Page 7 of 12
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 10 Aug 2011 12:13
by Sias
Dalk weer 'n bietjie terugvoer...
Die bakwerk is byna klaar geverf en die onderstel is gesandblast en kry vandag sy laag verf. Die suspensie gaan in hierdie week gedoen word en die sitplekke en deurpanele is by die stoffeerders.

- 2011-06-30 15.48.52.jpg (827.04 KiB) Viewed 1848 times

- 2011-06-30 15.48.22.jpg (936.86 KiB) Viewed 1848 times
Hy gaan nou nog 'n laaste laag kry en dan gepolish word, maar dis hoe hy nou lyk...

- Photo-0001.jpg (157.75 KiB) Viewed 1848 times

- Photo-0003.jpg (211.56 KiB) Viewed 1848 times
Ek sal die onderstel se voor en na fotos more opsit.
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 10 Aug 2011 12:44
by Herrie
Lyk baie goed - kan nie wag vir die finale fotos nie

Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 11 Aug 2011 06:55
by Sias
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 11 Aug 2011 08:22
by Peter Connan
Sias daai voorste propshaft lyk darem baie naby aan die chassis cross-member, gaan hy nie raak as jy hom nog lig nie?
Voorspoed, dit lyk mooi so ver.
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 11 Aug 2011 08:32
by Sias
Peter, ek gaan die bakwerk met 30mm lig en dan groter wiele opsit. Ek dink nie dit gaan die propshaft se hoek affekteer nie. Wat wel 'n probleem gaan wees, is as die nuwe suspensie die onderstel oplig. Ek sal bietjie oplet daarna en plan maak as dit so is soos jy voorspel.
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 11 Aug 2011 22:32
by Kagiso II
Eisjjjjjjjj - my BEK water - ek hou sommer vir LOBO en laat jy hom ook so mooi inkleur [maar net helder-bloed-vwPolo-rooi :-)
Sien jy kans vir 'n tweede rondte ??
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 12 Aug 2011 06:21
by Sias
Peter, wat ons ook vergeet het, is dat die enjin, ratkas en die bakwerk ook nog moet opkom en dit sal die hele storie weer platdruk, so die propshaft sal dan weer baie spasie hê. Met die nuwe suspensie sit die propshaft nou heeltemal teen die crossmember. Moet sê dit lyk nogal heel spoggerig met die nuwe skokbrekers en bushes.
Oom Mac, ek kyk al klaar rond vir nog so iets om oor te doen, miskien 'n Ford F250 of Range Rover Classic...
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 12 Aug 2011 09:40
by Peter Connan
Sias jy moet onthou:
Wanneer jy ry, beweeg die suspenion. Jy moet die kar aan sy voorste bumper kan optel sodat die wiele in die lug hang en die skokbrekers op hulle heel langste is (maak die vere se swivel shackles los sodat die skokbrekers heel uitgerek is), sonder dat daai propshaft raak. Anders gaan hy raak as jy oor 'n hobbel ry, en dit sal onder daardie omstandighede heel waarskynlik die einde van daai propshaft beteken.
Het jy al gesien hoe lyk dit as 'n propshaft op 'n obstacle breek? Mense gaan dood daarvan.
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 12 Aug 2011 11:28
by Stefan
Hierdie maak nie heeltemal vir my sin nie, en my vraag is slegs om my nuuskierigheid te bevredig.
Is die onderstel engsins gemodifiseer? Indien nie, sal alle '84 safaris mos dieselfde konfigurasie hê?
Re: My brand new 1984 Patrol
Posted: 12 Aug 2011 11:34
by Sias
Stefan, ek kan nie sien dat die onderstel verander is nie. Die vorige eienaar het wel 'n ander ratkas ingesit wat langer as die ou een was. Die rathefboom in die kar het met omtrent 20cm agtertoe geskuif. Peter is dalk reg dat die propshafts dalk langer gemaak is omdat iets geskuif is. Ek sal dalk daardie crossmember bietjie moet verander om alles te maak pas.