Page 7 of 10

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 12 Jul 2010 16:29
by Stefan
Baie geluk Pieter en Frans!

Dankie dat julle dit met ons gedeel het, dit is 'n fantastiese stuk werk.

PS. Pieter, miskien "Titan"?

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 12 Jul 2010 19:15
by Kagiso II
... of sommer net "KONG" [die mense sal self die "KING" byvoeg ???

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 12 Jul 2010 20:51
by davejones
inspiring in so many ways !! :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 14 Jul 2010 13:07
by Pieter du Toit
Hello Almal,

To each and everybody whom have congratulated us - THANK YOU VERY MUCH!!!! Dis lekker om te sien daar is so baie belangstelling in hierdie projek!!! Hierdie projek gaan nog in die geskiedenis boeke van www.patrol4x4.co.za ingeskryf word - want daar gaan nog kom - so seker is ek daarvan.

Ai manne - die kilo's loop maar verskriklik stadig (nou maar eers 500 gedoen) - maar eK GENIET MY PATROL VERSKRIKLIK baie - en ek kan werklik se die 4.2 loop soos n droom. Dankie vir al die naam voorstellings ook - die besluit raak al moeiliker!!!

Ek ry nog mooi en "saggies" - so ek gaan beslis nog nie wille statements begin maak oor die 4.2 engin se kraglewering nie - maar ek kan wel se dat ek impress is met dit wat ek tot dusver ervaar het. En onthou die "turbo en fuelling tunning" is nog nie gedoen nie - hy boost nou maar op die oomblik 0.3 / 0.4 Bar met Maks EGT's wat huidiglik op 479 grade gaan draai het. Vir eers gaan dit so bly - ek wil die engin mooi inloop!!

Maar vir nou dadelik staan my Patrol eers - ek en Frans het n oversight gehad op een item :surprised: :redface: Ek het Maandag die Patrol ingevat vir die aircon re-gas - toe bel die ou my om te se maar dis n 24v pomp wat op die engin sit :surprised: so met al die geharwar het beide ek en Frans heeltemal vergeet van die aircon pomp wat ook verander moet word. :lol: Ons het eintlik lekker vir onsself sit en lag Maandagaand toe ons die pomp moes afhaal!!! Gelukkig is dit darem net die "coil" op die pomp wat verander moet word - so dis nie n groot issue nie maar ons het nou sommer eers die pomp en fan belde alles afgehaal en gaan nou eers gou die pomp uitsort en dan weer alles terugsit en gas. Die aircon pype is klaar gedoen en gemaak.

As mens in ag neem dat die engin was letterlik in n duisend stukke - die gearbox was uit en ook in stukke - die 4.2 talk converter wat ek laat oordoen het - en al die ander goetertjies - dan het hierdie projek bitter min en geen insiggewende "teething problems" gehad van die "eerste sleutel draai" slag af nie. En hiervoor verdien Frans beslis n pluimpie - dit spreek boekdele oor sy kennis en vaardigheid. Die grootste issue was die auto ratwisseling wat ook baie vinnig uitgesorteer is.

Ek vertrou dat die arcon pomp en gas teen die naweek uitgesorteer sal wees - dan kan ek weer verder kilo's opsit!!!!

Groete

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 14 Jul 2010 16:35
by JG Shields
Pieter...FANTASTIES....of moet ek se FRANSTASTIES!!!!!! Ek is skuldig. Ek het hierdie DIY draad gemis en gedink jy is heeltemal te geheimsinnig oor die hele projek.

Ek verstaan so iets van die giggel gevoel wat jy het en ek is ongelooflik bly vir jou part. Geluk! Ja, ek dink ook Frans het 'n lat vir sy agterent gepluk, maar dit lyk of hy sy pak slae kan vat.

Ek is baie nuuskierig oor jul waarneming rakende die kombinasie van die enjin met die ZD30 se diffs. Ek het voorspel dat jy gaan meer krag he as wat die geval met die 4.2D se eie diffs sou wees. Jou waarneming met die spoedmeter wat reg is, laat my egter dink dat dit dalk nie die geval is nie.

Nietemin, moenie vergeet dat jy 'n REGTE werk ook het en bietjie daaraan ook moet aandag gee nie. Jy mag nou nie net speel nie...ha...ha.

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 16 Jul 2010 09:28
by Pieter du Toit
Hello JG,

Baie baie dankie - en jy slaan daai spyker so 100% op die kop dit is amper "scary"!!! :surprised: :rolleyes: Ek het my werk baie afgeskeep - en gaan werklik bietjie my vinger moet trek!!!!

