Page 7 of 9

Re: Patrol Diagnostic dag

Posted: 17 Nov 2011 22:45
by Grootseun
Ok kerels so ons is amper op die vooraand van die diagnostic dag so hier is n paar finale reelings

Die venue
LPM Trading / LPM Staal
68A Baardweg Raslouw , centurion , my gps tel hom egter op as 182 Baard weg raslouw , is so 4km of wat weg van Zwartkops renbaan af

Die tye
Toetse en kuier begin 9h00 tot 13h00

Nissan 4x4 Klub se AGM begin 13h00 tot 15h00
Ons gaan die praatjie oor Gas Analysis and Diagnostics gedurende dit hou

Kos
Het vandag met die gesin ontmoet wat dit hanteer vir hulle dogter se hokkie toer
Klink of die worsbroodjies egte kos gaan wees en nie take away rommel nie en teen n bilikke prys ook in my opinie

Drank
Koeldranke ens sal te koop wees
Weens geregtlike redes kan drank natuurlike nie VERKOOP word nie maar daar gaan wel drank wees en die manne wat n donasie gee vir die hokkie toer fonds ontvang n ou geskenkie :rolling:

Sou daar vra wees kontak my gerus en vir die wat saterdag verdwaal of iets skakel my gerus op 072 617 0300

Re: Patrol Diagnostic dag

Posted: 18 Nov 2011 07:45
by Herrie
Baie dankie vir al jou reelings! Ek behoord so 10h30 daar te wees (het 'n Telkom probleem wat hulle die oggend kom regmaak)

Ek sal graag my Patrol laat toets.

Re: Patrol Diagnostic dag

Posted: 18 Nov 2011 12:25
by Kagiso II
Terwyl ek nou Botswana wil - met 'n vrag Bybels, sal daar ook plek wees vir gebruikte / 2e handse / ou klere [netnie flenters nie, asseblief]
So - as jy 'n sak vol klere wil / kan saambring - dan gaan ek nie lee hande Botswana toe, nie.. EN bydraes vir Tswana Bybels sal regtig welkom wees :pray:

Re: Patrol Diagnostic dag

Posted: 18 Nov 2011 12:36
by beast
Hi ouens. Een van jul wil nie net vir my verduidelik hoe om daar te kom nie. Ek sal op die Krugersdorp/Pta snelweg wees. Net kortliks

Re: Patrol Diagnostic dag

Posted: 18 Nov 2011 12:45
by Piet Barnard
Ek is daai ou met die nuwe -ou Trol met die Hengse flat spot - sien julle daar - Bring klere en my skoonseun

Re: Patrol Diagnostic dag

Posted: 18 Nov 2011 12:53
by Peter Connan
Nico according to the GPS, get off at the R55, turn North toward Zwartkops.

At the new robot, which used to be a circle, turn right on Ruimte Ave. then turn left into Baard Ave.

Re: Patrol Diagnostic dag

Posted: 18 Nov 2011 13:24
by Tinus lotz
Ek sien julle daar!!!!!

Re: Patrol Diagnostic dag

Posted: 19 Nov 2011 13:56
by Tinus lotz
grootseun
baie dankie vir jou moeite dit was great gewees !!!!!!! :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Patrol Diagnostic dag

Posted: 20 Nov 2011 10:03
by Grootseun
Tinus en al die ander manne ,dit was n plesier en ek hoop dit het julle gehelp om so bietjie meer kennis op te bou van wat binne die enjin gebeur tydens die ontbrandingsiklus ens van julle voertuie
Ek sal later die diesel verslae en die gas analise dokumente uit epos

Die algemene terugvoer wat ek kon kry was dat meeste tevrede was en as daar iemand was wat meer wou he - laat weet maar vir ons was gister ook maar n eerste op daai skaal so ons is oop vir voorstelle

Sal ook later n write up doen met n paar fotos en dalk kan julle ook julle fotos add

So terloops - 28 voertuie het "geregisteer" vir toetse maar daar was op n stadium bykans 40 voertuie getel - daar was 38 getoets - dankie vir die bywoning kerels

Re: Patrol Diagnostic dag

Posted: 20 Nov 2011 17:31
by Herrie
Baie dankie Driko :salute: :salute: :thumbup: