Page 8 of 12

Re: One DEAD Patrol

Posted: 10 Feb 2010 12:36
by KOOS BEST
Vat hul vas Oom Mac.
Ek kan nie self bydra lewer nie ek was nie persoonlik geaffekteer nie. Maar hiers my enjin se storie
My voertuig se vorige eienaar het die enjin laat vervang op 173 000km.
Volgens hom het die voertuig net van diens alfgekom en het hy Fieldhill opgery oppad Nottingham rd toe toe die enjin skielik die gees gee.( Dit beaam net my teorie , diesels pak op onmiddelik na n lang opdraand ens, ek sien trokke en voertuie altyd bo op n pas ens met hul bonnets oop, waarom EGT)
Volgens hom was die agente totaal on-tegemoed komend
Ek het by die agente in Pmb uitgevind, dat die nommer 2 silinder n gat ingebrand het.Hulle verweer was dit was "contiminated" diesel en dat hul hom daarvan verwittig het en selfs die tenks gedreineer het, maar toe weer vuil water diesel laat ingooi op n plaas by Dundee. Nissan het nie die koste gedra nie maar het die eienaar te gemoed gekom deur onderdele teen kosprys te voorsien @ R 65 000.00 . Wat ingesluit het nuwe pistons, silinders , nokas, kleppe ens ens asook n nuwe turbo , inspuiters en pomp. Die enjin was toe totaal oorgebou deur die oudste motor ingenieurs firma in Pmb, onderdele verskaf deur Nissan op aandring van die eienaar. Die eienaar het die Patrol onmiddelik ingeruil by Toyota op Eshowe vir n Fortuner, ek het haar daar aangeskaf.
Dit het slegs 1000km opgehad en ek het met die persoon n Senior burger en eienaar gepraat wat aan die enjin gewerk het , hy het my toe ingelig dat hy persoonlik daaraan gewerk het en alles maar alles is nuut , selfs die koppellaar was vervang met egte onderdele ."I would by this car, I personally rebuild it " was sy woorde aan my toe laat ek Toyota weet dit is my offer , kry die paiere reg.

Dit is my enjin se geskiedenis, sedert ek dit bekom het vervang ek olies elke 5000km, en het dadelik n EGT meter ingebou.
Op n vakansie het die enjin liggie aangekom, was toe gelukkig n los battery pool.


Verder loop soos n droom .

Groetnis

Re: One DEAD Patrol

Posted: 10 Feb 2010 20:51
by Pieter du Toit
Oom Mac,

Sal jou raad (vermoede) ook deurgee na die plek waar die kar nou is.

Ja behalwe vir daardie frustrasie van my kan ek ook nou nie verder insette gee oor die enjin nie - myne was nog nie oop nie. Maar ek sal help waar ek kan en morele on dersteuning gee - dis darem soms ook welkom en nodig!!

Groetnis

Re: One DEAD Patrol

Posted: 09 Mar 2010 15:13
by Kagiso II
Let me start with a great big THANK YOU gents for all the moral & general support and advice I've had from you all - ever since AGAROB's engine 'demised' hand granaded and died Oct 2009 already.

I have mention on JG's Lasarus posting that I now at last have made up me mind (for now?) to have the 4,8 Patrol engine & gearbox & diff transplanted to Agarob
:wink: and YES, he will keep his name.

I have had a looooong talk with friend JG today - and I learned a lot.
Also had the honour of driving "ommi blok & ve'by" with Lasarus .. all I can say is WOWWWWWWWW en BULK SMS etc.

as things progress - i will update - but I think I will start a "new" post for that.
This then concludes this trread.
Thanx again - and THABK YOU JG for doing the pioneering...

Re: One DEAD Patrol

Posted: 09 Mar 2010 15:33
by Abri Hoffman
Oom Mac, good to hear. Those 4.8's are awsome and you will get used to the consumption. :thumbup:

Re: One DEAD Patrol

Posted: 10 Mar 2010 16:30
by Pieter du Toit
Oom Mac

Sterkte met die projek - maar oom moet ons asb (soos JG) op hoogte hou. Hier is nog ander van ons wat dalk (hopenlik nie binnekort!!) ook hierdie roetes moet gaan loop - en dan wil ons ook kan leer uit julle projekte!!!

Sterkte - ons hou stywe duime vas en asems op!!!

Re: One DEAD Patrol

Posted: 16 Mar 2010 14:16
by Kagiso II
...... en na alles, weer 'n planverandering - tyd en nood en ander node druk ons nou in 'n blik.
Agarob gaan vir 'n "enjin transplant" en een van daai ingevoerde enjins gaan in sy bek val.
Van al die plekke het ek op SAC besluit om die 'jop' te doen.

Re: One DEAD Patrol

Posted: 16 Mar 2010 14:19
by Herrie
Wat se engin gaan jy nou voor Mac?

Re: One DEAD Patrol

Posted: 16 Mar 2010 15:04
by Kagiso II
dieselle as wat hy inhet - Patrol 3.0 Di [Import]

Re: One DEAD Patrol

Posted: 18 Mar 2010 00:19
by Pieter du Toit
Oom Mac,

As ek mag vra - hoe vergelyk hierdie ingevoerde enjins wat oom nou van praat met die rante en sente?? Waar het oom gehoor van hulle?? En as ek mag vra - as oom dan by diesel wil bly - hoekom het oom nie die 4.2 roete oorweeg nie??

Ek het nou al by n paar geleenthede met Frans se 4.2 ses silinder gery - en ja hy het sy enjin ge"turbo". Maar my mind is klaar opgemaak - die dag as my 3.0L groet (en ek hoop nie dis gou nie - ek kyk darem nou nie of ek hom kan stukkend ry nie!!) druk ek n 4.2 ses silinder in sy bek - come hell or high water soos die ingelsman se!! Daai kar van Frans trek soos n os - dis regtig ongelooflik!!

My beskeie ou meningtjie!!

PS: Sterkte met die projekkie nog steeds oom Mac - en onthou tog maar om daai ou EGT'tjie maar van die begin af te laat insit - dit maak n hengse verskil aan n mens se "dryf" styl.

Groete

Re: One DEAD Patrol

Posted: 18 Mar 2010 06:32
by JG Shields
Pieter,

Die TB42 TD was ook op my lysie van oorweging. In retrospek sal dit dalk ook my 2e keuse word na die 4.8. In Boksburg by Japan Auto is een beskikbaar @ R35000 wat uit die fabriek met sy turbo kom. Klaarblyklik pas hy net so in die ZD30 se plek, selfs die harnaste verskil bykans niks.

Ek som egter Oom Mac op as iemand wat sy huiswerk baie goed doen, en glo hy sal die regte ding vir homself doen.

Groetnis.