Ek was nogal verbaas dat jy so stil is met comments oor my projek - gedog ek het jou dalkies kwaad gemaak :lol:

Tot dusver (en ek weet dis nog early days) is ek werklik baie tevrede met wat ek ervaar en hoe my Patrol loop - beslis n verbetering op die 3.0l

Dis baie snaaks - ek het my gevoel nou die dag vir Frans ook beskryf - en dit klink seker van die pad af - maar dis hoe ek dit ervaar:

Met die TD42T engine voel ek die krag - dis daar die oomblik wat jy daai pedaal kielie met jou voet - maar dis tog asof die TD42T "stadiger" uit die blokke is as wat my 3.0l was. En tog as ek nou weer dink aan die tye wat ons en Frans-hulle saam in n konvooi gery het dan trek hy weg en los my dat dit lyk of ek parking soek (met die 3.0l). :lol: Weet nie of dit wat ek se vir jou enigsins sense maak nie :think:

Maar ja - dis Frans se kar - hy is darem n handrat en ook self ge-turbo en tune deur Frans - so ek dink nie jy kan n vergelyking maak tussen sy kar en n standard TD42 of selfs TD42T nie!! :thumbup:

Maar sover is alles piekfyn - dit voel werklik soos n KRAG REUS wat daar voor onder die bonnet wegkruip - ek geniet my Patrol werklik bitter bitter baie :biggrin: QQQ :woo: :thumbup:

Groetnis en lekker om weer van jou te hoor!!

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 16 Jul 2010 12:43
by JG Shields
Pieter,

Ek jeuk om jou Patrol in lewende lywe te ervaar. Sodra ek weer in daai kontrei kom maak ek weer 'n draai by jou. My 3.0D was ongelooflik vinnig uit die blokke (1e 20meter), met sy auto ratkas. Dit was altyd vir my verbasend hoe goed hy uit die blokke kon wegspring. Aan die anderkant van die robot het hy verlangsaam. Ons weet egter hoe hulle die brandstof inspuiting en boost gekombineer het om daardie effek te gee. Ek dink nie mens moet van 'n "standaard" 4.2TD dieselfde verwag nie. Ek glo jy gaan die werklike krag van jou nuwe lorrie ervaar wanneer jy begin sleep en ander swaar werk doen.

My vraag oor die diffs is gebaseer op my ervaring met die 4.8 oorplanting in my Patrol. Die 4.8 het standaard 3.83 diffs in en die 3.0D het 4.33 diffs in. Dennis het die 4.2D Patrol se 4.01 diffs by my ingesit. Dit het noodwendig veroorsaak dat my enjin ietwat hoer rev en meer krag in die "gatsometer" lewer. Die ander 4.8 manne wat al hier by my was stem met my saam. Soveel so dat die krag my soms bang maak. Daar is min voertuie wat saam met my kan gesels tussen robotte...as ek bereid is om voet neer te sit. Ek's net kleinserig oor bande en ander skade aan dryfaste ens. In 4x4 hindernisse is 1e rat low range amper te ongemaklik sterk. Sodra die voertuig oor 'n hindernissie hop en my voet daarmee saam skud, begin die voertuig amper buite beheer spring agv wisselvallige brandstof pedaal "input". Ek kan hom ook nie net in auto los nie. Hy wil sommer teen 'n hindernis na 4e low oorskakel.

My "gut" se net vir my jy behoort die ideale kraglewering te he waarvan mens in 'n 4x4 voertuig kan droom. Ek is nuuskierig daaroor, en natuurlik jou brandstof verbruik.

Dis naweek. Hou maar op werk en lekker speel.

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 20 Jul 2010 18:41
by G-MAN
Hallo. Hoe gaan dit met jou monster?

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 21 Jul 2010 21:55
by Pieter du Toit
Hello almal,

Dit gaan uitstekend met my monster - ek is so gelukkig soos wat n vark in Palestina nie kan wees nie :lol: Daar was nou nog nie een "come back" op Frans se werk gewees nie - en dis wonderlik!!! :thumbup:

Hy is nou gou by die aircon plek om dit uitgesort te kry - Frans (dis nou die aircon ou - hy is ook n Frans en ons Frans se "connection" :lol: ) het toe net n ander pulley gesource vir my 3.0l se pomp - so my ou aircon pomp is weer terug op my kar. Nou moet hy ongelukkig weer die pype verander (want die fittings is anders op die 4.2 se pomp en hy het dit klaar verander gehad vir die 4.2 pomp wat toe n 24v pomp was :redface: ) - maar dis gou-gou en ek sal more my kar kan terug kry.

Intussen het my Parol die eerste 1 200km al agter die rug - en sover lyk my brandstof verbruik na so 7.0l/km - dit was op de eerste vol tenk - maar dis nog early days. Onthou valves moet nog weer gestel word na die inloop periode - boost moet nog bietjie opgestel word en fuelling moet nog gedoen word vir optimum krag en "comsumption". Maar enige iets tussen 6 en 7 sal ek happy mee wees - - daai 33" is baie rubber op die teer!!!

Ek ruik n tweede Kaapse Patrol outing nader kom!! :lol:

Re: Project TD42T Conversion

Posted: 21 Jul 2010 21:59
by G-MAN
:thumbup: :thumbup: :thumbup: :thumbup: