Page 6 of 6

Re: Petrol Pomp

Posted: 02 Nov 2013 19:35
by Herrie
Ek gaan more myne se pomp vervang want die druk moet 3.5 bar wees en toe ek hom toets is hy net onder 3 bar.

Ek het klaar die pomp gister by Auto Zone in Annlyn gekoop vir R420.00.

Re: Petrol Pomp

Posted: 03 Nov 2013 20:27
by Herrie
Ek het my Patrol se pomp vervang vandag en toe ek hom uithaal toe vind ek dat die positiewe connector weer los was!!!!

Gelukkig die pomp wat ek nou ingesit het se connectors moet was gebout word so dit sal nie weer los gaan nie :oldtimer:

Re: Petrol Pomp

Posted: 03 Nov 2013 20:56
by Kagiso II
Eisjjjjjjjjjjjj -- GOEIE nuus -- alweer Botswana uitreik tyd ommi draai en .. :confused: :biggrin:

Re: Petrol Pomp

Posted: 06 Nov 2013 15:12
by Tim
Ek sou graag die opinie wil kry van wat die effek op die 4.5 enjin sal wees as ek n 6 bar pomp in die tenk het.

Ek kry die gevoel van wat Frans se is dat die 4.5 n baie drastiese verandering mee bring tussen intake manifold vacuum verskuiwing teenoor verandering in rpm. Met dit bedoel ek dat met idle is daar n redelik sterk vacuum in die manifold en wanneer die enjin bietjie opgejaag word dat daardie vacuum drasties verdwyn en so ook die om gekeerde wat dan drasties werking van die fuel regulating valve aktiveer. Van wat ek verstaan/aflei kry jy dan n soort van fuel hammer effek/of altans drastiese brandstof druk fliktuasies in die fuel rail soos wat die druk in die fuel rail verander weens die vacuum gedrewe fuel regulating valve wat voor op die fuel rail sit.
Op my kar is die bypass (fuel regulating valve) oop op idle en dus weer toe op hoër toere vanaf ongeveer 2000rpm. Ek het die pomp waar van ek die beskrywing neergeskryf het, uitgebou en met eenvoudige druk meter (manometer) getoets teen 600kpa (6bar), waar tydens die pomp se check valve oopmaak sonder dat die pomp enigge verandering in werk verigting toon.

My radikale oplossing is van die volgende.
1. Om n pomp ty kry wat nader aan 3.5 bar druk
2. Om n buffer in die vakuum pyp te sittussen fie manifold en die FRV. n pypie (jet) met n klein gaatjie sal doen in n poging om te kyk of ek die tempo waarteen die vakuum verander kan verleng sodat die FRV nie so drasties reageer nie.
3. Om dieselfde te doen in die terugvloei petrol lyn met dieselfde effek as bogenoemde maar mbt petrol druk.
4. Om n bypass voor die fuel rail intake en na die FRV in te bou. dus vloei n klein bietjie petrol gedurig en konstant tussen die intake en outlet om fuel hammer en petrol druk bietjie te demp.

Wat se die kenners daarvan.
Korrigeer my graag as ek strooi praat.
Ek is steeds oortuig dat die ontwerpers van die patrol te veel saki sap drink waar ek weet dat die ouens by toyota net coke mag drink. En dus dink ek dat n voltage beheerde pomp n beter ontwerp is en dat daar rede agter dit moet wees. My 4.5 LC bakkie is nou vyf jaar oud sonder n kriesel van n probleem.

Re: Petrol Pomp

Posted: 06 Nov 2013 18:37
by Tinus lotz
Ek dink jy moet net vir graham n lui gee hy sal jou antwoorde kan gee ken daai goed uit sy kop uit

Re: Petrol Pomp

Posted: 06 Nov 2013 18:43
by Bruin Beer
Tim,
Jy sal net moet seker maak dar daar genoegsame "bleed-off" is tydens normale gebruik sodat daar altyd genoeg koue petrol on al die brandstof lyne en feul rail is.
As die petrol te warm is gaan dit begin om sit in gas en dan het jy 'n hele nuwe stel moeilikheid.
Bruin Beer

Re: Petrol Pomp

Posted: 08 Nov 2013 10:12
by Tim
Dankie mense waardeer jul insette.

1. Kan iemand vir my Graham se nommer voorsien.
2. Ek dink dat die derde opsie, een is wat sal maak dat daar weer koue brandstof saam met die warm brandstof wat uit die rail uit kom sal meng en dat die hoeveelheid warm brandstof bietjie minder sal wees omdat my plan basies n parralel bridge voor die rail is. Ek is net bekommerd dat die druk drasties be-invloed mag word, en dat ek dalk met minder as die 3.5bar mag sit. Dit sal beteken ek moet die jetting baie mooi reg kry. Ek sal immers ook n fuel cooler ook oorweeg en dit klink my die algemene bruikbare cooler kom uit n volvo uit.

Re: Petrol Pomp

Posted: 08 Nov 2013 10:15
by IanT
Grahams number 012 651 3447 :thumbup: