Page 6 of 9
Re: Project "LASARUS"
Posted: 23 Dec 2009 07:05
by KOOS BEST
Myne is presies dieselfde
Re: Project "LASARUS"
Posted: 23 Dec 2009 21:05
by Abri Hoffman
JG jammer om die skade te sien, die 4.8 bly maar 'n plesier
Re: Project "LASARUS"
Posted: 24 Dec 2009 08:28
by JG Shields
Dankie vir die "medelye" Abrie. Ja, ek moet gewoond raak aan die 4.8.....die baie krag en natuurlik sy dorstigheid.
Waar het jy vir so lank weggekruip?
Re: Project "LASARUS"
Posted: 24 Dec 2009 09:59
by Abri Hoffman
JG Shields wrote:
Waar het jy vir so lank weggekruip?
Die jaar het skielik in November spoed gekry en ek het nie kans gehad om behoortlik te slaap nie. Nou op verlof en kan weer bietjie kyk wat hier aangaan.

Re: Project "LASARUS"
Posted: 26 Dec 2009 12:01
by Pieter du Toit
Hello JG
Man dis verblywend om te sien jy is weer op die pad - dis darem net jammer oor die "bad luck" weer met die tyre en hael storm storie!! Ek voel regtig vir jou - hoe kan een mens soveel ongeluk tref met voertuie?? Ek bedinges myself en verkoop die hele lot!!!
Glo darem ten minste jy sal nou baie km's en jare se plesier uit jou Patrol kry - daai nuwe hart is mos nog jonk en klop lekker sterk!!! Mooi loop en ry - en hou maar die voet lig op daai petrol pedaal - anders gaan jou sak dit ontgeld!!
Groetnis
Re: Project "LASARUS"
Posted: 26 Dec 2009 15:46
by JG Shields
Ag wat Pieter, uiteindelik kom mens altyd weer daar deur. My pa het altyd op die plaas gese: My seun, ysters breek! Die effek van die hael op Lasarus is nie so erg nie. Ek wou in elk geval my enjinkap vervang met 'n petrol model enjinkap. Die bakwerk self het 'n goeie pollering gekort en ek moes in elk geval sy voorruit vervang. Die huidige voorruit is nog die oorspronklike ruit. Nou doen die versekering sommer alles, insluitende 'n oorverf van die hele bakwerk. Dit beteken dat Lasarus met sy nuwe hart en siel 'n waarlike goeie "groom" ook gaan kry. Uiteindelik is dit net sy binnekant wat nie vernuwe is nie. Ek is net nie seker van die dak nie want hulle wil afsny en vervang en ek weier. Ek dink hulle moet die duikies na die beste uitdruk en volstaan by die oorverf.
Ek soek egter ander raad. Die 4.8 se tiptronic het aanvanklik goed gewerk. Hy het egter skierlik begin om self die tiptronic te "cancel" wanneer hy reeds in tiptronic is. Dit het niks met snelheid te doen nie. Ek skakel hom in tiptronic in 'n stilstaande posisie, trek weg en skakel dan op. Sodra ek skakel, dan spring hy self na "4" op die paneelbord en is dan effektief in gewone auto. Hy aanvaar dan ook geen hand skakeling na onder weer nie. Ek moet die voertuif afskakel om weer in tiptronic na onder te kan skakel met die hand. My "gut feeling" se dis elektries...relay, rekenaar of so iets. Ek het reeds al die skakelaars in die rathefboom meganisme nagegaan en skoongemaak. Dit blyk nie daar te wees nie. Ek het ook al die bedrading se proppies nagegaan. Almal is behoorlik gesluit.
Kan een van die 4.8 kenners my asb raad gee?
Re: Project "LASARUS"
Posted: 26 Dec 2009 19:21
by Herrie
Dinge gebeur seker vir 'n rede!
Ek het sopas my vrou se Pajero se head laat vervang - kos my R24000.00. Maandag oppad werk toe draai 'n ou voor haar in en die hele voorkant is moertoe. Hoop net nie hulle skryf die Pajero af nie!
Soos daar gese word "Life is wat happens when you have made other plans

Re: Project "LASARUS"
Posted: 27 Dec 2009 08:06
by JG Shields
Ai Kobus, ek het so idee wat jy ervaar. Sterkte met die proses van hier af. Dit sal wel weer regkom.
Groete
JG
Re: Project "LASARUS"
Posted: 27 Dec 2009 09:28
by AJ Dup
Agnee oom Sterkte

Re: Project "LASARUS"
Posted: 27 Dec 2009 12:09
by Saltman
Kyk , ek wil nou nie snaaks wees nie, maar al buig jy 'n "Pajero" moffie bar ook hoe hy gaan nie "Patrol" lees nie!
Daar moet 'n makliker (en goedkoper) manier wees !!!
Jammer om van die skade te hoor en te sien - my pa ry nog baie lekker met sy DID.
Voorspoed met die herstel!