons self, alles, die raam, die lense .. ona maak elke bril volgens behoefte.
Ons het ook identifiseer dat veral die veewagters wat heeldag in die skerp lig beweeg, ontwikkel wat hulle noen "Pêrel-oog" [dit versnel die vorming van katarakte]
Nou wil Oompie vra.. As julle sonbrille [donker brille] het wat die raam van gebreek is of wat nie meer gebruik word nie, bring dit asseblief saam Duine Trip toe, ons kan dan die lense oor plaas in die rame wat ons maak en die veewagters en die ander mense ook voorsien van 'n sonbril en hulle dit ook spaar.
Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018
Posted: 14 Sep 2018 12:06
by Janusj
Faan wrote: ↑10 Sep 2018 14:40
Ken julle die woord: "droefgeestig"?
Dit is hoe n mens voel nadat jy al die 'posts' oor die duine-trip gelees het en jy nie kan saamgaan nie!
Ek was verlede jaar daar en kan, vir die wat nog nie daar was nie, verseker dat dit n absolute hoogtepunt is. As jy nie geld het nie verkoop n ietsie en as jy nie by die werk kan afkry nie bedank, maar moet dit nie mis nie!
Cathy Rindel van Nissan SA (Janus sal haar seker ken) trou volgende naweek in Mosambiek (Xai Xai) en my Y62 is die troukar.
Geniet ... and keep us posted !
Dis nou jammer Faan...het nogals uitgesien om nog 'n Y62 daar te he!
EK kan nou bevestig dat Ignition TV saamgaan volgende naweek so hou julle beste voetjie voor dat ons mooi oomblikke skep vir hulle show...Terence bring the Dakar T1 vir bietjie rond jaag en komponente toets, ek bring die GT-R (sukkel net nog om 'n trailer te kry) so ons sal sien wat ons met hom aanvang...
Sien julle Vrydag! Can't wait!!!!!!!!!!
Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018
Posted: 14 Sep 2018 12:57
by XenoBlitz
Manne julle maak my darm baie hartseer dat ek dit nie kan maak nie. Hierdie klink na n naweek waaroor ons nog vir lank gaan praat.
Net vir my nuuskierigheid: Hier is n lys van name wat daar gaan wees, en sprake van turbos, superchargers, Y62's en n GTR. Wat is die kans dat ons langs elke persoon se naam kan sit wie bring wat (en wat het hy spesiaal onder die neus?)
Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018
Posted: 14 Sep 2018 18:32
by David M
Janusj wrote: ↑14 Sep 2018 12:06
Faan wrote: ↑10 Sep 2018 14:40
Ken julle die woord: "droefgeestig"?
Dit is hoe n mens voel nadat jy al die 'posts' oor die duine-trip gelees het en jy nie kan saamgaan nie!
Ek was verlede jaar daar en kan, vir die wat nog nie daar was nie, verseker dat dit n absolute hoogtepunt is. As jy nie geld het nie verkoop n ietsie en as jy nie by die werk kan afkry nie bedank, maar moet dit nie mis nie!
Cathy Rindel van Nissan SA (Janus sal haar seker ken) trou volgende naweek in Mosambiek (Xai Xai) en my Y62 is die troukar.
Geniet ... and keep us posted !
Dis nou jammer Faan...het nogals uitgesien om nog 'n Y62 daar te he!
EK kan nou bevestig dat Ignition TV saamgaan volgende naweek so hou julle beste voetjie voor dat ons mooi oomblikke skep vir hulle show...Terence bring the Dakar T1 vir bietjie rond jaag en komponente toets, ek bring die GT-R (sukkel net nog om 'n trailer te kry) so ons sal sien wat ons met hom aanvang...
Sien julle Vrydag! Can't wait!!!!!!!!!!
Anzel says she will drive the GTR to the pans for you.... Careful lady driver

Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018
Posted: 14 Sep 2018 18:34
by David M
Tommie - Moet ons water vir eie storte, opwas etc saamvat of sal hulle nie omgee as ons 150 l water in ons tanks intap?
Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018
Posted: 14 Sep 2018 19:45
by Tommie
Dag Maats.
Dawid. Ons moet verkieslik ons eie water saamvat. Dit is vir stort, kombuis en drink. Onthou dt is die droe Kalahari.
Soos ek al verduidelik het daar is storte, maar kan nie se of dit beskikbaar gaan wees nie. Daar is groot getal mense daar. En die warm water word deur n donkie aangevuur.
Yil dit gaan vreeslik lekker naweek wees. Hoop om almal daar te sien. Onthou dat jy daar ooj kontant kan betaal. Bring ook net julle betaal bewyse saam.
Groete
Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018
Posted: 14 Sep 2018 19:49
by Michael
XenoBlitz wrote: ↑14 Sep 2018 12:57
Wat is die kans dat ons langs elke persoon se naam kan sit wie bring wat (en wat het hy spesiaal onder die neus?)
Goeie idee! Sal solank als update aan my kant
Re: Duine trip 20 Sept- 24 Sept 2018
Posted: 18 Sep 2018 06:44
by Tommie
More Maats.
Sjoe ons almal hardloop rond om alles gereed te kry vir die Super naweek. Evan van Weg Ry my ook gister gebel. Hy sien ons ook daar. Is ook opgewonde om die klomp van die Patrol Forum weer te sien.
Onthou dat daar net spooradies mtn sein is.
Ons kan met kontant daar betaal,indien jy laat besluit het om saam te gaan..
Probeer almal asb om Vrydag aand daar tewees. Ons program begin vroeg Saterdag ogend.
Dt word maar koel in die aande. En warm in die dag. Bring die nodige klere saam.
Onthou die hout en die water. En om vol te maak op Upington. Kry daar ook jou ys en nodige ander belangerike dinge.
Bring ook julle betaal bewyse saam asb.
Sien julle op die Pan.
Groete