Page 7 of 7

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 02 Sep 2019 16:05
by Ria Pieterse
Our last night camping on the side of the road..the next morning a dusty road, the we fill up our diesel or petrol tanks when we get a tarr road, I don't remember the place. We split up Tony and the boys and Graham on their way to Maun and Tommie, Corrie an Dawid and their wives took the road through Ghanzi to Kang.

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 02 Sep 2019 21:20
by Jorrie
Ria
Baie dankie vir al jou fotos en al die info. Botswana is op ons lys en die info gaan handig te pas kom.

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 03 Sep 2019 06:55
by Ria Pieterse
Jorrie wrote: 02 Sep 2019 21:20 Ria
Baie dankie vir al jou fotos en al die info. Botswana is op ons lys en die info gaan handig te pas kom.
Dis my plesier Jorrie, ek neem graag alles af sovêr ek kan, terwyl ons ry. Jy moet kersopsteek by Tommie Watkins en Graham Cumming om te vra vir aanwysings van interessante plekke om te besoek, asook die roetes daarheen. Graham het ons op die eerste dag na Khwai begelei vanaf Maun, hy was ook georganiseerd met sy inligting om ons daar te kry en ry ook vroeg voor sonop, voor die hitte jou vang.

Ons was verlede jaar 2 x saam met ander groepe aan die Suidekant die Kalahari streek, wat ook besonders is as jy van stilte en NIKS hou nie, ook op daardie trips is jy ten volle selfversorgend, met genoeg water en brandstof saam met jou op die pad vir 'n week.

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 03 Sep 2019 07:01
by Ria Pieterse
Ria Pieterse wrote: 03 Sep 2019 06:55
Jorrie wrote: 02 Sep 2019 21:20 Ria
Baie dankie vir al jou fotos en al die info. Botswana is op ons lys en die info gaan handig te pas kom.
Dis my plesier Jorrie, ek neem graag alles af sovêr ek kan, terwyl ons ry. Jy moet kersopsteek by Tommie Watkins en Graham Cumming om te vra vir aanwysings van interessante plekke om te besoek, asook die roetes daarheen. Graham het ons op die eerste dag na Khwai begelei vanaf Maun, hy was ook georganiseerd met sy inligting om ons daar te kry en ry ook vroeg voor sonop, voor die hitte jou vang.

Ons was verlede jaar 2 x saam met ander groepe aan die Suidekant die Kalahari streek, wat ook besonders is as jy van stilte en NIKS hou nie, ook op daardie trips is jy ten volle selfversorgend, met genoeg water en brandstof saam met jou op die pad vir 'n week.

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 03 Sep 2019 07:44
by Tommie
Voordat ek die opskrif gelees het op die foto, kon ek se dat ek daai tent erken as OSSEWA se tent :lol: :lol: . Dit moet n ongelooflike ondervinding wees as daai swart haar Leeu mannetjie so naby aan jou is. Die brul van hom wat alles in jou binniste maak skud. :helpsign:

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 03 Sep 2019 11:07
by Ria Pieterse
Tommie wrote: 03 Sep 2019 07:44 Voordat ek die opskrif gelees het op die foto, kon ek se dat ek daai tent erken as OSSEWA se tent :lol: :lol: . Dit moet n ongelooflike ondervinding wees as daai swart haar Leeu mannetjie so naby aan jou is. Die brul van hom wat alles in jou binniste maak skud. :helpsign:
Tommie, dit is 'n belewenis, ja daardie tent gaan orals saam, Ossewa en Ossewania durf die grond aan, raak ook al oud, terwyl die meeste ander daklangs nog kan opklouter. Ons kyk nou uit vir 'n bekostigbare 4x4 karavaantjie. Op 'n Ander nag het 'n ta 3 treê voor ons tent verbygeloop, net die gloeiende kole van die vuur tussen ons en hom, maar ek het hom in die verte hoor brul en het gehol vir die Patrol :surprised: en kon hom mooi in die maanlig beskou. Ek is nie bang om te erken ek is baie versigtig vir die kamperings so in die veld sonder heinings nie. liewers bang San as dooie San, maar die mense hoef nie bekommerd te wees nie, niemand waarvan ons weet is al aangeval binne 'n grondtent nie. Jy moet net nie risiko's waag nie en net sorg dat jy vroeg eet en alle tekens van kos verwyder en in jou voertuig bêre. Vee al jou gebruiksartikels met Handy Andy of Dettol af. Moenie lig maak in jou tent sou jy hoor daar is iets buite nie en bly plat lê. Ek het ook ons tasse en beddegoedsakke, tussen die tentkant en stretcher gepak, spasie tussen my en ongediertes :lol: want netnou lok my gesnork hul juis aan vir 'n happie. Ons was al vir 'n Eco toer in die Kruger Wildtuin ook geslaap in die veld sonder heinings en kon die Seekoeie hoor wei tussen en verby ons tente, daar moes jy ook dieselfde optree. In die nag trek jou voertuig so na as moontlik aan jou grondtent, ongesluit, sou jy soos ek die hoendervelle uitslaan van die gebrul êrens naby jou. Hiënas loop ook rondom jou tent rond in die aand en nag, sorg maar dat jou tent stewig toe is en niks rondlê wat koubaar is nie. Ons toerleier in die Kalahari, soek nog steeds sy een kastrol wat 'n hiëna weggesleep het. :lol:

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 03 Sep 2019 12:07
by Ria Pieterse
Vanaf Kang mik ons 3 gesinne huiswaarts na die grenspos naby Lobatse. As jy vroeg ry voor sonop, kry jy orals die mooiste tonele. Pak maar vir jou ontbyt in, die pad is lank. Gisteraand se braaivleis of pasteitjies in foelie toegedraai uit die vrieskas word vroeg al in die oond gesit en word lekker warm in die bonnet-mikrogolfoond vir middagete. Graham Cumming het vir ons die oulike plan gegee en ons het vir Tommie en Mari bearbei om vir hulle ook plan te maak. Geen skottelgoed so langs die pad nie. :lol:

Dankie aan Tommie en Mari Watkins vir 'n baie interessante toer, ook aan ons medereisigers..Tony Barone and the boys Nick and Leslie, Graham Cumming, Alex Roux, Corrie en Nita Pretorius vir die saamreis, dit was 'n heerlike avontuur.

Dawid- Ossewa en Ria Pieterse

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 03 Sep 2019 22:52
by Jorrie
Wameer is die volgende trip?

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 04 Sep 2019 09:46
by offroadbiker
As daar genoeg aanvraag is dan reel ons iets vir 2020....

Re: Botswana 2019 - Forum trip

Posted: 04 Sep 2019 18:08
by Jorrie
Ek is geïntereseerd afhangende van die tyd.