Page 6 of 8

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 29 Aug 2016 17:30
by Alex Roux
Tinus lotz wrote:Gaan ons dit n forum ding maak vir volgende jaar ???? Wie is lus ......EK IS IN SOOS N BAD RASH...... :blonde: :blonde:

Ek weet nie hoe die Bad Rash gaan cope in daai koue nie! :rolling:

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 29 Aug 2016 17:34
by Alex Roux
SJC wrote:
Dustin wrote:That trip has always been on my bucket list, along with Letele pass :lol:
I'm keeping my eyes on this thread :thumbup:
Agree.

http://www.leisurewheels.co.za/travel-s ... tele-pass/

Letele is nie regtig 'n pas nie, Dis maar net 'n klomp bolders aanmekaar. Dan kan jy netsowel die Carnage Canyon gaan doen. Jy het 37" bande daarvoor nodig en baie ekstra hardeware, want breek gaan jy breek. Ten minste is Baboons doenbaar en vereis vernuf. Letele benodig meer as dit. 'n Dikker beursie om mee te begin, en jymoet bereid wees om jou kar behoorlik op te mors. Letele is nie vir my nie.

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 29 Aug 2016 18:07
by Reenen
SJC wrote:
Reenen wrote:
Yip. Ek vat die ou een.

Net gou besig met sy sliders
Met die 33x10.5r15 BFG Baja's?
Ja, hy het nou 33x12.5x15 op, maar vir baboons sit ek die baja 33x10.5x15 op

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 30 Aug 2016 08:38
by Wilkie
Alex ek stem heeltemal met jou saam ,ek wil moontlike roetes met so bietjie vernuf doen en met so min skade moontlik..Ek wil nie agter op n Herwin voertuig huis toe nie !!!!!!!

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 08 Sep 2016 06:14
by Reenen
Wil bietjie Raad vra oor Baboonspas.

Is voertuig breedte n issue? Wat is beter? Breer of nouer. Is daar nou stukke?

My voertuig is baie hoog, so ekstra breedte sal help met stabiliteit.

Ek het 33x12.5x15 khumo en 33x10.5x15 bf baja muds.

Die bf baja is heelwat hoër as die khumo's, maar nouer omdat dit n 10.5 is. Die bf het n supersterk 4 ply sidewall, maar kos ook R12000+ per band, en ook nie maklik beskikbaar nie, so wil ook nie onnodig hulle afskryf nie..

Iemand het vir my gesê gaan met die nouste, maar hoogste band wat jy kan kry, want jy sukkel met sidewalls op breer bande. Is dit so? Indien wel, maak die bf bajas sin om te gebruik.

En dan, met of sonder spacers? Ek het standaard, of n stel spacers van 100mm elk. Met hulle, of sonder hulle?

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 08 Sep 2016 06:23
by Wilkie
100mm spacers NEE daai goed gaan net moeilikheid veroorsaak...jy verander die gewigs verplasing en die kingpins wheelbearings ens drae nou baie meer as wat hulle moet
onthou net 'hoe langer n as hoe makliker buig hy in die middle... :mytwocents: :mytwocents:

ek sal eerder meer clearance wil he

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 08 Sep 2016 06:38
by Reenen
Ek het die spacers laat maak vir my SFA hardbody op hilux aste, want hy was baie topheavy na sy 400mm lift, en hilux aste is bitter nou. Nou, saam met spacers, is hy selfde breedte as n patrol. En baie meer stabiel. Ek het hulle nou al lank getoets sonder probleme op wiel of kingpin bearings.

My patrol is nou net so hoog en breed soos die sfa, maar ekstra breedte op n voertuig wat 300mm gelig is, is seker beter. En sy bearings is bietjie sterker as die hilux sin.

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 08 Sep 2016 07:09
by Tinus lotz
Jong ek sal met die hoër nouwer bande gaan ....dan kan jy meer tussen die klippe trap en die sidewalls breek net as jy laf raak met die throttle. ....voor en agter lockers ga jy mos mooi stadig kan doen ....daai klippe lyk ook nie baie skerp nie so jy sal reg wees . Ek is nie n groot voorstaander van dik spacers nie maar met daai lift kan dit help om stabiel te bly . Patrol bearings kan seker maar die las vat. Ek dink toets met en sonder by die huis voordat jy ry :mytwocents:

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 08 Sep 2016 07:13
by Reenen
Sp as ek dit reg verstaan, is die probleem met die breedte in baboonspas nie die voertuig breedte, maar die band breedte.

Dankie.

Ek sal maar gou kyk hoe gedra die kar hom met en sonder spacers

Re: Anybody doing Baboons this year??

Posted: 08 Sep 2016 18:52
by Peter Connan
Die Bajas moet 'n baie beter roep wees, maar dis dik putte daai!

Ek is glad nie lief vir groot spacers nie. Dit sit baie hoer lase op alles, van wheel bearings en sideshafts tot steering. En ek weet daar het al ouens steering arms op Baboons gebreek (alhoewel dit nie Patrollies was nie).